
Foto: Canva
Onweer
dis nie blits
donderbuie
of swaar reën
dis ’n
helder
sonskyndag
die toekyk
hoe ’n pa sy
kraaiende peuter
die lug in gooi en hom
met ’n seker hand ontvang
die weet
dat ’n moment
sterflikheid in hom dra
en nie herhaal kan word nie
dis die
weerloos wees
wat jou hart bewolk laat


Kommentaar
Dit eggo diep met my. So waar verwoord.