Piet le Roux

Piet le Roux is sedert 2017 die hoof- uitvoerende beampte van die sakeorganisasie Sakeliga. Le Roux het ’n uitgebreide agtergrond in navorsing, analise en die akademie. Hy het voorheen senior posisies as akademiese direkteur van die privaat universiteit Akademia beklee, en ook leidende operasionele en bestuursrolle in toegepastenavorsings- en beleidsinstellings soos die SNI vervul. Le Roux se kommentaar oor ekonomiese en beleidsaangeleenthede verskyn gereeld in plaaslike en internasionale media. Hy het ’n honneursgraad in ekonomie van die Universiteit Stellenbosch en ’n magistergraad in ekonomie van Unisa. Sy magisterverhandeling het gehandel oor die impak van swart ekonomiese bemagtiging op ekonomiese groei. Le Roux dien ook op die rade van verskeie organisasies.  

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux

Freek Robinson, Piet le Roux Onderhoude 2021-06-03

Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite. Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing. Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.

Selfbeveiliging: Staat beskerm nie

Piet le Roux 2013-02-19 "Dit kom voor asof die Suid-Afrikaanse staat ten opsigte van sy mees basiese bestaansrede Suid-Afrikaners faal: dit verseker nie die redelike handhawing van openbare orde en veiligheid nie."

Bosma-tika: menings oor Afrikaanse reaksies op die Nederlandse politikus Martin Bosma

Piet le Roux, Ingrid Scholtz, Hendrik Theys 2012-03-15 Moet Afrikaanse mense met die verregse Nederlander Bosma gesprekke oor die bevordering van Afrikaans voer, of eerder sterk standpunt teen hom en sy party inneem?

Die Bosma-geval lyk na oordrewe verontskuldiging

Piet le Roux 2012-03-14 “Ek hoor niemand verontwaardigd vrees dat ? gesprek met Paul Mashatile sou beteken dat ? Afrikaanse organisasie met Mashatile se partybeleide saamstem nie ... doe even normaal, zeg.”
Top