Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Van dink na doen: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen
2021-09-02Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Christi van der Westhuizen (skrywer, politieke ontleder en medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-rassigheid en Demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit).
Die noodsaak vir maatskaplike kohesie
2021-09-02"Een van die organisasies wat betrokke is by die helingsproses in die Phoenix-omgewing is die Privilege-stigting van Barend la Grange. Die organisasie was al by verskeie dorpe betrokke om vyandigheid en wrewel in te perk voordat dit tot gevaarlike uitbarsting kom, soos by Senekal in die Vrystaat verlede jaar. Sy benadering om maatskaplike kohesie te bewerkstellig, is nog die maklikste, beste, mees praktiese wat ek nóg teëgekom het."
Nêrens, Noord-Kaap op kykNET: ’n onderhoud met Nico Scheepers
2021-09-02"Op die verhoog moet ’n woord of die draai van ’n frase jou hartsnare roer; hier kan die sweef van ’n kamera deur die veld ’n gedig word."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Annelize Crosby
2021-09-01Wat kan positief aan grondhervorming wees? Wat van voedselsekerheid? En onsekerheid vir buitelandse en binnelandse beleggers? Freek Robinson gesels met Annelize Crosby, hoof van Grond en Regsake: Agri SA.
Is poverty porn eties?
2021-09-01"Die probleem daarmee is wanneer dit aan die groot klok gehang word. Die probleem is dat persone geïdentifiseer word."
Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha
2021-08-31"Ons hoop dat mense wat nog nooit by ’n fees was nie, iets van die ervaring van by ’n fees wees, op die TV sal beleef." Saartjie Botha oor vanjaar se Toyota US Woordfees wat op die TV uitgesaai sal word.
Die Delta-variant en die effek op swanger vroue en op kinders
2021-08-30"Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) maak elke maand ’n verslag bekend oor die data van COVID-19-gevalle in kinders, dus almal onder 19 jaar. Altesaam is 10,3% van die positiewe gevalle in die land kinders, van wie minstens 15 000 al sedert die begin van die pandemie in die hospitaal opgeneem is, met 500 sterftes."
Reguit met Robinson: A Zoom conversation with Sham Maharaj and Nonku Zungu
2021-08-26Phoenix, Durban, was a flashpoint in the recent violence and looting in KwaZulu-Natal and Gauteng. Freek Robinson interviews members of a peace committee, Sham Maharaj and Nonku Zungu.
Die leefwyse van ons vroeë mense: ’n onderhoud met Niel le Roux en Rachelle Greeff
2021-08-25"Die Stigting vir bemagting deur Afrikaans poog met hierdie tipe taalerfenisprojekte om daardeur by te dra tot nasiebou, respek vir en begrip vir en van ons diverse kultuurlandskap. Is die vroeë mense se storie ons almal s’n? Beslis, volgens die SBA."
Xinjiang – skaakmat?
2021-08-25"Gewelddadige subversie teen die staat het die lyding van baie onskuldige mense veroorsaak, net soos die uiterste beperking van vryheid nou doen."
Afrikaanse letterkunde laat regsmense met nuwe oë na sake kyk
2021-08-25"Hedendaagse temas in die letterkunde wat met vrug vir regspleging ontgin kan word, is onder meer vraagstukke wat handel oor die regulering van grondeise, genetiese manipulasie, genoomkartering, kunsmatige intelligensie en aardverwarming ..." – Melodie Labuschaigne
Die waarde van boeke – wat behels dit?
2021-08-25"Taal is ’n kommunikasiekode, maar daardie kode weerspieël ons kultuurkode, amper soos ons genetiese kode ons van ander diere onderskei."
Alle problemen begonnen met Van Riebeeck: de verbazende oogst van tien jaar journalistiek werk in Zuid-Afrika
2021-08-24"Zijn nieuw boek is verbazingwekkend omdat het de geschiedenis van Zuid-Afrika vanaf de komst van commandeur Van Riebeeck in 1652 samenbalt tot een snedig, verrassend en soms ontroerend verhaal. Het is uitermate leesbaar."
Blokkettings, die platform vir kriptogeld – wat moet jy weet?
2021-08-20"’n Blokketting is niks minder of niks meer nie as ’n aantal registers wat op ’n baie spesiale manier deur enkripsie beskerm word. ’n Blokketting is jou kontrak, jou betaalstaat, jou bewys van betaling, alles in een."
A lesson still not learnt
2021-08-19"Yet the very legitimate criticisms of American actions are not being applied to South Africa’s present involvement in Mozambique’s civil war ... South Africa should not replicate America’s grievous mistakes."
Die einde van ’n asimmetriese oorlog
2021-08-19"Gewapende nasiebou het nog nooit gewerk nie," sê Abel Esterhuyse, hoogleraar in strategiese studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die onttrekking van Amerikaanse troepe aan Afghanistan.
"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek
2021-08-19"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.
Afghanistan: “Dit is takties ’n moeilike situasie.”
2021-08-18In hierdie onderhoud gesels Thinus oor die tye wat hy as soldaat in Afghanistan deurgebring het. Hy is ook eerlik oor die redes waarom verhoudinge tussen die plaaslike bevolking en die geallieerde magte nooit kon wees wat die Weste gedroom het dit sou wees nie.
Reguit met Robinson: A Zoom conversation with Imtiaz Sooliman, founder of Gift of the Givers
2021-08-18Imtiaz Sooliman shares with Freek Robinson his late-night calls to get people out of hostage situations and evacuate them from countries under siege, and how, right now, he is involving foreign governments yet again to help South Africans under siege.
Is duck ’n dive ’n vereiste om president te wees?
2021-08-18"As Zuma se duck ’n dive ’n pantsula is, dan is Uncle Cyril s’n ’n statige wals. Die effek is dieselfde: Ons as onwillige dansmaat en verstomde toeskouer word elke keer met leë arms en meer vrae as antwoorde gelaat. En steeds dans ons voort. En steeds kies ons dieselfde dansmaat."
