Sabbat Sjalom
Dis God se Alomteenwoordige Gees wat die krag in elkeen se menswees is.
Selfs al lyk die mensdom soos 'n swerm sprinkane op trek iewers deur die Karoo, het 'n ieder hul eie asem van God ontvang.
Hierin leef elkeen die geskenk van hul eie werklikheid uit die hand van God, in God.
Wanneer ons tot sterwe kom "blaas ons die laaste asem uit". Dis daardie asem van 'n ieder en elk wat weer opgeneem word in God.
Soos daar geskrywe staan; "God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword" (Genesis 2:7). Indien God "Sy Gees en Sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer." (Job 34:14-16). Met die dood sal "die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het" (Prediker 12:7).
Dis hoegenaamd nie moontlik vir enige dweepsieke in hul veronderstelde demoniese besetting om te kan "weet" wat ander se wesenlike bedoeling in hul verhouding met God is nie.
Net God ken ons harte.
Dit gaan nie oor ons bewustheid van God nie; dis ons ingebore band (asem) met ons Skepper en ons verlange daarom na God wat soveel verheerliking van God oral op ons aarde meebring.
Elke mens op aarde se hartstog in Heilige Skrifte, lees van lewensverhale van Heiliges, studie van godsdienstige doktrine en deelsaamheid in geestelike vertolking, bring hul nader aan ons Alomteenwoordige Almagtige Lewende Skepper.
Dis met absolute agting vir die Heiligheid in elkeen se hart wat ek nederig oral saam met my medemens aanbid.
Waar God se genade dit wil; ek soos Paulus, die Goeie Nuus by hul Godsdiens voeg.
Mag Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper, self die lewenskrag in elkeen se hart op aarde wees.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Ekke


Kommentaar
Hello Cornelius, waar was jy?
Never mind jou Smartie-box geloof, dis lekker om 'n vriendelike Christen te ken. As die Christengeloof gaan oorleef, gaan dit iets wees soos dit wat jy besig is om saam te flans, en dis bedoel as kompliment!
Los die slegsê van Kobus vir my as jy wil. Vir een of ander rede dink ek dat dit nie regtig jou styl is om mense aan te val nie, of dan ten minste nie op die vlak waar Kobus beweeg nie. Laas op die Net kon ek jou ontsteltenis duidelik sien. Ek is 'n goddelose ateïs met 'n baie dik vel wat hou van skoorsoek met boelies.
Mooibly
Chris
Dankie Chris.