JM Coetzee se kinderjare

  • 3

Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2003 aan J(ohn) M(ichael) Coetzee (gebore in 1940) toegeken. Hy het onder andere drie boeke gepubliseer wat eksplisiet outobiografies is. Maar die teks word elke keer in die derdepersoon aangebied. Om praktiese redes sal ek skryf asof die outeur en die hoofkarakter identies is, maar ’n mens moet nie alles in sy teks sonder meer as feitelik vertolk nie. Die outeur is as filter in beheer van sy vertelling.

 

JC Kannemeyer se biografie oor Coetzee verskyn eersdaags. Dalk is dit nou die aangewese tyd om die genoemde drie boeke agtereenvolgens onder die loep te neem. Wat dadelik opval, is dat die titels van die eerste twee (Boyhood en Youth) soortgelyk aan twee van Leo Tolstoy (1828-1910) se werke is. In 1852 is Tolstoy se Childhood gepubliseer, in 1854 Boyhood en in 1857 Youth.

Boyhood: Scenes from Provincial Life (London: Vintage, 1998, 166p) handel hoofsaaklik oor Coetzee se skooljare, eers op Worcester en daarna in Kaapstad. Worcester met sy wind, oranje straatligte en waterleivore word duidelik uitgebeeld. Ook die stowwerige, boomlose nuwe dorpsgebied, Reunion Park, waarin hy woon. Sy ma is die huishoudster. Sy pa is ’n boekhouer by die plaaslike vrugte-inmaakfabriek. Hy het ’n jonger broer maar oor hom word baie min vertel.

Coetzee ry skool toe met sy fiets wat "the most solid thing in his life" is (p 55). Hy is in die Engelse klas van die oorwegend Afrikaanse skool. Die kontras tussen sy Afrikaanse van en sy Engelse huistaal veroorsaak probleme vir hom. Hy is "English only in a way" (p 67). Sy isolasie word vererger deurdat die Coetzees Sappe tussen oorwegend Nattes is. "Instead of friends they have family" (p 78). "He comes from an unnatural and shameful family ... no one goes to church and shoes are worn every day" (p 6). In die skool gee hy noodgedwonge voor dat hy Rooms-Katoliek is. "He is angry with his mother for not having normal children and making them live a normal life ... he is angry with his mother for turning him into something unnatural" (p 8). "He has a sense that he is damaged" (p 9).

Sy pa het in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen. Hy respekteer nie sy pa nie: "The denies and detests his father" (p 79). Hy probeer om sy ma se liefde af te weer. "Her blinding, overwhelming, self-sacrificial love ... disturbs him" (p 47). Tog skryf hy: "He wants her always to be in the house, waiting for him when he comes home" (p 4). Moontlik die aangrypendste insident wat beskryf word, is toe die reisende sirkus sy jaarlikse besoek aan Worcester bring. Sy ma neem haar twee seuns na die sirkus, maar die kaartjies kos meer as wat sy verwag het. Sy koop dus net vir haar kinders kaartjies en wag buite op hulle totdat die vertoning verby is. "He cannot imagine her dying. She is the finest thing in his life" (p 35).

"He fears and loaths the hulking, barefoot Afrikaans boys in their tight short trousers" (p 69). ’n Ligpunt in sy lewe is dat hy boeke by die openbare biblioteek kan leen. "He knows that if he wants to be a great man he ought to be reading serious books" (p 103). Hy verkies hierdie soort selfopvoeding bo skoolbywoning. Dit bring mee dat hy die Russe bo die Amerikaners en die Britte bo die Boere verkies. Maar: "One thing about the English that disappoints him, that he will not imitate, is their contempt for Afrikaans" (p 125). Hy bly dikwels uit die skool maar slaag nogtans daarin om akademies baie goed te presteer.

Die laaste vier van die negentien hoofstukke handel oor sy verblyf in Kaapstad. Sy pa het besluit om weer as prokureur te praktiseer, in Goodwood. Hulle bly in Plumstead en hy woon die Rooms-Katolieke skool St Joseph by. "St Joseph’s ... is a kind of basket to catch boys who fit nowhere else" (p 148). Hier vind hy dit moeiliker om steeds die beste in sy klas te presteer.

Die resensent van The Times het die boek "the best description of a childhood I have ever read" genoem. Die aanduiding van die inhoud wat ek hier gee, laat sekerlik nie reg aan die werk geskied nie. Omdat ek met Worcester en Kaapstad uit daardie selfde tyd goed bekend is, het ek die boek meesleurend gevind. Soos Coetzee het ek skoolvakansies op ’n familieplaas in die Karoo deurgebring. Niemand wat daardie plekke uitsluitlik of hoofsaaklik in die nuwe Suid-Afrika leer ken het, kan werklik weet hoe anders dit toe was nie. Daar is rede vir nostalgie.

Daar is egter ook dinge wat ek anders as Coetzee ervaar het. "Best of all he loves the honey-tan legs of boys with blond hair. The most beautiful boys, he is surprised to find, are in the Afrikaans classes ... What is there that can be done with legs beyond devouring them with one’s eyes?" (p 56). "Among all these boys he is the only one in whom this dark erotic current runs" (p 57, ook p 60). In 1945 het sy pa kaal in ’n dam op die familieplaas geswem. Daaroor word geskryf: "He has seen his father’s penis only once" (p 121). Die plaas se naam is Voëlfontein.

Johannes Comestor

  • 3

Kommentaar

  • Hello, 
     
    Nuus oor JM Coetzee is altyd welkom en nie om hare te kloof nie maar moet dit nie John Maxwell in plaas van  John Michael wees nie. Die rede vir hierdie kommentaar is egter om die volgende aanvullende onderhoud aan te bied en begin die onderhoud met 'n verwysing na Boyhood: Scenes from Provincial Life. 
     
