Volhoubaarheid – verskillende dinge vir verskillende mense

  • 1

Noudat die COP 17-klimaatsonderhandelinge lankal verby is, is die volgende groot internasionale gebeurtenis op die omgewingsbewaarders se kalenders die twintigjarige herdenking van die Rio Aarde-Spitsberaad (Rio +20). Die wêreld praat nou al twintig jaar lank van "volhoubaarheid" en, anders as die meeste dinge wat uit Rio kom, het dié woord sy glans verloor.

Om op ’n punt te begin: "volhoubaarheid" beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir omgewingsbewustes beteken dit om nie uitputbare bronne vinniger op te gebruik of te besoedel as wat dit vervang of deur natuurlike prosesse skoongemaak kan word nie. Vir ekonome beteken dit iets is volhoubaar as dit vir sigself kan betaal. Vir lede van vakunies beteken dit iets is volhoubaar as dit werk skep of onderhou.

Mens kan nie ontken dat volhoubaarheid vandag nog so belangrik is soos twintig jaar gelede nie – trouens, nog meer as destyds. As mens "Wat is volhoubaar?" vereenvoudig tot "Wat kan hóú?" of "Wat is gunstig om lewe te onderhou?" dan kan ons aan volhoubaarheidskwessies dink anderkant die soort gesprekke waaroor die tema dikwels draai: klimaatsverandering, biodiversiteit, die verlies van ekosisteme en olieproduksie.

Hier’s ’n paar voorbeelde van dinge wat soos ’n goeie idee geklink het in die verlede, maar wat op lang termyn nie volhoubaar is nie:

  • Oormatige skuld – alhoewel dit ongewild was, het die fiskale konserwatiwiteit van die Mbeki-regering Suid-Afrika beskerm teen die soort krisis wat hom nou in Griekeland en elders afspeel.
  • ’n Onderwyssisteem wat faal – kennis is die mag wat mense dryf om te skep en vooruit te gaan. Daarsonder word volledige generasies afgesny van die inoes en uitdeel van alles wat die wêreld het om te bied.
  • Die onderdrukking van een groep deur ’n ander – ’n les wat (hopelik) duidelik genoeg in Suid-Afrika geleer is.
  • Revolusie sonder demokrasie en menseregtehervorming – ‘n waarskuwing omtrent die vrug van die "Arabiese Lente" en die risiko van regimeverandering.
  • Een belastingbetaler vir elke drie bevoordeeldes van belastinggelde: terwyl niemand kan ontken dat maatskaplike hulp ’n lewenslyn is nie, is die realiteit dat ’n klein belastingbetalende groepie veroorsaak dat nuwe geleenthede nie geskep word nie, maar dat almal op die ou end net aan hul vingerpunte bo-oor die afgrond vasklou.
  • Korrupsie – soos daar gesê word: jy kan party mense soms vir die gek hou, maar jy kan nie almal die heeltyd vir die gek hou nie.

Die konsep van volhoubaarheid vereis dat besluitnemers en beleidmakers twee dinge teen mekaar moet opweeg: al die interkonneksies wat die aspekte van ons lewens met mekaar skakel en die pryse wat ons betaal om al die skaalbakke in balans te hou.

’n Land soos Zimbabwe leer ons ’n moeilike les met betrekking tot hoe volhoubaarheid ook uitdagings meebring: toe die land nog betreklik onlangs onafhanklik geraak het, is daar besluit om besteding aan onderwys ‘n prioriteit te maak. In die proses het die land egter onder andere as gevolg hiervan bankrot gespeel. Verder het die ontsnapping aan koloniale dominasie daartoe bygedra dat die volgende regering ook een etniese groep was wat ’n ander onderdruk het en een politieke kliek dienooreenkomstig die hele landvol burgers. Gegewe die mobiliteit van mense wat geskool is, beteken dit dat die opvoeding en onderrig van Zimbabwiërs ander lande tot voordeel gestrek het, wat op kort termyn goed is, maar op lang termyn onvolhoubaar.

