Waarna luister Nina Schumann?

  • 0

Naomi Meyer gesels met musikante, musiekkenners en musiekliefhebbers in die wêreld van klassieke musiek. Vandag is Nina Schumann aan die woord.

 

Naam

Nina Schumann

Beroep

Pianis; dosent aan Universiteit Stellenbosch

Watter rol speel musiek in jou lewe en hoe is jy daarby betrokke?

Ek is 'n musikant sedert ek met vioollesse begin het en dit vorm die kern van my loopbaan. Ek is ’n pianis en speel konserte, gee les aan belowende pianiste en is nou betrokke by die administrasie van die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees.

Na watter instrument luister jy graag?

Strykers.

Wat is jou gunsteling-lied of -snit (en, as dit vir jou belangrik is, ook die orkes of persoon wat dit vertolk)?

Daar is te veel gunstelinge vir my om op te noem. Ook verander 'n mens se smaak soos jy meer leer of ouer word!

Wie is jou musiekhelde?

Sviatoslav Richter.

Na watter ander musiek luister jy ook graag?

Ek luister bitter min na musiek – ek hoor dit heeldag as deel van my werk, so as ek luister, is dit om óf te ontleed óf af te skakel. Laasgenoemde is 'n holiday mix wat definitief Queen insluit!

Het die musiek waarby jy betrokke is, nog 'n rol te speel in Suid-Afrika vandag, en indien wel, en waarom?

Natuurlik het dit nog 'n rol te speel – dit is deel van ons kultuur! Ek is grootgemaak op Afrikaanse popmusiek en die Top 20, maar my musikale keuse was klassieke musiek. Elke persoon in Suid-Afrika oefen 'n keuse uit en klassieke musiek val gemaklik in as opsie.

Sien ook hierdie video waarin Nina Schumann optree:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top