In Memoriam: Francois Odendal

  • 0

Die ATKV bring hulde aan Francois Odendal (86 jaar) wat in April in Rondebosch oorlede is. As voorste taalkenner, woordeboekmaker en toenmalige hoofredakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) lê hy die ATKV, wat hom beywer vir die Afrikaanse taal, na aan die hart.

Die  ATKV sê dankie vir sy toewyding aan en geloof in die HAT van 1965 af. Odendal was selfs nog betrokke by die vierde uitgawe van die HAT in 2000 en by die derde druk van die vyfde uitgawe in 2009.

Die HAT het grootliks gebaat by sy fyn waarneming van taal om hom en danksy Odendal se deursettingsvermoë is die grondslag van die HAT gelê. En deur die jare het hierdie woordeboek seker die bekendste van sy soort in Afrikaans geword met een HAT in bykans elke huis.

Die ATKV eer sy nagedagtenis en is dankbaar oor die taalskat wat hy nalaat.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top