’n Aspek wat op die oomblik onder bespreking is en wat deel vorm van die ANC se Tweede Transisie-raamwerk, is die bestuur van minerale rykdom deur die staat. Hoewel die oorvleueling van politiek en die mynwese selde goed afloop, is "gratis mynwerk", waar die staat geen beheer het oor minerale rykdom nie, iets wat net slegte resultate kan oplewer. Die ANC stel voor dat oorblywende winste ekstra belasting kan veroorsaak – winste wat nie volhoubaar is nie – deur mynaktiwiteite aan te wend en die belastinggelde in die rigting van ‘n soewereine staatswelvaartfonds te stuur – ’n instrument wat ontwerp is om te verseker dat die land se rykdom langer voortduur as wat ’n betrokke myn kan voortbestaan.

Die geheim as dit kom by volhoubaarheid, is, soos met baie ander dinge in die lewe, om altyd die volgende aan te hou soek en aktief na te streef: te veel van enigiets is nie goed nie.

Wat het die volgende sake met mekaar gemeen?

  • Alhoewel landbou die kleinste persentasie bydra tot nasionale waardetoevoeging, word VSA- en EU-boere deur hul regerings gesubsidieer, wat lei tot die depressie van pryse in ontwikkelende lande, waar boerderye die grootste persentasie van nasionale waardetoevoeging bydra.
  • Unies beding dikwels vir salarisverhogings wat inflasie en produktiwiteit ver oortref. Omdat werk ook politieke mag inhou (en dalk ook die geskiedenis van eksploitasie), sal die regering inperkende beskermende arbeidswetgewing implementeer. Vir ’n besigheid om te oorleef moet die koste nie vinniger groei as wat produktiwiteit volhoubaar is nie, en in ’n konteks waar daar surplus-arbeid is, kan dit lei tot grootskaalse werkloosheid.
  • Lande is (in twee) verdeel oor wie stappe moet doen omtrent klimaatskwessies en wie daarvoor moet betaal. Terwyl almal hieroor argumenteer, is die wêreld se tweede grootste ekonomie, China, wat geen bindende klimaatsverpligtinge het nie, besig om vooruit te gaan in sy groen-energie-revolusie. Twee honde veg oor ’n been, ’n derde gaan daarmee heen.

Al drie bogenoemde illustrasies is voorbeelde van die "tragedy of the commons" wat Wikipedia as volg omskryf: "A dilemma arising from the situation in which multiple individuals, acting independently and rationally consulting their own self-interest, will ultimately deplete a shared limited resource, even when it is clear that it is not in anyone’s long-term interest for this to happen."

Die eise wat ’n ewig-veranderende en vinniger-bewegende wêreld stel, vereis van ons reaksies om te organiseer – en dit sluit in al die instellings, die begrotings en mandate wat ons ontwerp, implementeer en onderhou – en om buigsaam genoeg te wees om te reageer op vinnige veranderinge en genoeg te verdeel om plaaslike toestande te onderhou. Volhoubaarheid moet verpersoonlik word.

As kamerade in hierdie menslike wedloop weet ons dat die natuur die afsnypunt en -tyd bepaal, maar ons kan self bepaal wat die doelwit en die eindstreep is. Terwyl ons voortstu, moet ons ons altyd afvra: Kan ons die pas volhou?

Op 20-22 Junie 2012 sal die UCSD in Rio de Janeiro plaasvind. Die Aarde-Spitsberaad (ook bekend as Rio+20) se doelwitte is om hernude politieke verbintenis tot volhoubare ontwikkeling na te streef, om vooruitgang op die gebied van internasionaal-bepaalde doelwitte met betrekking tot volhoubare omgewings te assesseer, en om nuwe en ontluikende uitdagings te ondersoek. Die spitsberaad sal veral op twee temas fokus: ’n groen ekonomie in die konteks van die uitwissing van armoede en volhoubare ontwikkeling en ’n institusionele raamwerk vir volhoubare ontwikkeling.

Red die wêreld teen 13 April - stuur vir LitNet jou groen wenke (jy kan boonop ’n lekker boekpakkie wen).

 

  • 1

Kommentaar

  • http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=100624&cat_id=163

     
    In 2011 het ek bostaande artikel vir Earth Hour geskryf.  Ek dink ons het so bederf met goedkoop energie geword dat ons daarmee mors. Die opsies vorentoe is beperk en die voorstelle van COP17 is ook nie so eenvoudig nie.
     
    Die beskikbaarheid van energie (of die gewaande oorvloed daarvan) is onderliggend  aan die "tragedy of commons" waarna in Peet du Plooy se stimulerende artikel verwys word.
     
    Koos Holtzhausen
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top