Onderhoude
Interviews about topical issues
Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek
2017-06-21"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken.
Die jeugboek Anna Atoom, wetenskapfiksie en omgewingsgesprekke
2017-06-15"Niks verhoed ... die wetenskaponderwyser om fiksietekste soos die Anna Atoom-reeks, met die talle feiteblokke, in die klaskamer in te span nie."
VraNet: Rekenaars en foutspeuring
2017-06-15Deesdae is dit byna onmoontlik om sonder ’n rekenaar of basiese rekenaarvaardighede oor die weg te kom. Vir ’n jong volwassene wat nou die werksmark betree, is dit nóg meer van belang. Liné Enslin gesels met Jürgen Loff oor rekenaars, sagteware, foutspeuring en die dinge wat elke rekenaargebruiker behoort te weet.
Jeugdag 2017: Jonkheid in die kunste
2017-06-14Die kunste is ’n weerspieëling van wat op ’n gegewe oomblik in ’n samelewing gebeur. Hier gesels ’n aantal jong kunstenaars prontuit oor hoe die kunste die toekoms ten goede kan verander.
Learning to Live Music: ’n onderhoud met Vicky Davis
2017-06-14"Die CTMA fokus op die opheffing van kontemporêre musiek en het ten doel om werkskepping in die musiekveld te vermeerder en die algemene stand van die musiekbedryf te verbeter."
Learning to Live Music: ’n onderhoud met Luna Paige
2017-06-14"Ek dink wat my opgewonde maak is die feit dat die werkswinkel gratis is. Dat niemand uitgesluit hoef te word nie. Ordentlike musiekopleiding kos geld, en dit is nie vir alle talentvolle mense beskore nie." Daar vind ’n gratis konsert op Donderdag 15 Junie plaas.
Rymklets saam met Jitsvinger op Jeugdag: ’n onderhoud
2017-06-14"Rymklets is die billboard van streeksdialekte, die baarmoeder van nuwe woorde en die fakkel van progressiewe letterkunde."
Waterskaarste: Praktiese wenke
2017-06-13“Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word.”
Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché
2017-06-12"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."
Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud
2017-06-09"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."
“Ons is ’n waterskaars land”
2017-06-08"Alhoewel onvoorspelbare weerpatrone ’n invloed het, kan behoorlike beplanning vir die toekoms deur damingenieurs en kenners op die gebied van waterhulpbronnebestuur baie doen om die land, en spesifiek die Wes-Kaap, voor te berei vir sulke droogtes."
Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams
2017-06-08"Films are there to stimulate discourse, and to bring about awareness of issues to remind us where we come from. Often, we forget how strong we are as a nation, and just focus on the negative. But film is meant to enlighten and ignite change."
Skoolleiers en sosiale geregtigheid: ’n onderhoud
2017-06-07“Ek is ’n voorstander van die begrip van gedeelde leierskap wat gebaseer is op die idee dat leierskap nie die uitsluitlike domein van een individu is nie, maar in baie mense gesetel is. Ek glo dat alle opvoeders die potensiaal het en geregtig is om tot leierskap by te dra.”
Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud
2017-06-07"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen."
Vaselinetjie, die film: ’n onderhoud
2017-06-01"Vaselinetjie is ’n film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is; ’n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer te triomfeer." Vaselinetjie begin op 22 September 2017 in filmteaters draai.
Om al die balle in die lug te hou: 'n Gesprek oor rolkonflik by manlike onderwysers
2017-05-31"Hierdie navorsing het bewys dat rolkonflik ’n baie ernstige werklikheid is waarmee rekening gehou moet word. Alle opvoeders beleef rolkonflik tot ’n sekere mate. Dit is uiters belangrik dat persone in gesagsposisies by die werk asook gesinslede toegerus moet word om rolkonflik te begryp en te minimaliseer."
No longer whispering to power – The story of Thuli Madonsela: ’n onderhoud met Thandeka Gqubule
2017-05-31"Die meeste geskiedenisboeke handel oor dinge wat lank terug gebeur het. Hierdie [Madonsela se storie] is geskiedenis waardeur ons almal geleef het. Elke leser kan daarmee identifiseer, of hulle die boek haat of mal daaroor is."
Offerlam word Sacrificed: ’n onderhoud oor die vertaling
2017-05-30"Ek het skoon in tale begin droom. Dit was egter vir my ’n geweldig verrykende ervaring. Dit het my opnuut laat besef hoe soepel Afrikaans is en hoe uniek ’n mens jou daarin kan uitdruk."
Bart Luirink: ’n onderhoud oor ZAM
2017-05-30"Op die journalistieke en creatieve vriendschap bouwt ZAM voort. We beperken ons daarbij niet langer tot Zuid-Afrika. We maken een online magazine dat het werk van Afrikaanse onderzoeksjournalisten, fotografen en andere creatieven onder de aandacht van een internationaal publiek wil brengen."
Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud
2017-05-23"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig."
