Seminare en essays
Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Evaluering van Ndebele se konsep van die skouspelagtige in protesfiksie
2012-04-11 Hierdie artikel is eenvoudig ’n optekening van Njabulo Ndebele se sienings oor die aard van protesfiksie. Protesfiksie is ’n versameling literêre werke wat deur skrywers soos Miriam Tlali, Mothubi Mutloatse en Sipho Sepamla geproduseer is.Is John Kannemeyer se verslaggewing oor sy navorsing by die skryf van ’n biografie altyd foutloos?
2012-04-11 Dit is met groot huiwering en versigtigheid dat besluit is om die inhoud van hierdie onverwagte histories-foutiewe gegewens oor die onlangs-gestorwe John Kannemeyer bekend te maak.LitNet Akademies: Jasper van Zyl gee sy mening oor die voorgestelde verengelsing van die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus
2012-04-10Jasper van Zyl lewer kommentaar op die voorgestelde verengelsing van die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus.
Wat is kompleksiteit?
2012-04-03 In die soeke na oplossings vir die sogenaamde megakrisis word die woord kompleksiteit byna mantra-agtig ingespan ten einde sin te probeer maak van wat deesdae as gepaardgaande "wicked problems" (Conklin 2006) beskryf word.LitNet Akademies: Die impak van Waarderende Ondersoek in leierskapontwikkeling
2012-04-02 Dorothea Steenkamp reageer op die artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje" in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Jannie Pretorius.LitNet Akademies: ’n Evaluering van Jannie Pretorius se positiewe profiel van Emme-Lancia Veronique Faro
2012-04-02 Suzanne Bester lewer kommentaar op die artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje." in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Jannie Pretorius.LitNet Akademies: Die Suid-Afrikaanse onderrigstelsel en die rol van Waarderende Ondersoek in leierskap-ontwikkelingsprojekte
2012-04-02 Twee kenners op die gebied van opvoedkundige sielkunde gee hulle mening oor Jannie Pretorius se LitNet Akademies-artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje".Die Kommandokorps se inisiasie tot manlikheid
2012-03-29 "Die onlangse fokus op die kaskenades van die Kommandokorps het my as wit Afrikanerman ook laat wonder oor manlikheid in ons volk. Die Kommandokorps se verskyning in die nuus het gesorg vir die teen nou al bekende gesprek oor rassisme en geweld. Maar daar is ‘n kardinale gesprek wat tot op hede nog nie gevoer is nie: die manier waarop die begrip manlikheid deur hierdie groep gebruik word."Volhoubaarheid – verskillende dinge vir verskillende mense
2012-03-29 "Volhoubaarheid" beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir omgewingsbewustes beteken dit om nie uitputbare bronne vinniger op te gebruik of te besoedel as wat dit vervang of deur natuurlike prosesse skoongemaak kan word nie. Vir ekonome beteken dit iets is volhoubaar as dit vir sigself kan betaal. Vir lede van vakunies beteken dit iets is volhoubaar as dit werk skep of onderhou.YouTube-onderhoud: Joline Blignaut
2012-03-26 Joline Blignaut gesels oor die gebruik en waarde van Tienerkaaps in gedrukte advertensies. Sy fokus veral op die persepsies van Kaapse Afrikaanssprekende tieners oor die gebruik van hul Tienerkaaps in die gedrukte media.Moeilik om te begryp, gelees teen hierdie landskap
2012-03-20 “Twee instrumente wat sinvol kan meewerk tot die ontmaskering van heteronormatiwiteit en die skep van alternatiewe werklikhede is Queer-teorie in die algemeen, enersyds, en verantwoordelike Bybelinterpretasie, andersyds, wanneer daar ‘n gesprek in die kerk gevoer word.”LitNet Akademies: Elzette Steenkamp in gesprek met Henriëtte Loubser
2012-03-20Elzette Steenkamp gesels met Henriëtte Loubser oor haar artikel "Transgressie in die voorstelling van gender in Die avonture van Wilde Willemientjie deur Riana Scheepers en Vian Oelofsen" in LitNet Akademies.
