Onderhoude
Interviews about topical issues
Hoe om van Suid-Afrika ’n beter land te maak
2017-12-19Die eerste Suid-Afrika-dag is vanjaar op 25 November gehou. Jean Oosthuizen wou by SA-dag se bedryfshoof, Barend le Grange, weet wat hierdie inisiatief behels en of gewone Suid-Afrikaners regtig ’n verskil kan maak om van Suid-Afrika ’n wenland te maak.
Brand: ’n onderhoud met Peet Venter
2017-12-11"Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou."
Loki Rothman: Dit is passie
2017-12-11"Die reaksie op mense se gesigte by ’n lewendige optrede. Wanneer ek doodstil sit in die ateljee maar sweet van opgewondenheid wanneer daar iets mooi gebeur. Dit is passie. Die woorde, kommentaar en ondersteuning van die publiek voer dit en inspireer en druk my vorentoe."
Ondersteuning van onderwysers aanlyn: ’n onderhoud
2017-12-06"Ek dink juis aanlynleeromgewings bied ’n manier om onderwysers in afgeleë gebiede te bereik en by die groter Suid-Afrikaanse onderwysergemeenskap te betrek. Tegnologie is geduldig, en berg artefakte van gesprekke, en dus hoef onderwysers nie die hele tyd aanlyn te wees om saam te leer nie."
Jeugfiksie en 'n verkenning van die natuur: ’n onderhoud
2017-12-06"Werklike belewenis van die natuurlike omgewing is nie noodwendig vir kinders in stedelike gebiede beskore nie. Om in ’n digte woud te gaan stap en onbevange daar te kan speel, is deesdae bykans onvoorstelbaar."
When Zuma goes by Ralph Mathekga: "Just before midnight" seminar
2017-12-04"South Africans need to get more involved in their public affairs and need to evaluate leaders more robustly."
Shisanyama: ’n onderhoud met Jan Braai
2017-12-01"Braai is die woord wat hierdie aksie van saamkom rondom ’n vuur en kos maak op die vuur en sy kole in al 11 tale in die land beskryf. Dis iets wat elke liewe Suid-Afrikaner al gedoen het, ongeag taal, kultuur of geloof."
Vroue van Atlantis: ’n onderhoud met Anastasia de Vries
2017-11-28"Ons wat aan dié boek help werk het, wat ons beskou as geleiers van hul verhale, eerder as vertellers, is nie meer dieselfde mense nadat dié vroue met ons gebeur het nie."
Driven by experimentation, flowing with the current: Boskasie
2017-11-27"My music comes from a deep place of emotion and vulnerability – merely speaking about my truths, and hoping that someone else out there can relate to them, and, furthermore, that they will comfort them in some way."
Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings: ’n onderhoud met André Pretorius
2017-11-22"Dit is nie ’n boek van geestelike oordenking nie – as daar oordenking is, is dit van plek: die plekke wat ek besoek en my eie plek in die wêreld."
Turning point by Theuns Eloff: "Just before midnight" seminar
2017-11-22"Help build constructive interpersonal relations at grassroots level. Combat racism and intolerance from both sides – left and right."
Eksistensiële krisis met ’n elektriese ritme? Bittereinder stel die diep, donker enkelsnit “Donderwolk” vry
2017-11-22"Ons elkeen vertel eintlik maar oor en oor ons eie lewe se storie vir onsself, en dan vir mekaar. Hoeveel van dit 'waar' is, en hoe mens daardie 'waarheid' meet is in elk geval veels te kompleks om ooit regtig te begryp."
Sekurokratisering en Suid-Afrika: ’n onderhoud met André Duvenhage
2017-11-15"Ek wil nie so ver gaan om te sê dat die demokratiese projek reeds op die ashoop is nie, maar die uitdagings is baie groot en die finale toets lê ook nie te ver hiervandaan nie."
Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk
2017-11-14"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."
Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis
2017-11-10"Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp."
South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach
2017-11-10"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."
Hip-hop en edutainment: ’n onderhoud met rymkletser Siep
2017-11-09"Afrikaans die mooiste taal het baie dialekte – mense underestimate my onmiddellik as ek praat in my slang, my dialek, maar oë raak gou groot as hulle kom meet hoe toor ek met woorde en soe word hulle ge-edutain."
Nuusflits: Flitskaarte is ’n belangrike hulpmiddel in enige klaskamer
2017-11-09"Dis belangrik dat onderwysers sal besef dat die gebruik van flitskaarte ’n onderontginde hulpmiddel is wat in meer as net die leesprogram gebruik kan word."
Gaan spoor jouself op in Klein-Tibet
2017-11-08Het jy al ooit gewonder of daar méér is? Of daar ’n deel van jouself is wat jy nog moet leer ken? As jy meer van jouself en meer van jou plek in die lewe wil ontdek, kan Streetschool die antwoord wees met hul unieke toere, avonture en werkswinkels in Dharamsala in die noorde van Indië. Gerrit Rautenbach het gaan kyk hoe werk dit doer in die Himalaja.
Knysna Fine Art vier 20 jaar: ’n onderhoud met Trent Read
2017-11-08Knysna Fine Art-galery vier in November sy 20ste bestaansjaar met ’n groot groepsuitstalling. Hiermee ’n tweetalige gesprek tussen Trent Read en Corlie de Kock oor die geskiedenis van die Read-familie, Knysna Fine Art en die toekoms van eietydse kuns in Suid-Afrika.
