LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek. LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Carina van der Walt2012-02-08Die Nederlandse verhoogproduksie van JM Coetzee se roman Disgrace het op 4 Desember 2011 in première gegaan. Toneelgroep Amsterdam trek tot 24 Maart 2012 daarmee deur Nederland en omringende lande
Marthie Momberg2012-02-08Ek het tevore gemeen die Israel-Palestynse kwessie gaan al vir duisende jare aan en sal seker altyd aanhou. En dat die saak baie (met “baie” taamlik uitgerek) kompleks is.
Angus2012-02-08Dit is te verstane dat jy ‘godsdiens’ verkies bo ‘religie’, want jy en Kobus glo daaraan dat ’n woord se woordeboekverklaring gelykstaande is aan die wet van die Mede en die Perse.
Angus2012-02-08Ten spyte daarvan dat hy op wonderbaarlike wyse hom tot die Christendom bekeer het, was hy nie ’n liefdevolle mens nie; om die waarheid te sê, hy het maar, soos alle Romeinse keisers, ’n wreedaard gebly.
Henk Bierman2012-02-08Dit gaan oor die vermelding van die werk wat hy in 1982 vir Radio Suid-Afrika van die SAUK gedoen het onder die titel "Die Bybel leef".
Jaco Jacobs, Naomi Meyer2012-02-08Of ’n boek “geskik” is vir kinders, verskil van kind tot kind. Party kinders kry nagmerries as hulle stories oor monsters lees; ander verseg om enigiets anders as grilboeke en spookstories te lees.
Izak de Vries, Naomi Meyer2012-02-08Dit sal in elk geval nie help nie. Die arme bloedjie sal effens verbouereerd “o” sê en steeds geen idee hê waar babas vandaan kom nie. Kinders kan eenvoudig nog nie die emosionele konsep van seks snap as hulle té klein is nie. Ek sal later hierop uitbrei, maar van belang is Babette Cole se ongelooflike kinderboek oor hierdie onderwerp.
Francois Smith, Naomi Meyer2012-02-08As dit ’n kwessie is wat kinders raak, sal dit uit hul reaksie daarop blyk. As hulle nie weet waarvan jy praat nie, sal hulle tien teen een, soos my driejarige seun, sê: “Waarvan praat jy, Pappa?”
Anthony Constandius, Naomi Meyer2012-02-08Boeke is wonderlike media om te gebruik met kinders, want om stories saam met kinders te lees en inligting aan hul oor te dra is een van die kernverpligtinge van goeie ouerskap.
Cecilia du Toit, Naomi Meyer2012-02-08Natuurlik word goeie kinderboeke geskryf om groot plesier te verskaf. In ’n ideale wêreld lees ouers vir kinders voor uit kinderboeke wat oor ’n magdom onderwerpe en sensitiewe temas handel – dis nou voordat kinders wat gretig en (op peil) geletterd is, self kinderboeke van hulle keuse verslind.
Miemie du Plessis, Naomi Meyer2012-02-08Vir my is daar slegs een wagwoord is en dis aanvraag (oftewel behoefte). Wanneer ek ’n boek publiseer, moet daardie boek verkoop, en vinnig ook. Wanneer verkoop ’n boek goed?