Kinderboekskryfskool – kom leer saam by die kenners!

  • 0

ATKV-Projekte bied vanaf Woensdag, 26 Junie tot Vrydag, 28 Junie 2013 ’n Kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan.  Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp.  Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.

Die kursusleier is Prof. Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Sprekers sluit in Fanie Viljoen, Prof. Hans du Plessis, Christien Neser, Joan Rankin, Rene Schoombie en Miemie du Plessis.

Die totale koste van die skryfskool beloop R950 per persoon en word aangebied by Glenburn Lodge (Kromdraaistraat, Swartkops, Muldersdrift).  Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za.

Belangstellendes moet ’n deposito van R500.00 betaal wanneer ingeskryf word vir die skryfskool en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word.

Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers, so bespreek sommer vandag nog jou plek.

Vir meer inligting kontak vir Lizané Basson by 011 919 9078 ([email protected]) of Jeanné Naudé by 011 919 9088 ([email protected]).

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top