Onderhoude
Interviews about topical issues
Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers
2017-09-14"Die tyd sal waarskynlik kom dat die argument gemaak word dat Westerse kunsmusiek nie in Suid-Afrika gespeel behoort te word nie, omdat dit verteenwoordigend van kolonialisme is."
Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly
2017-09-14Hugo Theron is ’n kliniese sielkundige wat sy PhD-navorsing gedoen het oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners. Naomi Meyer het hom gevra: "Wat is die beste raad wat jy vir ’n ouer kan gee ten opsigte van kinders, tieners en die sosiale media?"
Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter
2017-09-14"Daar is al hoe meer die besef dat die aanspreek van ongelykhede deel vorm van die versoeningsproses."
Vergifnisonderwys: wat is dit en waarom is dit nodig?
2017-09-12"As ons en ons kinders nie leer wat onreg is en wat vergifnis behels nie, sal ons tot in lengte van dae sukkel met swak verhoudinge onder mekaar, veral ook met swak verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe waaruit ons bevolking van meer as 56 miljoen mense bestaan."
VraNet: Sosiale media
2017-09-11"As jy sosiale media 'reg' doen, sal jy vind dat dit jou verhoudings met ander mense versterk. Jy sal weet of sosiale media ’n negatiewe impak op jou lewe het as dit jou geïsoleerd en ondergeskik laat voel."
Hoe om 'n graad 3-leerder in staat te stel om beter en vinniger te leer
2017-09-06"Die een beginsel wat hier ondersteun word, is dat leerders wat lees-, skryf- en narratiefwerk geniet, meer en vinniger sal leer. ‘n Tweede beginsel is dat minder aandag aan 'taalfoute' en meer aandag aan die proses van skeppend vertel en skryf op die lange duur ook die formele aspekte van taal beter gaan help ontwikkel, omdat leerders nie geïnhibeer word deur vrees vir 'foute maak' nie."
Historical monuments: an interview with Lize van Robbroeck
2017-09-06"There are ways of owning Afrikaner culture that is not sectarian and offensive."
HemelBesem by die Etienne van Heerden-veldsoirée
2017-08-31Dis pas bekend dat HemelBesem ook by die Etienne van Heerden-veldsoirée optree. Die soirée vind van 22 tot 24 September 2017 in Cradock (by Buffelshoek) plaas. Darryl David verskaf praktiese inligting.
Kleinboer en Lungi: ’n onderhoud oor die dokumentêre film
2017-08-30"Dit bly op die ou end ’n liefdesverhaal van twee mense wat mekaar inniglik liefgehad het, maar ook sleg opgemors het."
Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis
2017-08-29"Anders as ander teaterervarings, waar jy gemaklik verlore raak in die gehoor en absolute anonimiteit geniet, word jy hier ’n karakter. Sonder om ’n woord te uiter besef jy wie jy as gehoor 'speel' en bevind jy jou in iemand anders se skoene."
67 woorde vir Mandela-dag: ’n onderhoud met die kompetisiewenner
2017-08-29"Iets van ons hoop en vrese het oornag weggeraak en ek staan moedig en statig en wag vir die terugkeer daarvan, wanneer 'Mama Afrika' weer die banier van sin en herstel sal hys vanuit die wêreld wat om ons aan die brand is."
Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?
2017-08-28"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."
Die laksman se dogter: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
2017-08-21"Rosaria onthou ook haar eie jeug, hoe sy as kind deur haar twee ouer susters afgeknou is. Sy besef haar aandeel in haar dogter se middelafhanklikheid, sowel as in haar mislukte huwelik."
Kan leerders uitstyg bo moeilike omstandighede? Ja, hulle kan!
2017-08-21"As kinders by hulle opvoeders die boodskap kan kry dat hulle nooit slagoffers van enige situasie hoef te wees nie, dat hulle altyd ’n keuse kan uitoefen om self verantwoordelikheid op te neem vir hulle eie bestemming, kan dit ontsaglik baie tot innerlike veerkragtigheid bydra."
Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden
2017-08-17"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit."
On Record: ’n onderhoud met Schalk van der Merwe
2017-08-16"Musiek (en natuurlik ander vorme van kuns) is iets wat die samelewing weerspieël. Selfs ’n popliedjie met oppervlakkige lirieke is ook op ’n manier betekenisvol. Wat die invloed van Suid-Afrika se geskiedenis op Afrikaanse musiek betref: ja, dit is grootliks die kern."
Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha
2017-08-16"Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel."
Al wat ek weet: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2017-08-16"Maar ek dink tog tieners het ’n emosionele intensiteit wat die meeste volwassenes iewers langs die pad verloor. En as jy vir tieners wil skryf, is die grootste uitdaging miskien om hierdie emosionele intensiteit te bly voel."
Die groot drie: ’n onderhoud met François Verster
2017-08-14"Die gevaar van satire is net dat jy nie die mán te veel moet speel nie, eerder die bal – val die onreg aan wat gepleeg word, nie alewig die persoon wat dit pleeg nie, anders kan die simpatie na die oortreder verskuif."
The Dalai Lama in Botswana: an interview
2017-08-10"A local neuroscientist from Pretoria, Karen Fitzgerald is one of the organisers of a conference that will be held in Gaborone, Botswana, which His Holiness the 14th Dalai Lama will attend. With this historic visit by the Dalai Lama, Botswana is his only planned destination in Africa."
