Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-09-17

"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."

Afrikaans se infrastruktuur: aanbou of afbreek?

Wannie Carstens Seminare en essays 2024-09-12

"Afrikaans se wetenskaplike funksie is ongelukkig onder druk. Ek pleit daarom vir die totstandkoming van ’n Sentrum vir die Studie van Afrikaans waar aktiwiteite rondom Afrikaanse wetenskaplike inisiatiewe gekoördineer kan word." Lees Wannie Carstens se volledige toespraak met die ontvangs van die Jan H Marais-prys op 11 September 2024.

Op soek na ’n billike beeld van die kerk

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-09-11

"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"

’n Regering van nasionale eenheid en die pad vorentoe

André Duvenhage Seminare en essays 2024-08-30

"Die uitdaging waarvoor ons primêr te staan gekom het, is om met bestaande demokratiese waardes as grondslag ’n Suid-Afrika te herbou wat die gekompliseerde eise maar ook die verwagtinge van ons tyd daadwerklik kan aanpak; met kortertermyn-suksesse ’n grondslag vir langtermyn-ontwikkeling kan lê; en waarin algemene belang hoër geag word as bepaalde belang. Dit benodig leierskap wat vanuit ’n gesonde waardestelsel kan dink en help bou aan ’n nuwe tydvak wat voor die deur lê."

The science of Kaaps: Reflections on the 3rd Kaaps Symposium

Quentin Williams Opinion 2024-08-22

"In a previous article published on the LitNet platform, I suggested openly and candidly that Kaaps is the future of Afrikaans. I take that back: Kaaps has its own future; it is now in the hands of us all. Help us secure the future of this historically marginalised and indigenous language."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-aanbieding aangaande U2 se al hoe ligter, al hoe stiller gebed

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-16

Hierdie voordrag is op 6 Augustus 2024 gelewer in die kapel van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit as deel van ’n seminaar oor die teologie van U2, aangebied deur die voortgesettebedieningsontwikkeling van die Wes-Kaapse NG-sinode.

Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Thys Human Resensies 2024-08-14

"In ek en jy bestaan nie is dit nie 'Daantjie' se (mislukte) verset nie, maar eerder die gewetensworsteling wat sy middelklasbestaan in ’n Stellenbosse suburb by hom ontketen, wat poëties gestalte kry in buitengewoon ambivalente perspektiewe ten opsigte van dié voorstedelike domein."

Van sout in die wonde tot bloedlating: Enkele funksies van chirurgyns op VOC-skepe

Gert van Jaarsveld Seminare en essays 2024-08-14

"In 1595 vaar die eerste vloot van vier Nederlandse skepe om die Kaap na die Ooste. Die vaart om Bantam te bereik duur 15 maande. Ná drie jaar keer die vloot terug met net genoeg peper om die onkoste te dek. Slegs 87 uit 249 bemanning keer lewendig terug. Hulle moes een van die skepe gewoon agterlaat omdat daar nie genoeg bemanning oorgebly het nie. Wat het die groot tol aan bemanning geëis?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Versfeld, Degenaar en die herwinning van die Logos in die eietydse Afrikaanse teologie en filosofie

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-13

"Kortom, hier word aangevoer dat die krisis waarin die Protestantse kultuur vandag in die Weste maar ook toenemend onder Afrikaners verkeer, ons ook in die eietydse Afrikaanse filosofie en teologie noop om te soek na bronne en middele waaruit ons kultuur kan put om die toekoms tegemoet te gaan en ontbinding te systap."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die toekoms van die geskrewe en gedrukte woord in Afrikaans

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-08-07

"Toe ’n aantal Afrikaanse skrywers en intellektuele toenemend vanaf rofweg die jaar 2000 hulle groeiende kommer oor die toekoms van Afrikaans in die onderwys, die regspraak, die wetenskap, die kunste en ander hoër funksies begin uitspreek het, is hulle dikwels afgelag met die argument 'solank die taal nog gepraat word, sal alles goed gaan'."

Die aard van verlies, deel 2

Gert van der Westhuizen Seminare en essays 2024-08-02

"Treur is om te leer om ’n sinvolle lewe te lewe sonder jou geliefde. Treur sien jy dan as ’n vorm van leer, en leer is in elk geval iets wat jy jou lewe lank doen. Sodoende begryp mens treur as iets wat meer bekend en verstaanbaar kan wees, en dit gee jou geduld om hierdie merkwaardige proses te laat ontvou."

TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie

Monique Rabé, Jana Luther Seminare en essays 2024-08-01

"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."

The power of symbolism

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2024-07-30

"Christianity might not own the Last Supper symbolism, but would the symbol have been able to gain so much power and presence without Christianity? Who today knows or remembers the Dionysian feast of the gods, except perhaps some lonely professor of ancient Greek mythology?"

Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2024-07-26

"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is." Lees Theo du Plessis se hoofreferaat, gelewer by die SAALT-kongres 2024, Breakwater Lodge, Kaapstad, 10–12 Julie 2024.

LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Hans Pienaar Resensies 2024-07-25

"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."

TK-lesing 2 en 3: Die inhoud van die AWS

Suléne Pilon, Jaco du Toit Seminare en essays 2024-07-22

"Die hooftaak van die Taalkommissie (TK) is om die inhoud van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) by te werk sodat dit tred hou met veranderinge wat in formele, geskrewe Afrikaans plaasvind. In die tweede en derde lesings in die TK-lesingreeks is die inhoud van die AWS bespreek."

… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Nini Bennett-Moll Resensies 2024-07-18

"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."

Risikopersepsie en klimaatsverandering

Handré Brand Seminare en essays 2024-07-18

"Die term risikopersepsie verwys na ’n indiwidu se subjektiewe oordeel oor die waarskynlikheid van negatiewe uitkomste van ’n gebeurtenis (soos aardverwarming/klimaatsverandering) gebaseer op voorafgaande kennis en ervaring, sowel as emosionele reaksies wat daarmee geassosieer word."

Video-opname: die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees, 2024

Willie Burger Seminare en essays 2024-07-16

Willie Burger het die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by 2024 se Vrystaat Kunstefees gelewer. As mediavennoot van die geleentheid publiseer LitNet ’n video-opname van die volledige lesing.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-07-11

"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."

Top