Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Om te Bosma of nie te Bosma nie

Ingrid Scholtz 2012-03-14 "’n Mens kan verontwaardig in jou eie hoekie bly sit en jou suiwer sieletjie koester. Jy kan dan tevrede gaan slaap, maar weet wel dat jy dan die inisiatief verloor. In hierdie geval moet jou strategie juis wees om te voorkom dat regse Nederland Afrikaans kaap. Deur te weier om met jou teenstander te praat is dit presies wat gaan gebeur.”

LitNet Akademies: Willem Botha in gesprek met Jaap Steyn en André Duvenhage

Willem J Botha 2012-03-13 Willem Botha gesels met Jaap Steyn en André Duvenhage oor hulle artikel "Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse gemeenskap: tendense en toekomsperspektiewe" in LitNet Akademies.

LitNet Akademies: In conversation with Jane

Izak de Vries 2012-03-08 Izak de Vries challenges artists to stage parodies of Jane Alexander's Butcher Boys.

LitNet Akademies-resensie-essay: Melk ondermyn magstrukture

2012-03-08 Nina Botes neem die heruitgawe van Elsa Joubert se kortverhaalbundel Melk in oënskou en oorweeg die relevansie van die bundel vir die hedendaagse gehoor.

Grondwetlike demokrasie in ’n eenparty-dominante demokrasie

Louise Anne Buchler 2012-03-08 "Dis dié dat die Hoogste Hof van Appèl onlangs kon beslis dat die aanstelling van Menzi Simelane as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag onwettig was en dat die howe in die toekoms dalk self sou kon beslis dat die besluit van die einste Vervolgingsgesag om alle kriminele klagte teen Jacob Zuma te laat vaar, nie geldig was nie."

LitNet Akademies: “Groot kuns” as objet trouvé

Johann de Lange 2012-03-06 Johann De Lange lewer kommentaar op die polemiek rondom Jane Alexander se Butcher Boys en Die Antwoord se gebruik van die kunswerk in ’n lokprent vir hulle nuwe album, TEN$ION.

LitNet Akademies: Justus Roux in gesprek met Daan Wissing

Justus Roux 2012-03-05 Justus Roux gesels met Daan Wissing oor sy artikel "Ontronding in Kharkamsafrikaans?" in LitNet Akademies.

LitNet Akademies: ’n Stuiwer in die armbeurs van die debat oor die akkommodering van meertaligheid in Suid-Afrika

Hennie Strydom 2012-03-01 Hennie Strydom reageer op die artikel “’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Koos Malan.

Die AHI as ekonomiese spreekbuis

Christo van der Rheede 2012-03-01 Die wêreld staar vandag vele ekonomiese probleme in die gesig en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Hierdie probleme kan egter oorkom word, mits ons anders daaroor begin dink.

The centrality of the language question in the social sciences and humanities in post-apartheid South Africa

Neville Alexander 2012-03-01 “Will South Africa’s middle class and its intellectuals find the courage, have they got the imagination, to commit class suicide by moving away decisively from the current English-mainly and often English-only language policy, with all its negative consequences for a democratic polity?”

LitNet Akademies: Elize Koch in gesprek met Michael le Cordeur oor moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys

Elize Koch 2012-02-29 Elize Koch gesels met Michael le Cordeur oor sy artikel "Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme" in LitNet Akademies.

LitNet Akademies: Waarom die nuwe Talewet voorsiening moet maak vir inheemse tale

2012-02-24 Michael le Cordeur reageer op die artikel “’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Koos Malan.

LitNet Akademies: Jane Alexander se Butcher Boys en Die Antwoord - die kwessie van kopieregskending

2012-02-24 Jane Alexander het onlangs regstappe teen "zef-groep" Die Antwoord geneem oor hulle ongemagtigde gebruik van haar beeldhouwerk Butcher Boys in 'n musiekvideo. Is die banalisering van kunswerke geoorloof? Of is dit kopieregskending? Joan Hambidge en Jaco Barnard-Naudé lewer kommentaar.

LitNet Akademies: Jane Alexander se Butcher Boys en Die Antwoord

Joan Hambidge 2012-02-23 Joan Hambidge lewer kommentaar op Jane Alexander se Butcher Boys en die kwessie van die banalisering van kunswerke.

’n Nasionale taalwet vir Suid-Afrika: Noodsaaklik vir die behoud van inheemse tale of onrealisties?

2012-02-23 Die omstrede Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale het die afgelope tyd baie debat uitgelok. Kenners lewer hier kommentaar op die moontlike impak van ’n nasionale taalwet op inheemse tale in Suid-Afrika.

LitNet Akademies: Taalwet of Talewet? Die rol van taalbewussyn om die uitkoms te bepaal

Steve Cornelius 2012-02-23 Steve Cornelius reageer op die artikel “’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Koos Malan.

LitNet Akademies: Vir wie is 'n taalwet belangrik? Enkele kritiese opmerkings oor die noodsaak van 'n nasionale taalwet vir die sogenaamde inheemse tale

Theodorus du Plessis 2012-02-23 Theodorus du Plessis reageer op die artikel “’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Koos Malan.

LitNet Akademies: Menswees, menslikheid en monsters – die beeldhoukuns van Jane Alexander

Jaco Barnard-Naudé 2012-02-22 Jaco Barnard-Naudé gee sy mening oor Jane Alexander se regstappe teen "zef-groep" Die Antwoord.

Taalwetgewing nie noodwendig die oplossing nie – Naomi Meyer praat met Danny Titus

Naomi Meyer, Danny Titus 2012-02-17 "Taal is ’n taamlik emosionele aangeleentheid wat vir my nie bloot met wetgewing reggestel sal word nie. Dit is ’n langsame proses wat nog baie harde werk gaan behels." Danny Titus en Naomi Meyer gesels taalkwessies.

Vereniging van Regslui vir Afrikaans neem kennis van LitNet Akademies: (Regte)

Kobus Muller 2012-02-16 Hartlike dank vir die kennisgewing oor LitNet Akademies se opwindende nuwe projek, LitNet Akademies: (Regte).
Top