Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

ATKV-Woordveertjies 2013

Izak de Vries 2013-09-16 Die ontvangers van 2013 se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 13 September by D’Aria in Durbanville aangewys. Izak de Vries het foto's geneem.

Mediavryheid op NWU se Potchefstroomkampus

2013-09-11 PEN Afrikaans, ’n groepering skrywers, joernaliste, uitgewers, akademici en ander woordpraktisyns wat hul onder meer vir mediavryheid beywer, vind die sluiting van die Noordwes-Universiteit se studentekoerant, Die Wapad, ongerymd en betreurenswaardig.

Anastasia de Vries oor Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun.

Anastasia de Vries Boeke en skrywers 2013-09-11

"Jou kind is jou kind, ongeag. Volmaak geskape deur die Here onse God. Punt. Durf ek, wat myself ’n Christen noem, dan sy handewerk bevraagteken die dag as en wanneer my kind haar gay-wees aan my toevertrou?"

Vuurwarm Jan Braai

Jan Braai, Naomi Meyer 2013-09-11 Jan Braai se doelwit is om Nasionale Braaidag as dié vakansiedag op Suid-Afrikaners se almanak te laat uitstaan. Sy eerste boek, Vuurwerke, word beskryf as "’n omvattende ensiklopedie van hoe om te braai". Nou is sy tweede boek, Vuurwarm, op die rak. Naomi Meyer het hom kort voor Erfenisdag 2013 hieroor uitgevra.

Ilse van der Merwe gesels oor Jan Braai se Vuurwarm

Ilse van der Merwe, Naomi Meyer 2013-09-11 In Jan Braai se jongste boek, Vuurwarm, staan daar by die erkennings: "Ilse van der Merwe het aangebied om te help en sy was reg!" Maar wie is hierdie Ilse van der Merwe van wie Jan Braai praat?

Het einde van een tijdperk – drie prominente docenten aan de Universiteit Leiden nemen afscheid

Hendrik-Jan de Wit 2013-09-10 "Op vrijdag 6 september 2013 namen drie prominente docenten van de opleiding Nederlands aan de Universiteit Leiden afscheid. Eep Francken, Ton Harmsen en Peter van Zonneveld floreerden nog één keer in vol ornaat voor de sectie Letterkunde."

In Memoriam: Seamus Heaney

Malvern van Wyk Smith 2013-09-06 "Now he is gone. Moreover, he died in the very week of the 11th anniversary of that astounding visit in August 2002. The loss to the world of English letters is immense, and all over the world memorial services will be held and memories and appraisals will be voiced in many important places."

Moord onder dwang

Gustaf Pienaar 2013-09-05 "Gedurende die aand van 11 September 1970 het twee mans – wat in die latere hofsaak bloot as beskuldigdes 1 en 2 geïdentifiseer is – in die buitewyke van Knysna gestap."

SA Akademie: Opwindende bekronings en simposium op Stellenbosch

2013-09-05 Dodelike outonome robotte; 'n blik op die wanaanbieding van owerheidshulpbronne; die hoe en wat van biografie; is van die onderwerpe wat deur kundiges by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium (12/13 September) op Stellenbosch bespreek sal word.

Té eerlik om stemme te werf?

Mieke Vlok 2013-09-04 "Die pleidooie vir eerlikheid in die Suid-Afrikaanse politiek weergalm al jare deur die geskiedenisboeke. Op Woensdag 21 Augustus het Suid-Afrikaners uiteindelik dié gesogte eerlikheid gekry toe AgangSA se leier, Mamphela Ramphele, haar persoonlike finansies bekendgemaak het."

Score my 'n gwai – Marlize Hobbs en Nathan Trantraal gesels oor Marlize se jongste boek

Marlize Hobbs, Nathan Trantraal 2013-09-04 “Om te skryf is ’n eensame ding en dis oukei om soms eensaam te voel maar dan wil jy uit ’n state van connectedness uit slip into daai loneliness, die eensaamheid kan nie eerste wees nie, jy makeer ’n plek om na terug te keer as jy klaar geskryf het.”

Kaalvoet oor die highway

Alfred Schaffer, Clinton V du Plessis Onderhoude 2013-09-04

"Die skrywers Clinton V du Plessis en Afred Schaffer het mekaar by Cradock se Olive Schreinerfees raakgeloop en 'n gesprek het posgevat wat eenvoudig op LitNet voorgesit moes word ..."

Tuin van Digters 2013: Theo Kemp gesels oor die program

Theo Kemp, Naomi Bruwer 2013-09-03 Die Breytenbach Sentrum op Wellington bied op 14 September die Tuin van Digters aan. Naomi Bruwer het by Theo Kemp uitgevind wat alles by die fees aangebied word.

"Vrees het nie 'n kleur nie": Sophia Kapp se toespraak op die Kaapse Vlakte

Sophia Kapp 2013-09-03 Die skrywer Sophia Kapp het op 29 Augustus 2013 in Valhalla Park, ’n arm gemeenskap op die Kaapse Vlakte, ’n pleidooi gelewer vir vroue om hul regte op te eis. Sy deel haar toespraak by die geleentheid met LitNet se lesers. 

Clover Aardklop 2013: Tien skole ding mee om die titel van ATKV-Tienertoneelwenner

Naomi Bruwer 2013-09-03 Toneelgroepe van tien hoërskole ding tydens Clover Aardklop in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Naomi Bruwer het by Lizané Basson van die ATKV uitgevind wat die gehoor kan verwag.

Meeste huisrowe met hulp van binne uitgevoer

2013-08-30 Dis ’n alombekende feit dat ’n groot hoeveelheid huisrowe met hulp van binne uitgevoer word.

Sophia Kapp daag vroue uit om hul regte op te eis

Izak de Vries 2013-08-29 Die skrywer Sophia Kapp het op 29 Augustus 2013 in Valhalla Park, ’n arm gemeenskap op die Kaapse Vlakte, ’n pleidooi gelewer vir vroue om hul regte op te eis. Sy het statistiek van die Wêreldgesondheidsorganisasie aangehaal wat getoon het dat een uit elke twee vroue in Suid-Afrika aangerand of seksueel misbruik sal word gedurende haar leeftyd.

Die Deleen Bekkerprys vir die beste TV-draaiboek of Rolprent-draaiboek in Afrikaans

2013-08-29 Die prys wat uit R50 000 kontant en 'n 9 kt goue medalje bestaan, word toegeken aan die beste draaiboek wat in die voorafgaande twee jaar gebeeldsend is (in die geval van die TV-draaiboek) of vertoon is (in die geval van 'n Afrikaanse rolprent-draaiboek).

Die Afrikaanse Woord word tagtig

Jean Oosthuizen 2013-08-28 "Dit kan vertroosting of ontnugtering bring. Dit spreek van humor, liefde en genade, maar ook  van hartseer, oorloë en wreedhede. Vir sommige is dit heilig en ander noem dit ’n sprokiesboek. Die Bybel, die mees gelese maar sonder twyfel ook die mees omstrede boek, vier dié week sy tagtigste verjaarsdag in Afrikaans."

Die ATKV en LAPA Uitgewers: Japie Gouws lewer verslag

Japie Gouws 2013-08-28 "Die taalfokus van die ATKV is daarop gemik dat die ATKV ’n prominente rol speel in die behoud en uitbou van Afrikaans. Die ATKV se tale-afdeling is daarvoor verantwoordelik, maar ook LAPA Uitgewers."
Top