Abraham, op die ouderdom van vyf-en-sewentig, word geroep deur God om sy goedjies te pak en Haran te verlaat. Van Gen.17:17 weet ons dat daar ’n tien jaar ouderdomsverskil is tussen Abraham en Sarah wat dan beteken sy is vyf-en-sestig as hulle die reis begin. Na ’n tyd, daar word nie gesê hoe lank nie, word ons vertel van ’n hongersnood in Kanaän wat Abraham dwing om na die broodmantjie van Egipte te trek.
Sarah, op hierdie stadium seker nader aan sewentig as vyf-en-sestig, is so pragtig dat Farao se talentjagters haar onmiddelik plaas in sy huis/harem. Omdat Abraham presies dit gevrees het en verwag het om doodgemaak te word, het hy en Sarah vooraf besluit dat hull sal voorgee dat hulle broer en suster is om hom te beskerm. Plae volg, Farao vind die waarheid uit en skop hulle uit Egipte uit.
Omtrent twintig of meer jare gaan verby. Sarah is nou al negentig, maar not net so beeldskoon soos voorheen. Hulle vind hulleself in Gerar van Koning Abimelech. Weer lieg die twee oor hulle verhouding (as man en vrou) en gee voor dat hulle broer en suster is. Net soos Farao kan Abimelech nie sy hande afhou van Sarah en hy bring haar is sy huis in. In ’n droom laat God hom egter weet dat Abraham en Sarah vir hom gelieg het. Abraham slaag daarin om sy leun te regverdig en word ryklik beloon deur Abimelech.
Kort hiena word Isak gebore, ’n geboorte beskryf as ’n wonderwerk omdat Sarah so oud was. Oud, maar nooit lelik nie! Na dekades van leef in ’n tent in semi-woestyn dele van die wêreld lyk sy soos ’n jong, beeldskone prinses. Op vyf-en-sestig en negentig jaar laat sy nog die knieë van konings pap raak.
Laat niemand sê die skrywers van die Bybel het nie ’n sin vir humor nie.
Chris


Kommentaar
Dit was hierdie Chris se storie, maar never mind.
Abraham die eerste gigolo?
Chris,
Dis juis hoekom ek skepties oor die Bybel is, maar ek het nou besluit ek is klaar met Kobus. Hy sal net aanhou om mense, met goeie bewyse, wat van hom verskil, te beledig. Aangesien die Bybel sy enigste verwysingsbron is, sal mens nie 'n tree verder met hom vorder nie. Dit geld alle redenasies met Christene.
Dis nog iets van Christene, hulle mag jou aanval, bv Dana Snyman se brief in Beeld, maar skryf jy nou so 'n brief teen godsdienstiges vir die koerant, dan eindig jy duskant steniging.
Ek hou lankal die briefwisseling in die koerant dop en dis opmerklik hoe onverdraagsaam mense raak, as feite uitgewys word. Dan gooi hul net Bybelverse en vertel vir die twyfelaar dat hy warmplek toe sal gaan.
Groete
Perdebytjie