Die SBA en LitNet was in die winter van 2013 by Laerskool Rietenbosch in Cloetesville om boeke te skenk. Op daardie stadium was die skool se biblioteek nog nie ingerig nie.
![]() |
![]() |
Op 7 Februarie 2014 is daar in die lokaal wat nou ook dien as die skool se biblioteek, bedrywige vyfjariges geesdriftig aan die werk. | Roy van Rooyen, die skoolhoof, vertel trots dat Chinees as vak by hierdie skool aangebied word. |
![]() |
![]() |
Verlede jaar was die lokaal nog nie ingerig nie, maar vanjaar staan daar reeds heelwat boeke op netjies rakke – onder andere hierdie ensiklopedie waarna die kinders op die foto kyk, Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap deur Laura Howell en Elizabeth Dalby. |
![]() |
![]() |
Sibulelo Phalla en Donadene Jumat is albei graad 3-leerders. Hulle klank albei hulle name sodat dit neergeskryf kan word. |
Die volgende boeke, almal deur Protea uitgegee, is op 12 Junie 2013 aan die skool geskenk:
Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap deur Laura Howell en Elizabeth Dalby
Voorskoolse werkboek deur Richard Scarry
Die geheim van die keel van die nagtegaal deur Peter Verhelst
Raserige dinosourusse deur Lee Wildish.
Sign up for LitNet’s free weekly newsletter. | Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief.