Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Maanskyn en rose? 'n Gesprek oor liefdesverhale

Carolyn Meads, Naomi Meyer Onderhoude 2016-05-20

"Om voortdurend op ’n geloofwaardige manier die spanning tussen die held en die heldin te behou, verg vernuf. Boonop word daar van ’n liefdesverhaalskrywer verwag om die emosie van ’n ontluikende romantiese verhouding so getrou uit te beeld dat die leser dit ervaar asof sy sélf weer van voor af verlief raak – nie ’n eenvoudige taak nie."

Die tyd van ons tydlike wese: Carien Smith gesels met Anné Verhoef

Carien Smith, Anné Hendrik Verhoef Onderhoude 2016-05-18

"Ricoeur voer aan dat ons gebore word in ’n horison van betekenis wat reeds teenwoordig is – ons bevind ons altyd alreeds in ’n lewenswêreld, nie net in ’n wêreld nie. "

'n Gesprek oor huistale: Estelle Kruger gesels met Albert Weideman, Sanet Steyn en Colleen du Plessis

Albert Weideman, Sanet Steyn, Estelle Kruger Onderhoude 2016-05-03

"[V]erbeeldingloosheid in taalonderrig en taaltoetsing is ons grootste vyand."

’n Gesprek oor Suid-Afrikaanse opera: Etienne Viviers gesels met Mareli Stolp

Etienne Viviers, Mareli Stolp Onderhoude 2016-04-21

"Ek glo nie in slegs ’n enkele idee van wat 'Afrika', 'Afrikamusiek' of 'Afrikaïese musiekpraktyke' is nie – elke individuele kunstenaar moet self besluit hoe hulle gaan woeker met die land waarin hul bly, hoe hulle gaan omgaan met die ongelooflik ryk materiaal wat hul omgewing hul bied, hoe hulle gaan skep."

Onderhoud: Om vir Pa te vertaal

Naòmi Morgan, Naomi Meyer Teater 2016-03-18

Naòmi Morgan is op pad na KKNK 2016 omdat sy en een van haar MA-studente die Franse dramaturg Florian Zeller se Le Père vertaal het. Sy gesels met Naomi Meyer.

Die geval van Romeine 13:1–7: Carien Smith gesels met Bernard Lategan

Carien Smith, Bernard Lategan Onderhoude 2016-03-17

"Owerhede mag wel hul gesag van God ontvang, maar dan rus die verpligting op hulle om as dienaars van God op te tree en die goeie te dien. As hulle hierdie roeping versaak en hul mag misbruik, verval die verpligting om gehoorsaam te wees en word burgerlike ongehoorsaamheid ’n praktiese opsie."

Onderhoud: 'n Tweede kans in die lewe

Estelle Kruger, Liezel Frick, Faith Langeveldt Onderhoude 2016-02-23

Dis nooit te laat om verder te studeer nie. In hierdie gesprek lees 'n mens van 'n volwasse student wat te midde van moeilike omstandighede die leer van verdere studie moes klim - en uiteindelik bo uitgekom het.

Die verhouding tussen navorsing en onderrig by universiteite - 'n gesprek

Linda du Plessis, Estelle Kruger Onderhoude 2016-02-09

Linda du Plessis kyk krities na die verhouding tussen onderrig en navorsing by universiteite: "Leer kan sonder onderrig plaasvind, maar onderrig kan nie sonder leer plaasvind nie."

US-taaldebat: “Ons sal luister, maar ons sal nie stilbly nie”

Jean Oosthuizen, Jan Heunis Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-03

Jean Oosthuizen het met die nuutverkose president van die US-konvokasie, Jan Heunis, gesels om uit te vind watter rigting hy wil inslaan.

Suiwer goud: Errol Tobias gesels oor die groen en goud

Errol Tobias, Jean Oosthuizen Onderhoude 2016-02-03

"Kwota en meriete sit nie langs een vuur nie."

’n Plek waar ek tuis voel: Carien Smith gesels met Franci Greyling oor haar navorsing en Mooirivier: weerspieëling en weerklank

Carien Smith, Franci Greyling Onderhoude 2016-02-03

"Die betekenis en gevoel wat met sin van plek vereenselwig word, word oa opgebou deur persoonlike ervarings, stories en inligting oor die plek, en die wisselwerking tussen individu, gemeenskap en plek. My eie sin van plek, wat tydens die navorsing verdiep het, het sonder twyfel in die vormgewing van die werk neerslag gevind."

Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries

Jerzy Koch, Tertius Kapp Skrywersonderhoude 2016-01-29

"Kom ons sê daar is twee basiese perspektiewe op die literatuur in Suid-Afrika: die eksklusiewe siening en die inklusiewe. Al twee het voor- en nadele, bring nuwe insigte, maar verberg iets op ander plekke."

Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

Marise Oberholzer, Naomi Meyer Skole 2016-01-29

"Daar is mense wat begrippe in wiskunde maklik onder die knie kry en ander wat langer neem om dieselfde begrippe te bemeester. Ek sien egter gereeld met my klasse hoe kinders skielik lief raak vir wiskunde en dan begin presteer. Die kinders vir wie wiskunde nie so natuurlik kom nie, kan met baie herhaling en baie oefen ook goed presteer."

Het meertaligheid die boot gemis?

Jean Oosthuizen, Wannie Carstens Onderhoude 2016-01-28

"Afrikaanssprekendes is deel van hierdie land en het die reg om hier te wees. Die wyse waarop ons hierdie reg opeis, bepaal egter die uitkoms hiervan."

Wonder jy of jy vanjaar moet gaan skoolhou in Korea?

Michelle Rautenbach, Naomi Meyer Skole 2016-01-14

"As jy lus is vir ‘n nuwe blaadjie omslaan en ‘n baie groot uitdaging, klim op die volgende vliegtuig."

Omri van Zyl oor El Niño, voedselinflasie en velkleurbeheptheid

Omri van Zyl, Naomi Meyer Onderhoude 2016-01-14

"Ons moet kwaliteit boaan ons prioriteite stel – kwaliteit in alles: mense, vervaardiging, ekonomie. Ons gaan dit moet laat gebeur."

Gesprek: "Meneer, ek wil net iets word ..."

Estelle Kruger, Henry Fillies, Aslam Fataar Onderhoude 2015-12-10

Hoe styg 'n werkersklaskind uit bo sy omstandighede? Hier gesels drie opvoedkundiges oor hoe jou denke jou keuses beïnvloed.

Tel jou woorde voor jy skryf

Jean Oosthuizen, Ernst Kotzé Onderhoude 2015-12-09

Mense wat  dink hulle kan lasterlike sms-boodskappe of haatspraak op sosiale media onder vals profiele die wêreld instuur en daarmee wegkom, kan hulle lelik misgis en hulle rieme in die hof styfloop.

Laat die kinders hoor

Dirk Koekemoer, Jean Oosthuizen Onderhoude 2015-11-26

ʼn Mediese dokter wat ʼn passie het vir kinders met gehoorgestremdheid, het onlangs ʼn revolusionêre toestel gepatenteer om kinders se gehoor in ʼn japtrap by die skool te toets.

Die Jan H Marais-prys bevorder Afrikaans as wetenskaptaal

Dioné Prinsloo, Naomi Meyer Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015-11-25

Almal praat oor die vrae rondom Afrikaans as wetenskaptaal. Dioné Prinsloo gesels in hierdie onderhoud met Naomi Meyer oor die ruim Jan H Marais-prys wat erkenning gee aan 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.

Top