Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Is navorsing oor slawerny vandag nog steeds relevant?

Carien Smith, Chris L de Wet Onderhoude 2015-09-22

"Daar is vandag steeds miljoene mense wat hulself in ’n vorm van slawerny, dwangarbeid, of “trafficking” bevind. Dus kan die krities-teoretiese studie van slawerny, soos in die geval van doulologie, ons ook help om hedendaagse slawerny beter te verstaan en te bekamp."

Palmyra: die vernietiging van die tempels van die “Venesië van die Woestyn”

Izak Cornelius, Pieter GR de Villiers Onderhoude 2015-09-16

"Die Jodedom, Christendom en ook Islam het nie in ’n lugleegte ontstaan nie. Hulle het teen ’n bepaalde kultuurhistoriese agtergrond ontwikkel. Om hulle te begryp, word ou monumente en tekste bestudeer, ook besonderse plekke soos Palmyra."

Chris Chameleon, Boerseun in 'n punkpienk minirok

Chris Chameleon, Jean Oosthuizen Onderhoude 2015-09-14

"Afrikaans is ʼn taal, is ʼn mens. Jy praat hom en/of hou van hom of nie. Ek hou van hom. Eintlik is die taal vir my ʼn 'haar'. Sy sit gemaklik in my mond, ek worstel graag om haar kinkels my denke uit, sweet graag om haar kurwes my doene uit."

'n Gesprek oor kinderteater, Vryfees 2015 en Vlooi in Egipte

Margit Meyer-Rödenbeck, Naomi Meyer, Johannes Meyer Teater 2015-08-21

"Mamma, begin ons vandag weer by die begin van die show of waar ons gister opgehou het?"

Google se nuwe ABC

Christa Morrison, Naomi Meyer Onderhoude 2015-08-12

"Soekenjins werk volgens algoritmes. Dit is nie staties nie – algoritmes word gereeld aangepas."

Keelvol kunstenaars kap korrupsie

Jean Oosthuizen, Mike van Graan Onderhoude 2015-08-05

"Ons moedig kunstenaars aan om by die veldtog teen korrupsie betrokke te raak, omdat dit in belang van alle landsburgers en kunstenaars is dat korrupsie in die kiem gesmoor word."

Post-Mandeladag: jou 67 taalminute

Michael le Cordeur, Naomi Meyer Onderhoude 2015-07-23

"Maar om ‘n ander se taal aan te leer beklee jou met mag, want nie alleen verstaan jy wat hy praat nie, deur sy taal te verstaan, leer jy ook hoe sy kop werk, en wat sy hartsbegeertes is."

Decolon i sing Wits - an act of epistemic disobedience

Aryan Kaganof, Naomi Meyer English 2015-07-10

"It is hard to decolonise because it is quite difficult to understand what 'colonised' means, especially when you're colonised. For this reason I prefer to think of what happened in this country in terms of kidnapping."

Spogprys vir wetenskap in Afrikaans

Jean Oosthuizen, Andreas van Wyk Onderhoude 2015-07-01

Die Jan H Marais-prys van ’n halfmiljoen rand word vanaf volgende jaar jaarliks uitgeloof uit erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

Die noodsaaklikheid van 'n totaal “ander” teologie

Jean Oosthuizen, Sakkie Spangenberg Onderhoude 2015-06-23

"Aangesien die huidige aarde moet vergaan, kwel die ekologiese krisis min Christene. Van hulle vra: Waarom moet ons moeite doen om die aarde te red as dit tog eendag moet vergaan?"

Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer

Jean Oosthuizen, Pieter Kapp Skrywersonderhoude 2015-06-11

Jean Oosthuizen het met Pieter Kapp, die skrywer van Nalatenskappe sonder einde, gesels oor die onuitwisbare spore wat Jannie Marais in Suid-Afrika nagelaat het.

Gys de Villiers: "'n Afrikaner alien of extraordinary ability ..."

Gys de Villiers, Paula Fourie Onderhoude 2015-06-09

Vanuit New York gesels Gys de Villiers oor Afrikanerskap, identiteit en die moontlikheid van ontsnapping.

Red ons taal

Jean Oosthuizen Skole 2015-06-03

"Afrikaans beskik oor norme en standaarde wat deur die jare geskep is, asook ’n goedontwikkelde wetenskapstaal en akademiese taal – ons hoef dus nie woorde of terme te gaan soek nie, dit bestaan reeds en ons kan dit gebruik. Die manier waarop ons dit gebruik, hang van sprekers se houding teenoor taalgebruik af."

Waar lê die uitklophou vir Afrikaans?

Jean Oosthuizen, Wannie Carstens Onderhoude 2015-05-08

"Ons het so baie om trots op te wees rakende Afrikaans wat ons oor 90 jaar bereik het: ons letterkunde, ons woordeboeke, ons vaktaal, die gehalte van studente wat in Afrikaans aan ons universiteite opgelei is, ons vermoë om planne te maak as ons in ’n drukgang kom [...], ons verenigings wat voortreflike werk doen, ons kunstefeeste, ons mense wat op soveel vlakke die land dien. So kan ’n mens aangaan. Kom ons koester wat ons het en bou daarop voort."

Groen ekonomie kan die planeet red

Jean Oosthuizen, Elwil Beukes Onderhoude 2015-04-29

Die wêreld staan voor ’n ekonomiese keuse wat die toekomstige welstand van die hele mensdom kan bepaal. Is die katastrofale gevolge van die aarde se oorbenutting dalk nader as wat ons dink?

Strydkamer moet die land van duisternis red

Jean Oosthuizen, Christo van der Rheede Onderhoude 2015-04-29

Die elektrisiteitskrisis kos die land elke maand miljarde rand. Baie Suid-Afrikaners verkeer letterlik en spreekwoordelik in die duister oor die land se energiesituasie. Jean Oosthuizen het met Christo van der Rheede gesels om uit te vind hoe ernstig die situasie is en hoe dit die ekonomie raak.

Hoeveel is een plus een in Kubaans?

Jean Oosthuizen Skole 2015-04-21

Jean Oosthuizen het met Fedsas se provinsiale bestuurder in die Vrystaat, Chris Verhoef, gesels oor die departement se planne om Kubaanse onderwysers in te voer.

Is Al-Qaeda regtig in Suid-Afrika bedrywig?

Jean Oosthuizen Skrywersonderhoude 2015-04-14

"Daar is meer as genoeg bewyse van wat in ons land aan die broei is."

ABSA KKNK 2015: Koeitjies en kalfies met Marion Holm

Marion Holm, Naomi Meyer 2015-04-01 Marion Holm (foto: Naomi Bruwer) Marion Holm is skreeusnaaks. Maar vanjaar by die ABSA KKNK oorreed dié komediant en storieverteller haar gaste om hul spesiale stories by die ATKV-Karoo Kafee vir háár te vertel. Sy vertel vir Naomi Meyer hoekom die feesgangers moet kom luister. Hallo Marion, met wie gaan jy vanjaar by die KKNK […]

Tien vrae: Joan Hambidge oor Matriks

Joan Hambidge, Naomi Meyer 2015-03-24 "Die gedig sal terugkom of sig aanmeld wanneer die tyd reg is. Skryf is ’n dissipline. Inspirasie moet daar wees, maar die werklike digproses is om al die buie te kan akkommodeer: ’n pynlike ervaring of herinnering; die dood van ’n geliefde of verhouding."
Top