Bantu Holomisa is lid van die Suid-Afrikaanse Parlement

  • 0

Die ANC verwys na Bantu as Bantu. Bantu is die meervoud van “muntu”, en beteken "mense" en "persone".
 
Pieter Mulder se verwysing na "Bantoesprekendes" is korrek. Wikipedia het ’n artikel oor Bantu Languages. Bantoetaal beteken dus: mensetaal. Relatief tot die destydse Pigmee- en Sanmense se klikklanke, was ge-artikuleerde Bantoetaal ‘n meer gesofistikeerde mensetaal.
 
Die ANC het ’n gewilde gesegde: "Blacks in general, and Africans in particular."

 

Moderne Khoi-San word tesame met Indiërs en Bruinmense deur die ANC as "Swart in die algemeen" geklassifiseer, maar behoort taalkundig nie tot die groep van Bantoe-sprekende "Africans in particular" nie.
 
Binne bostaande ANC-verband het Mulder verwys na Bantoesprekendes wat na die natter Noorde en Ooste van Suid-Afrika getrek het, in onderskeid tot nie-Bantoesprekende Khoi-San mense wat na die Westelike en Suidelike streke uitgewyk het, die hedendaagse Noord- en Wes-Kaap.

Bruinmense se moedertaal is hoofsaaklik Afrikaans, soos Engels ’n Germaanse taal.

Die oorspronklike bewoners van Suid-Afrika en die eerste anatomies moderne mense op aarde, die Sanmense, het baie klikklanke in hulle unieke kommunikasie gebruik. Vandag is Xhosa die enigste Bantoetaal met sulke San-klikklanke. Dit bewys dat Xhosas in kolonistiese kontak met Sanmense gekom het. Xhosas het destyds die Sanmense se klikklank amusant gevind, en dit baie nageboots. So het die klik in Xhosa as Bantoetaal gekom.

Xhosa-leiers het destyds soos die gewoonte was manlike Sanmense ge-ilimineer, en Sanvrouens ge-integreer. So het dit gekom dat die baie beroemde en bekende Nelson Mandela, lid van ‘n Xhosa-leiersfamilie, vandag hoofsaaklik Khoi-San gene het. Meneer Mandela is trots daarop, en nie sensitief daaroor nie.

Zoeloeleiers mag dalk sensitief oor geskiedenis wees, omdat Dingaan grond aan Germaans-sprekende Voortrekkers in Natal gekontrakteer het op die basis van gewillige koper en verkoper, en onmiddellik daarna die koper laat vermoor het. Dingaan het ook herhaaldelik vir sy generaal Ndlela gevra om prins Mpande te vermoor. Prins Mpande en generaal Ndlela het egter in noue alliansie met Andries Pretorius van Dingaan ontslae geraak.

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top