US Woordfees 2014: Affer innie pad

  • 0

Sit die wil in Cloetesville by vanjaar se US Woordfees. Word uit vrye wil in 'n taxi ontvoer in affer innie pad.

Die US Woordfees se program sê: "Klim innie taxi samit Leatitia en Hilton en gan op ’n joyride deerie dorp na ’n hys in Cloetesville. ‘Matilda en Henrikkie’ sil stories vertel vannie community wat jou sal laat hyg. R125 virrie entertainment ennie taxi se geheneweer. Nogge paa sente vi Kabous se basaartafel."

Naomi Meyer het vir Matilda en Hendrikkie gaan vra oor die dolle jaagtog na binne.

Matilda en Hendrikkie, dankie dat ons kan gesels. Vertel my asseblief wie julle is?

Matilda en Hendrikkie is twee impossible karakters wattie gat met alles en ammal skeer. Matilda is in haar daytime die mens Leatitia Solomons en Hendrikkie lewe eintlik as Hilton Andries, of soes onse mense hom innie strate en innie hyse ken, as Mandela – ammal het kleintyd gegloe hy gan so slim wies soos Mandela.

Hoe ken julle twee Cloetesville so goed dat julle al sy geheime gaan verklap?

Ons het hier grootgeword, ma’ Mamma het os mooi geleer jy praatie alles ytie huis ytie.

Hoekom noem julle die show Affer innie pad? Is Cloetesville dan nie juis die hart en siel van die partytjie soos wat ander dele van Stellenbosch die centre of the universe vir die mense is wat nou weer dáár bly nie? Dink julle juis die mense wat in Dorpstraat of in Mostertsdrift woon, dink Cloetesville is affer innie pad?

Cloetesville ís mos affer innie pad! Geographically speaking lê Cloetesville se onderkant literally affer van orals. Die larnies van Dorpstraat en Mostertsdrif (en waa’s daai nou eintlik geographically speaking?) wiet swietol van ons, anners sil hulle mossie vi’ ons eenkant toe geskywe ’t toet hulle die group gemaak nie. Anyways, onse mense loep kuier ookie in Mostersdrif nie – net as daa’ ’n job of ’n ding vir die special Cloetesville-talent gevra word.

Julle het self die stories vir Affer innie pad geskryf. Is dit alles die waarheid?

Of course. Selfs darie waarheid wat seer maak. En gloe ma’ vi’ ons – da’s waarheid wat séér maak! Ma’ dissie alles snot en trane nie; da’s darem lekke lag oek.

Mense in Stellenbosch woon maklik in hulle eie klein borreltjies en maak of die res van die dorp nie bestaan nie. Wie hoop julle gaan Affer innie pad kom kyk?

Mense kom kyk wat wil wiet vannie lewe affer innie pad. Mense wat gehoo’ ’t van daai famous plek Cloetesville, ma’ nie wiet wa’ is hierie cosmopolitan ’hood mit al sy gangs en sy kerke en sy skole en sy anties en stoutgat kinners en, moenie vergiet van ant Kabous se famous vetkoek nie.

Nie net kom kyk nie, ook kom saamry. Mens klim mos in ’n taxi en dan gaan mens op ’n joyride, vertel die program. Hoekom so?

’n Taxi is mos ’n way of life. Dis wa’ jy alles hoor. Soes ons affer innie pad ry vertel ons van osse struggles en osse highlights, maakie juis saakie, die vashou van jou groceries is priority. Ons het musiek oek – wat isse taxi dan sonde’ sy musiek. En dis ons eie spesiale Affer innie pad song wat specially gesing word.

Ek hoor Affer innie pad vertel van die verlede en van vandag se tyd. Hoe dink julle lyk die toekoms?

Die toekoms? Is mos rosy, of soes os sal sê, colourful. Ma’ ons crystal ball waa’sku da’em ook teen allie challenges langs die pad. Soes inne reality check, sien.

 

 


 

Stellenbosch - affer innie pad

Aangebied deur Stellenbosch 360

12 -16 Maart 14:00 | bussies vertrek vanaf Markstraat 36 (Toeristeburo)| 120min | R125

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top