    Die onderhoud word aangebied deur Eleanor Wachtel en die inleiding is soos volg: JM Coetzee
     
    Our summer of Nobel Prize winners continues with a rare conversation with South African novelist, JM Coetzee, an elegant, disturbing, and provocative writer. In announcing that he had won the 2003 Nobel Prize for Literature, the Swedish Academy praised his ability to write fiction that "in innumerable guises portrays the surprising involvement of the outsider.
     
    His 1999 novel, Disgrace won both the Booker (his second), and the Commonwealth Prize. JM Coetzee's latest book is the third of his fictionalized memoirs; it's called Summertime.Die onderhoud kan hier gevind word en alhoewel nou al 'n dekade oud is nog steeds waardevol. 
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 
     
    Nuus oor JM Coetzee is altyd welkom en nie om hare te kloof nie maar moet dit nie John Maxwell in plaas van  John Michael wees nie. Die rede vir hierdie kommentaar is egter om die volgende aanvullende onderhoud aan te bied en begin die onderhoud met 'n verwysing na Boyhood: Scenes from Provincial Life. 
     
    Die onderhoud word aangebied deur Eleanor Wachtel en die inleiding is soos volg: JM Coetzee
     
    Our summer of Nobel Prize winners continues with a rare conversation with South African novelist, JM Coetzee, an elegant, disturbing, and provocative writer. In announcing that he had won the 2003 Nobel Prize for Literature, the Swedish Academy praised his ability to write fiction that "in innumerable guises portrays the surprising involvement of the outsider.
     
    His 1999 novel, Disgrace won both the Booker (his second), and the Commonwealth Prize. JM Coetzee's latest book is the third of his fictionalized memoirs; it's called Summertime.Die onderhoud kan hier gevind word en alhoewel nou al 'n dekade oud is nog steeds waardevol. 
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Daar is hierdie frase wat dalk oordink moet word soos gepubliseer in die aanvanklike brief:
     
    "Niemand wat daardie plekke uitsluitlik of hoofsaaklik in die nuwe Suid-Afrika leer ken het, kan werklik weet hoe anders dit toe was nie. Daar is rede vir nostalgie". 
     
    Dit moet veral ondersoek word in die lig daarvan dat dit uit die bespreking van Coetzee se jeug gekom het en in die onderhoud bespreek Coetzee sy jeug en bied 'n totaal ander blik wat in kontradiksie tot bogenoemde nostalgie staan. 
     
    Vir die wat dalk nie by die onderhoud gaan kom nie word die volgende hoogtepunte daaruit gebied in konteks tot begenoemde stelling dat dit goed is om nostalgies te wees en alhoewel nostalgie nie afgemaak word nie as 'n realiteit skets Coetzee 'n meer problematiese tydperk as wat gemaklike nostalgie toelaat.
     
    Coetzee bevestig dat Engels was hulle gesin se huistaal, ten spyte van die pa wat Afrikaans was terwyl buite die huis was dit soms nodig om Afrikaans te praat. 
     
    Dit is opmerklik dat Coetzee 'n duidelike vrees gehad het en dit bevestig in die onderhoud om in Afrikaans opgevoed te word en in die Afrikanerstroom opgeneem te word. 
     
    Hier verwys Coetzee spesifiek na Boyhood gesetel in die 1950's en bespreek Coetzee die daadwerklike skeiding wat die nuwe bewind na 1948 probeer vestig het tussen verskillende groeperinge en alhoewel Coetzee 'n verskil tussen Afrikaans en die Afrikaner sien het die term Afrikaner volgens sy terme 'n sterk politieke en ideologiese inslag en daarom die afkeer om in die stroom te beland. 
     
    Dit bevestig die moontlike goedgesindheid vir Afrikaans wat die volgende frase impliseer: 
     
    "One thing about the English that disappoints him, that he will not imitate, is their contempt for Afrikaans" 
     
    Wat weer in kontras staan tot wat as afkeer vir die Afrikaner se kulturele kruistog en nasionalistiese projek staan en die  skrapsheid van die kulturele erfenis van Afrikanerdom en hoe dit ontmoontlik dit is vir hom in Afrikaans te skryf en hoe dood die taal in daardie konteks is. 
     
    Wat dit beteken het volgens Coetzee om as Afrikaner groot te word is om dan deel te sou wees van NGK wat weer deel van die groter Nasionale Party poging om 'n aparte wit nasionalisme te vestig wat Coetzee ook beskryf as 'n kulturele kruistog. 
     
    Vir 'n Coetzee was dit 'n nagmerrie en bevestig hy die marginalisering wat dit bring en hoe dit die pad oopgemaak het in sy gemoed om te bevestig dat sy voorkeer vir Engels was en daarom die bakens uit die Engelse erfenis gekies is net soos later in die onderhoud die belangrikheid van die Russe, "Tolstoy" en "Dostoevsky" ook bevestig word, tesame met die belangrikheid van Beckett en Joyce en die slag wat die twee laaste skrywers met die taal het en hoe belangrik "Tolstoy" en "Dostoevsky" as verskillende tipes Christelike skrywers is. 
     
    Hierdie isolasie word weer bevestigtig en die kulturele erfenis van Afrikenerdom as skraps aangedui word en ontwikkel word in die rigting soos hierbo beskryf.Maar dit is altyd werd om die denke van Coetzee te volg en en word die onderhoud sterk aanbeveel en nog meer so omdat dit direk en in sy eie woorde is en dalk die nostalgie temper en 'n meer troebel verlede bevestig soos gesien deur Coetzee en sy vertelling van sy kindwees en jeugdige self.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top