Video's: Reis en vleis – Gerrit Rautenbach gesels met Johan Bakkes

  • 0

Die eerste Reis en vleis-geleentheid het op 4 Julie by Twaalf in Stellenbosch plaasgevind. Gerrit Rautenbach het met Johan Bakkes gesels oor reis en skryf, en Riku Lätti het ook ’n paar van sy liedjies gesing.

Twaalf is ’n gemeenskapsprojek, restaurant en kroeg in Stellenbosch. Hulle gaan in die komende maande op die eerste Dinsdag van elke maand dié geleentheid huisves. Die eienaars van Twaalf, Lizen en Lianti, se liefde vir die gemeenskap is net so groot soos hul liefde vir goeie kos en wyn. Die restaurant bied internskappe aan vir lede van die gemeenskap en laat hulle toe om in die verskillende dele van die restaurantbedryf te werk en ervaring op te bou sodat hulle kan aansoek doen vir werk. Besoek hulle webtuiste om hulle storie te lees, asook om hulle spyskaart te bekyk.

Du Toitskloof Wyne borg die geleentheid. Besoek hul webtuiste hier. 

Hier is ’n paar video's van die geleentheid.

Reis en vleis: Johan Bakkes gesels oor sy eerste werklike reis

Reis en vleis: Johan Bakkes gesels oor hoekom hy skryf en die verskille tussen hom en Kingsley Holgate

Reis en vleis: Riku Lätti sing "Die dwarrelwind van my lewe" 

Reis en vleis: Johan Bakkes lees "Loodswaar" voor

Reis en vleis: Gerrit Rautenbach lees "Die agtuurtrein" deur Chris Barnard 

Reis en vleis: Riku Lätti sing "Waai" 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top