Google se nuwe ABC

  • 1

 

Christa Morrison doen navorsing oor ontwikkelings in die media en tegnologie.

Naomi Meyer gesels met haar oor 'n produk wat ons almal so goed ken, dis al lankal 'n werkwoord.

google1

Fotobron: google.com

 

Christa, ek hoor oor die radio (dis nou vir jou 'n outydse inligtingsbron, of hoe?) ...

Nee – nie oud nie; kyk na hierdie baie onlangse Suid-Afrikaanse statistieke – waar adverteerders hul geld spandeer is waar gebruikers (lesers/luisteraars/kykers) gevind word (bron: Limelight Boutique Media Agency):

“Media spend, by advertisers, has increased roughly 8,1% annually over the last four years.

– In South Africa (very different to Europe and the US, for example), the three traditional media of TV, radio, and print (including newspapers and magazines) are by far the leaders in advertisers' interest

– Digital (or online via mobile or desktop) is, however, increasing rapidly. Consumers are viewing content online three times more than they were back in 2010.”

google_alphabet650

Bron: thestack.com

… dat Google as maatskappy oornag na Alphabet verander het. Hulle sê dis om ekonomiese en maatskappyredes en dat die soekenjin se naam dieselfde sal bly. Is dit so?

Ja, dit is ‘n nuwe besigheidsmodel en is volgens Larry Page, medestigter van Google 11 jaar gelede, se aankondiging op sy blog:

“Our company is operating well today, but we think we can make it cleaner and more accountable. So we are creating a new company, called Alphabet. I am really excited to be running Alphabet as CEO with help from my capable partner, Sergey, as President.

“What is Alphabet? Alphabet is mostly a collection of companies. The largest of which, of course, is Google.

“This new structure will allow us to keep tremendous focus on the extraordinary opportunities we have inside of Google.

“We are excited about …

  • Getting more ambitious things done. 
  • Taking the long-term view. 
  • Empowering great entrepreneurs and companies to flourish. 
  • Investing at the scale of the opportunities and resources we see. 
  • Improving the transparency and oversight of what we’re doing. 
  • Making Google even better through greater focus. 
  • And hopefully ... as a result of all this, improving the lives of as many people as we can.”

Ons almal raak tog so gou geheg aan ‘n ding en dan voel dit of dit ewig so sal bly. Dit skommel half mens se bootjie as iemand nou loop staan en ‘n naam verander, of hoe?

In hierdie geval nie regtig nie. Die deel van die moederfirma Alphabet wat steeds as Google bestuur sal word en so bekend sal wees, is onder andere hul grootste inkomstebron, die soekenjin. 

Vroeë aanduiding is dat hierdie besighede van die ou Google nou onder die nuwe naam Alphabet bestuur sal word: http://time.com/3991798/google-alphabet-companies/

google3

Foto: webtech.fr

Wat beteken dit vir ons, gewone internetgebruikers, hierdie naamsverandering?

Vir gewone internetgebruikers beteken die nuwe fokus en bestuur van Google dat ons oor tyd waarskynlik meer en nuwe opwindende produkte tot ons beskikking sal hê wat ons lewensgehalte en -styl kan verbeter.

Vir beleggers beteken dit dat hulle nou in meer besonderhede sal kan sien watter dele van die totale besigheid verantwoordelik is vir watter inkomstes en uitgawes.

Dink jy soekenjins in die algemeen doen wat van hulle verwag word: naamlik om vir mense die inligting te verskaf waarna hulle soek?

Soekenjins werk volgens algoritmes. Dit bepaal die resultate wat tot jou beskikking gestel word. Dit is nie staties nie – algoritmes word gereeld aangepas. Dit hang ook af van hoe goed die gebruiker hierdie algoritmes verstaan en hoeveel kennis daaroor beskikbaar is. Saamgevat: jy soek binne ‘n raamwerk; jy moet die grense verstaan om die resultate na waarde te kan skat.

Is die primêre doel van 'n soekenjin die sortering van inligting vir die gebruiker?

Page se verduideliking van waarom die naam Alphabet, beantwoord hierdie vraag mooi:

“We liked the name Alphabet because it means a collection of letters that represent language, one of humanity’s most important innovations, and is the core of how we index with Google search! We also like that it means alpha-bet (Alpha is investment return above benchmark), which we strive for!”

Wat jy moet onthou, is: die soekenjin is ‘n besigheid wat geld genereer. Net soos elke koerant, tydskrif, radiostasie, TV-kanaal, boek, aanlyn publiseerder ook winsgewend moet wees om te kan aanhou bestaan en om ‘n goeie diens te kan lewer.

google4

Fotobron: www.scmp.com

Is Google na jou mening ‘n monopolie, of watter ander soekenjins is ook so gewild dat hul naam ‘n werkwoord geraak het?

Daar word gereken dat Google 90% van die mark besit in die meeste lande. Ek kan nie aan ‘n ander woord as monopolie dink om Google te beskryf nie. Bing, Yahoo! en DuckDuckGo word ook gebruik hier in die Weste. In die Ooste, Baidu (China) en Bandex (Rusland).

Sien: http://connect.icrossing.co.uk/search-engine-infographic-2015-the-countries-that-stand-between-google-and-total-world-domination_12563.

Soekenjins is nog nie so lank met ons soos wat ons soms dink nie – die eerste, primitiewe soorte het in 1990 opgeduik en Google se geboorte was in 1996. Hoekom het dit ontstaan – was ensiklopedieë dan nie genoeg nie?

Die antwoord is die ontwikkeling en vooruitgang van tegnologie, soos wat ons dinge meer effektief kan bestuur, word dit gedoen. Dit maak meer sin en dit is meer kosteeffektief om groot hoeveelhede data van enige vorm op ‘n rekenaarstelsel te stoor en dit dan beskikbaar te stel aan gebruikers wat geografies wyd versprei is. Dit kan gemanipuleer word sodat op verskillende maniere daarna gekyk kan word, ens. Neem die slim sagteware wat data op kaarte en grafieke kan visualiseer as voorbeeld.

Hoe lyk die toekoms van die soekenjin?

Die grootste invloed op ons soekgewoontes is die snelstygende beskikbaarheid en gebruik van mobiele toestelle, die gebruik van toepassings en hoe sosiale media gebruik word. Die soeke na inligting raak meer kontekstueel en gespesialiseerd – as jy die weervoorspelling wil hê, gebruik jy jou Weather toepassing’ as jy beleggingsnuus soek, dalk jou Economist toep; as jy aanwysings soek, jou Maps toep; ‘n film, Netflix, ens. Ons sal waarskynlik ook minder hande nodig hê om inligting te soek – ons stemme en ander maniere van kommunikeer (dalk oogbewegings) sal ons hierdie vryheid gee. Alternatiewe voorstelle, soos dié wat tans op Amazon en Netflix gegee word, geskoei op jou versoek en soekgedrag, sal ook toeneem. Die internet-van-alles (tegnologie in alle sfere van die mens se lewe wat met mekaar verbind sal wees), die toename in data wat so gegenereer sal word wat verbruikersgedrag verteenwoordig en sal probeer voorspel, sal soekresultate al hoe meer beïnvloed en van die mees florerende besighede wees in die toekoms. Intelligente netwerke (persoonlike assistente) sal in baie gevalle verseker dat resultate en antwoorde ons vind voor ons nog die vrae hoef te vra of resultate hoef te gaan soek. Siri, Cortana en Google Now is huidige voorbeelde hiervan.

googledoodle650

Bron: google.co.za

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top