Onderhoude
Interviews about topical issues
Wanneer Ouma en Oupa die kinders grootmaak – 'n gesprek
2017-02-02Dit is die begin van ’n nuwe skooljaar. Wie sien smiddae om na die kinders? Issie Jacobs en Susan Brink gesels met Naomi Meyer oor hul navorsing rondom die versorgende rol wat baie grootouers in hul kleinkinders se lewens speel en oor hul artikel in LitNet Akademies.
#FeesMustFall: vervreemding en protes
2017-02-01“Staatsingryping, wat outonomie direk bedreig, vergrote toegang en dus meer studente, swakker befondsing, verlies aan vermoë as gevolg van talle faktore en sosiale en politieke onstabiliteit is besig om die universiteitswese in Suid-Afrika in gevaar te stel.”
Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus
2017-01-30"Standaardafrikaans is volwaardig Afrikaans en so ook Kaaps."
Kettinggesprek: Charlyn Dyers gesels met Wannie Carstens oor Ons kom van vêr
2017-01-23"[D]it [is] een van die boeke waarin die bruin sprekers van Afrikaans self aan die woord kom, en daar word nie óór die bruin sprekers geskryf nie. Dit is vir my ’n groot wins."
“Swartafrikaans”: Afrikataalmoedertaalsprekers en Afrikaans?
2017-01-18Navorsers Ansie Maritz en Jako Olivier gesels met Menán van Heerden oor hul artikel "Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans".
Verbeter jou wiskunde- en wetenskappunte vir tersiêre studie
2017-01-18SUNSEP-kollegas gesels met Naomi Meyer oor die SciMathUS-program, wat matriekleerders in staat stel om hul wiskunde- en wetenskappunte te verbeter en daardeur te kwalifiseer vir universiteitsprogramme.
Kettinggesprek: Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus
2017-01-17"Soos een student dit so beeldryk gestel het: 'Toe Prof vir die eerste keer sê dat van die materiaal in Kaaps vertaal is, het ek gevoel hoedat my kop oplig en my skouers breër word.'"
Omstrede matriekuitslae: ’n Onderhoud met Gert van der Westhuizen
2017-01-16"Politici sien en gebruik matriekuitslae as die prestasie van die regerende party; ouers juig oor suksesse, of huil oor die gevolge van hulle kinders se swak prestasies en hoe dit deure toemaak."
Onderhoud met Stephanus Muller: Dekolonisasie van musiek
2017-01-12"[D]ekolonisering [bied] ’n noodsaaklike lens waardeur van die mees aktuele en dwingende kwessies en uitdagings in tersiêre musiekbeoefening en -studie herbedink kan word."
Kettinggesprek: Frank Hendricks gesels met Michael le Cordeur oor Ons kom van vêr
2017-01-12"Vir bruin mense was Afrikaans dus nie net ’n taal van verdrukking nie, maar ook ’n taal van bevryding en vandag ’n taal van versoening."
Onderhoud: Waar het die spoor van Afrikaans as onderrigtaal begin?
2017-01-11"Teen 1840, en selfs miskien vroeër, was Afrikaans die onderrigtaal in die bekende Dorp Street Madrasah."
Ontsluit die fondse van kennis: Estelle Kruger gesels met Henry Fillies
2017-01-10Dit is die begin van ’n nuwe skooljaar en die land gons nog oor verlede jaar se matriekuitslae. Orals lees mens van geweldige ongelykheid in Suid-Afrikaanse skole. Maar nie almal sit net en toekyk nie. Aslam Fataar en Henry Fillies is besig met navorsing in skole binne werkersklasomgewings. En hul positiewe bevindings binne die gemeenskap laat mens nadink.
An interview with the daughters of Judith Mason
2017-01-09The artist Judith Mason (78) died in White River on 29 December 2016. Herman Lategan decided to ask her daughters Tamar and Petra what they remember about their strong, gentle mother.
'n Onderhoud oor die Adam Small-fees in Pniël
2016-12-01"Maar 24–26 Februarie 2017 gaan ‘n geskiedkundige naweek wees. ‘n Fees vir Adam Small. Niemand verdien dit méér nie."
Sosiogramme en genetwerkte leer: ’n soort opsitkers vir onderwysers
2016-11-30"Onderwysers kan baie by mekaar leer. Soms gebeur dit nie. Wáár kan onderwysers met mekaar gesels oor dinge wat noodsaaklik is? Die web kan dalk gebruik word om 'n tuiste te skep."
Karin Schimke oor 'n skryfnaweek in Stanford
2016-11-08"Hierdie naweek gaan oor hoe om metafore raak te sien en uit te buit om jou skryfwerk lewe te gee, en dit gaan ook net oor skryf."
Nuwe Stemme 6: Onderhoud met Bibi Slippers
2016-11-01"Maar ek lees gedigte omdat dit emosies ontlok wat kompleks en soms verwarrend en ongemaklik en opwindend is. Asof ek ‘n kitaar is, en digters is mense wat ander akkoorde ken as net die gewone C, F en G."
Nuwe Stemme 6: Onderhoud met Charl-Pierre Naudé
2016-10-24"Om iets te sê wat nie op ’n ander manier gesê kan word nie, of in enige ander kunsvorm tot stand kan kom nie."
Onderhoud: Hennie van Deventer vertel van die geboorte van die Pendoring
2016-10-19"Koerante is in die jare ’80 soos nooit tevore nie in ‘n oorlewingstryd gedompel ... Die Afrikaanse koerant kon inderdaad al hoe dreigender stormwolke vir sy broodnodige advertensies sien aanrol. Iets sou gedoen moes word, maar wat?"
