Bosma-tika: menings oor Afrikaanse reaksies op die Nederlandse politikus Martin Bosma

  • 2
 

Martin Bosma en die volgens sommige waarnemers verregse Nederlandse Partij voor de Vrijheid voel Nederland het 'n "spesiale verantwoordelikheid" teenoor Afrikaans en Afrikaanssprekendes.

Die saak word gekompliseer deur die feit dat Bosma nie net sy party verteenwoordig nie, maar ook as parlementslid koördineerder/voorsitter is van die Interparlementaire Commissie van die Nederlandse Taalunie waarin Nederland, België en Suriname, en tot op sekere hoogte Suid-Afrika saamwerk. Kan ? mens sy posisie as PVV-verteenwoordiger en sy posisie as voorsitter van die Taalunie los van mekaar sien, en in die een hoedanigheid samewerking weier, maar in die ander hoedanigheid nie? En wat van die mate waarin regeringsbeleid wat Afrikaans raak, deur Bosma en die PVV prioriteit gegee word?

Moet Afrikaanse mense met Bosma en sy party gesprekke voer, selfs met hulle saamwerk, of juis sterk standpunt teen hulle inneem of alle samewerking met hulle weier? 


 

Hendrik Theys: As jy jou met pik besmeer... .

“Ons kan die doel van ons stryd oneindige skade berokken as ons geassosieer word met groeperinge in ‘n land wat ‘n negatiewe geskiedenis het. Ons mag nie sommer in die bed spring met enigiemand net omdat hy/sy oor een ding met ons saamstem nie.”

 

 
Piet le Roux: Die Bosma-geval lyk na oordrewe verontskuldiging

“Ek hoor niemand verontwaardigd vrees dat ? gesprek met Paul Mashatile sou beteken dat ? Afrikaanse organisasie met Mashatile se partybeleide saamstem nie ... doe even normaal, zeg.”

 

 
Ingrid Scholtz: Om te Bosma of nie te Bosma nie

“‘n Mens kan verontwaardig in jou eie hoekie bly sit en jou suiwer sieletjie koester. Jy kan dan tevrede gaan slaap, maar weet wel dat jy dan die inisiatief verloor. In hierdie geval moet jou strategie juis wees om te voorkom dat regse Nederland Afrikaans kaap. Deur te weier om met jou teenstander te praat is dit presies wat gaan gebeur.”

 

 

 

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Hélène Passtoors

    Goeiedag.

    Een berichtje uit België. Als ik het goed begrijp is de interparlementaire commissie slechts een toeziend orgaan en dus niet direct betrokken bij de acties en beslissingen van de Taalunie. Het lijkt mij dus dat niemand rechtstreeks contact met Bosma hoeft te hebben. (En persoonlijk lijkt dat mij ook historisch gezien beter, PVV is een extreem rechtse racistische, islamofobe partij die in heel Europa zeer slecht gezien wordt, maar het is natuurlijk 'up to you'.) 

    De contacten lijken normaal te gaan met het Comité van Nederlandse en Vlaamse Ministers. Zie het mijns inziens zeer redelijke antwoord van het Comité van Ministers op Bosma's parlementaire vraag:  http://taalunieversum.org/taalunie/2012-02-01 antwoorden op de schriftelijke vragen van de heren Bosma en Beertema.pdf

    Hartelijke groet, HP
  • Mr Hendrik Theys, jij noemt de PVV een 'groepering' die een negatieve geschiedenis heeft?

    Hebben de Boeren in ZA ook een negatieve geschiedenis?  Is het ANC ook een 'groepering'?

    Weet wel dat het rechtse PVV in Nederland en het rechtse Vlaams Belang in België de ENIGE parijen zijn in het Europees parlement die de plaasmoorden  in ZA aanklagen?

    Maarja as jij je liever met ANC-honing besmeer.... 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top