Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

LitNet Akademies: Hermann Hesse: die gewilde én gehate Nobelpryswenner

Philip van der Merwe 2012-04-20 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" stel Philip van der Merwe ons voor aan die fiksie van Herman Hesse.

LitNet Akademies: Getuigskrifte van groot geeste – ’n inleiding tot Nobelpryswenners vir letterkunde

2012-04-20 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" skryf twee navorsers kortliks oor Nobelpryswenners vir letterkunde wat hulle as 'ondergewaardeer' ag.

LitNet Akademies: Die visioenêre fiksie van Patrick White

Bridget Grogan 2012-04-19 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" stel Bridget Grogan ons voor aan die fiksie van Patrick White, Australië se enigste Nobelpryswenner vir letterkunde.

Die taal (Namataal Khoe-khoegowab)

Pedro Dausab Menings 2012-04-19

Die idee om aktief die Namataal te bevorder, het ontstaan uit ’n raadplegende werkswinkel by Poem se Voetrus in 2000. Die besluit was gedryf deur die liefde vir die Namataal en Namakultuur.

YouTube-onderhoud: Pieter Kapp

Pieter Kapp 2012-04-11 Pieter Kapp gesels oor die studente aan die destydse Victoria Kollege se rol in die vestiging van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch.

Evaluering van Ndebele se konsep van die skouspelagtige in protesfiksie

TT Mukhuba 2012-04-11 Hierdie artikel is eenvoudig ’n optekening van Njabulo Ndebele se sienings oor die aard van protesfiksie. Protesfiksie is ’n versameling literêre werke wat deur skrywers soos Miriam Tlali, Mothubi Mutloatse en Sipho Sepamla geproduseer is.

Is John Kannemeyer se verslaggewing oor sy navorsing by die skryf van ’n biografie altyd foutloos?

Deon Knobel 2012-04-11 Dit is met groot huiwering en versigtigheid dat besluit is om die inhoud van hierdie onverwagte histories-foutiewe gegewens oor die onlangs-gestorwe John Kannemeyer bekend te maak.

LitNet Akademies: Jasper van Zyl gee sy mening oor die voorgestelde verengelsing van die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus

Jasper van Zyl 2012-04-10

Jasper van Zyl lewer kommentaar op die voorgestelde verengelsing van die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus. 


Wat is kompleksiteit?

Rika Preiser 2012-04-03 In die soeke na oplossings vir die sogenaamde megakrisis word die woord kompleksiteit byna mantra-agtig ingespan ten einde sin te probeer maak van wat deesdae as gepaardgaande "wicked problems" (Conklin 2006) beskryf word.

LitNet Akademies: Die impak van Waarderende Ondersoek in leierskapontwikkeling

Dorothea Steenkamp 2012-04-02 Dorothea Steenkamp reageer op die artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje" in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Jannie Pretorius.

LitNet Akademies: Die Suid-Afrikaanse onderrigstelsel en die rol van Waarderende Ondersoek in leierskap-ontwikkelingsprojekte

2012-04-02 Twee kenners op die gebied van opvoedkundige sielkunde gee hulle mening oor Jannie Pretorius se LitNet Akademies-artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje".

Die Kommandokorps se inisiasie tot manlikheid

Wessel van den Berg 2012-03-29 "Die onlangse fokus op die kaskenades van die Kommandokorps het my as wit Afrikanerman ook laat wonder oor manlikheid in ons volk. Die Kommandokorps se verskyning in die nuus het gesorg vir die teen nou al bekende gesprek oor rassisme en geweld. Maar daar is ‘n kardinale gesprek wat tot op hede nog nie gevoer is nie: die manier waarop die begrip manlikheid deur hierdie groep gebruik word."

Volhoubaarheid – verskillende dinge vir verskillende mense

Peet du Plooy 2012-03-29 "Volhoubaarheid" beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir omgewingsbewustes beteken dit om nie uitputbare bronne vinniger op te gebruik of te besoedel as wat dit vervang of deur natuurlike prosesse skoongemaak kan word nie. Vir ekonome beteken dit iets is volhoubaar as dit vir sigself kan betaal. Vir lede van vakunies beteken dit iets is volhoubaar as dit werk skep of onderhou.

YouTube-onderhoud: Joline Blignaut

Joline Blignaut 2012-03-26 Joline Blignaut gesels oor die gebruik en waarde van Tienerkaaps in gedrukte advertensies. Sy fokus veral op die persepsies van Kaapse Afrikaanssprekende tieners oor die gebruik van hul Tienerkaaps in die gedrukte media.

Moeilik om te begryp, gelees teen hierdie landskap

Charlene van der Walt 2012-03-20 “Twee instrumente wat sinvol kan meewerk tot die ontmaskering van heteronormatiwiteit en die skep van alternatiewe werklikhede is Queer-teorie in die algemeen, enersyds, en verantwoordelike Bybelinterpretasie, andersyds, wanneer daar ‘n gesprek in die kerk gevoer word.”

Bosma-tika: menings oor Afrikaanse reaksies op die Nederlandse politikus Martin Bosma

Piet le Roux, Ingrid Scholtz, Hendrik Theys 2012-03-15 Moet Afrikaanse mense met die verregse Nederlander Bosma gesprekke oor die bevordering van Afrikaans voer, of eerder sterk standpunt teen hom en sy party inneem?

As jy jou met pik besmeer …

Hendrik Theys 2012-03-14 “Ons kan die doel van ons stryd oneindige skade berokken as ons geassosieer word met groeperinge in ’n land wat ’n negatiewe geskiedenis het. Ons mag nie sommer in die bed spring met enigiemand net omdat hy/sy oor een ding met ons saamstem nie.”

Die Bosma-geval lyk na oordrewe verontskuldiging

Piet le Roux 2012-03-14 “Ek hoor niemand verontwaardigd vrees dat ? gesprek met Paul Mashatile sou beteken dat ? Afrikaanse organisasie met Mashatile se partybeleide saamstem nie ... doe even normaal, zeg.”
Top