Peet du Plooy

Peet du Plooy het 'n graad in Meganiese Ingenieurswese van die Universiteit van Pretoria. Hy het vir ESKOM en die WWF gewerk voordat hy die Programbestuurder van Volhoubare Groei by TIPS (Trade & Industrial Policy Strategies) geword het. Hy is in 2009 deur die Mail & Guardian aangewys as een van 300 invloedryke jong Suid-Afrikaners.

Volhoubaarheid – verskillende dinge vir verskillende mense

Peet du Plooy 2012-03-29 "Volhoubaarheid" beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir omgewingsbewustes beteken dit om nie uitputbare bronne vinniger op te gebruik of te besoedel as wat dit vervang of deur natuurlike prosesse skoongemaak kan word nie. Vir ekonome beteken dit iets is volhoubaar as dit vir sigself kan betaal. Vir lede van vakunies beteken dit iets is volhoubaar as dit werk skep of onderhou.
Top