Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Openingsrede by die bekendstelling van 'n vertaling van Dante se Inferno in Afrikaans

Hennie Smith 2013-11-12 “Ek wil aan die hand doen dat die waardige kunstenaar, onder inspirasie van die Muse, in die daarstel van sy of haar kunswerk, na die ideale weergawe (van die werklikheid) streef. En as hy of sy die ideale weergawe tref, is daar ‘n resonansie met alle sensitiewe waarnemers oor die wêreld en oor die eeue; dit eggo as’t ware deur die kosmos.”

The War at Home: An interview with Bill Nasson

Bill Nasson, Naomi Meyer 2013-11-12 "Some (black people) were loyal and trusted servants of Boer families, others were participants in the running of the camp system. You could say that there were divided loyalties. Or, that for some there were no loyalties – they were just doing their best to get through the war."

Audi alteram partem (en die storie van 'n laerskoolkind)

Gustaf Pienaar 2013-11-12 “Die appèlregter was tevrede dat die hoof nie behoorlik opgetree het deur vir Jan van der Merwe uit die skool te skors sonder om sy kant van die saak te hoor nie. Die hoof het dus nie die audi alteram partem-reël toegepas wat sê "Hoor eers die ander kant van die saak voordat jy optree” nie.”

Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog

Jan JP van der Merwe 2013-11-12 "Die eerste politieke turbulensie wat die Vrymesselary in Suid-Afrika belewe het, was ten tye van die Groot Trek (1835–1838). Verskeie Voortrekkers was aktiewe Vrymesselaars, van wie Piet Retief die bekendste was."

Finding the writer where the stories begin

Thelma Mort, Linda Rode 2013-11-11 An interview with award-winning South African author Linda Rode about the award-winning book In die Nimmer-Immer Bos / In the Never Ever Wood.

Hoe die leser en die teks mekaar lees: Marlize Hobbs oor Shirmoney Rhode

Marlize Hobbs 2013-11-08 Shirmoney Rhode het op 4 November 2013 'n brief vir Nathan Trantraal geskryf. Marlize Hobbs reageer op Shirmoney se bydrae.

Mandament van Spolie

Gustaf Pienaar 2013-11-07 “Die Engelse het 'n spreuk wat lui: "Possession is 90% of the law"; en hoe waar dié spreuk is, blyk uit vandeesweek se verhaal.”

Die Skynmaagde prys ANC met “Wat 'n vriend het ons in Zuma”

2013-11-07 “Kerkorrel se aanprysing van PW Botha en die NP in hierdie konteks het ons laat besef dit is tyd vir die lied om in ’n moderne konteks voort te leef,” meen Die Skynmaagde. “Ons wou op soortgelyke wyse ons onvoorwaardelike liefde vir Jacob Zuma en die ANC aandui.”

Geldsake en aftreebeplanning

Schalk Louw, Naomi Meyer 2013-11-07 “? Persoon wat van ? boot afval, moet nie net swem om die boot weer te vang nie – hy moet swem om ? boot in te haal wat konstant vorentoe beweeg.” Schalk Louw vertel hoekom jy vandag al moet begin beplan vir jou aftrede.

Adel in Gent

Carina van der Walt 2013-11-06 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) en die Koninklike Akademie vir Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL) het pas in Gent ’n samewerkingsooreenkoms onderteken.

Hoe laag kan die standaarde daal?

Jason Lloyd 2013-11-05 "Miskien sou dit veilig wees om te sê dat die voorstel om voortaan studente toe te laat om self te kies in hoeveel jaar hulle ’n eerste graad wil verwerf, simptomaties is van die vervlakking van standaarde op bykans alle vlakke van ons Suid-Afrikaanse samelewing."

Belydenis van ’n pornoverslaafde

Eben Venter 2013-11-05 "Pornografie is ’n iets wat jy aan ’n universiteit bestudeer. Porno is meer soos Post Toasties of iets. Sommer vir brekfis. Dit het ’n huishoudelike ding geword."

Kô lat os praat! #prefablyinkaaps

Shirmoney Rhode 2013-11-04 "Die reality is warrit is, os kannitie deny nie, ma daas two sides to a story." Shirmoney Rhode antwoord Nathan Trantraal.

Skielike noodtoestand

Gustaf Pienaar 2013-11-04 “Die Mercedes en die Capri het só hewig gebots dat die Capri totaal afgeskryf is.”

Persverklaring: Afskaling van Afrikaans by Universiteit van Kwazulu-Natal

Kerneels Breytenbach 2013-11-01 PEN Afrikaans neem met groot kommer kennis van die Universiteit van Kwazulu-Natal se voorneme om die doseer van Afrikaans as taal af te skaal tot eerstejaarsvak.

"Geen truuks, net treats!"

Louwrens Potgieter, Izak de Vries 2013-10-29 Izak de Vries praat met Louwrens Potgieter oor CNA se promosie met die interessante naam “Geen truuks, net treats!”. Gedurende hierdie tydperk kry klante 20%-korting indien hulle drie of meer Afrikaanse boeke koop.

Bekendstelling en oorhandiging van Deel XIV van die WAT

2013-10-29 Die verwelkoming deur Arnold Schoonwinkel, voorsitter van die Direksie van die WAT, by die bekendstelling en oorhandiging van WAT XIV op 18 Oktober 2013.

Polisie skiet in noodweer; meisie gewond

Gustaf Pienaar 2013-10-29 "Isaac George was 'n deurtrapte skelm met 'n kriminele rekord wat vir niks geskrik het nie. Dit het onder meer ingesluit gewapende roof, waarvoor hy die doodstraf opgelê is, maar wat – gelukkig vir hom – op appèl versag is."

Die omvang van kerklike gesag en die toelaatbaarheid van debat

Jean Oosthuizen 2013-10-28 "Vader Reese se bedanking as hoofredakteur van die invloedryke weekblad was die gevolg van langdurige druk deur die kerkhiërargie op ’n redakteur wat geglo het aan redaksionele vryheid binne die raamwerk van sy mandaat."

Kwesbaar vir kwartlewenskrisis

Dayne Elizabeth 2013-10-28 “Ek het die term quarterlife crisis op die internet begin opmerk en bietjie meer daaroor begin lees. Ek het net al hoe meer en meer ongelukkig geraak soos wat ek besef het dat ek ondervinding moet opdoen vir die werk wat ek wil doen, maar hoe?”
Top