LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek. LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Gunther Pakendorf2013-04-25"Ek kry die indruk uit die bundel as geheel dat die teoretiese besinnings die leser tot nadenke stem, terwyl die toepassing op literêre tekste nie altyd oortuigend is nie."
Francis Galloway2013-04-24Francis Galloway gesels met Breyten Breytenbach oor die Dancing in Other Words-gebeurtenis by Spier (Stellenbosch) op 10 en 11 Mei 2013.
George Claassen2013-04-24"Ek herhaal my uitdaging aan Theunissen: Aanvaar asseblief James Randi se uitdaging om jou aansprake dat jy met die dooies kan gesels, aan wetenskaplike toetsing en blootstelling te onderwerp."
Gustaf Pienaar2013-04-24"In eensaamheid, met harte vol heimwee, bring hulle hul skemerdae deur. Al waarop hulle gedagtes teer, is herinneringe – herinneringe aan die dae toe hulle hul hande deurgewerk het om hulle kroos kos, klere en opvoeding te gee."
Maretha Jacobs2013-04-24"’n Gender-kritiese lees beteken dat daar eksplisiet vanuit die perspektief van gender na tekste gekyk word. Dit behels ’n lees “met agterdog”, waarin nie bloot bevestig word wat ’n teks “sê” nie, maar waarin vanuit ons hedendaagse kontekste met tekste geargumenteer en verskil word."
Lilly Nortje-Meyer2013-04-24"Christenvroue verwag dat mans moet verander, maar wil self nie hul sienings oor die tradisionele rol van die vrou verander nie, omdat dit in hulle oë deur die Bybel gesanksioneer is, al is hierdie sieninge in werklikheid eintlik kultureel aan vrouens toegeskryf."
2013-04-24'n Onlangse artikel op LitNet Akademies het gehandel oor die ervaring ervaring van Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie. Kenners ondersoek hierdie artikel met die oog op genderkwessies en transformasie.
Angus2013-04-22Taal is daardie klanke wat ’n mens kan maak met sy spraakorgane waarmee hy woorde en sinne kan maak met die doel om inligting oor te dra aan ’n ander mens.
Herman Toerien2013-04-22My gevoel is dat daar bepaald iets soos Afrikaanse humor is, maar of Afrikaanse humor oor sekere besondere eienskappe beskik wat dit van ander soorte humor onderskei, dit is dalk meer kompleks.
Jason Lloyd2013-04-19"Met dié dat die Baai se rugbytrots (ja, weliswaar teen alle verwagtinge in) – die Southern Kings – onlangs in die pekel beland het by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) omdat hul kwansuis te veel “buitelanders” in hul span het, kan die span gerus drie van ons politici vir die huidige superrugbyreeks oorweeg."
Marinus Wiechers2013-04-19"Die aanbevelings van die Regterlike Dienskommissie vir die aanstelling van regters veroorsaak gedurig kwaai kopsere. Onlangs is gemoedere weer erg omgekrap deur hoofregter Mogoeng se stelling dat dit in die eerste plek nie oor meriete gaan nie, maar oor die transformasie van die regbank."
Cornelius Henn2013-04-19Onder hoofde "Why South Africans owes a huge debt to the Iron Lady", erken FW de Klerk ruiterlik dat hy die Afrikaner, per sy eie definisie hierbo, se onafhanklikheid aan die Ystervrou en Ingeland geabdikeer het.