Darryl David, begeesterde organiseerder van Richmond se BookBedonnerd-fees, gesels met Naomi Meyer.
He believes in multilingualism and answers the first questions in Afrikaans and the last ones in English.
Darryl, hierdie BookBedonnerdfees se program lyk absoluut boekbedonnerd. Die hoeveelste fees is hierdie ene in Richmond, en is jy die enigste organiseerder van hierdie formidabele byeenbring van skrywers?
Naomi, hierdie is ons 9de jaar. Volgende jaar is eintlik ons groot jaar. ‘n Dekade sedert Boekedorp Richmond se ontstaan.
Maar jy is reg. Hierdie jaar het ons 'n bedonnerde groepie skrywers.
Oor die bestuur – dis basies net ek en Peter Baker, die veearts uit Johannesburg en eienaar van The Supper Klub in Richmond. Daar is ook sy sekretaresse Katy – ‘n werklike fundi met die rekenaar. Kyk net na haar skildery van Breyten op ons program. Lesers moet verstaan ons het nie geld vir sulke dinge nie, dus moet ons staatmaak op die welwillendheid van mense soos Katy. Dan is daar ook Harrie Siertsema van MAP Gallery in Richmond wat verantwoordelik is vir ons kunsprogram.
Lien Botha, Breyten Breytenbach, Dominique Botha, Herman Lategan, Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Sonja Loots ... die room van Afrikaanse skrywers is daar. Hoe besluit jy wie om te nooi?
Ons beleid is dat ons nie elke jaar dieselfde skrywers na ons fees nooi nie. Baie feeste maak die fout dat hulle dieselfde skrywers jaarliks nooi.
"Kill your darlings" is ook die slagspreuk van feesorganiseerders.
Natuurlik wou ons altyd vir Breyten Breytenbach na Richmond bring. Dis ‘n groot voorreg. Om in hierdie jaar vir Breyten én Athol te hê ... "my cup runneth over". Ons het ook doelbewus nie vir mense laat weet dat Breyten die fees gaan bywoon nie – op hierdie manier kan ons seker wees dat ons "boekbedonnerde" skrywers by die fees kry.
Ek kan nie eintlik sê hoe ek op skrywers vir die fees besluit nie, maar ek het ‘n gevoel vir balans. Ek streef altyd na ewe veel skrywers in Engels en Afrikaans. En ‘n paar ikoniese skrywers wat hulle boeke self uitgee. In Richmond is ons bekend vir die ongewone boeke wat ons uit alle oorde ontdek.
Skryf gou iets vir ons Afrikaanse lesers van jou eie onlangse boek - en al jou navorsing oor die kerke. Waar kom dit vandaan?
Ja, my laaste kerkboek – Church Tourism in South Africa. Ek dink ek en my medeskrywer kan nou as deskundiges op hierdie gebied beskou word. Oor drie boeke het ons oor die 350 kerke uit alle denominasies gedek. En dis kerke uit al die provinsies in Suid-Afrika. Dis werklikwaar ‘n pragboek. A4-formaat met amper 150 volkleurfoto's. Hoogtepunte in die boek is die Trappist Monk-kerke uit my tuisprovinsie, KwaZulu-Natal. En ‘n spesiale bylaag oor die vergete argitektuur van Wynand Louw. Ek is ook baie trots op die feit dat die kerk op die voorblad myne is. ‘n Mooier kerk sal jy sukkel om te vind. Al voel ‘n mens noodgedwonge om by Pniel te kniel. 🙂 Waarvandaan kom dit? Ek weet nie eintlik nie. Ek is nie ‘n gereelde kerkganger nie. Maar vanaf my 28ste verjaarsdag het ek na kerke aangetrokke gevoel. Ek kom wel uit n familie van drie priesters. En soos ek in my eerste boek geskryf het: "Christianity was sung into us in my family home."
Darryl, Afrikaans and English readers don't usually know about the same authors. How do you manage to bring together so many of the absolute best at your BookBedonnerd festival?
I'm glad you’ve asked this question. I always take flak for mixing Afrikaans and English speakers in sessions. But I truly believe one should promote multilingualism. Otherwise you will get only Afrikaans speakers listening to Afrikaans writers and English speakers for English books. But in Richmond we have a readership who are only too happy to listen to talks by all the writers. Even Peter Baker, who understands very little Afrikaans, sits it on all Afrikaans talks. It’s all about training your readership in the art of linguistic tolerance.
Who of the authors are you looking forward to in particular, if you can highlight some of the events?
Definitely Breyten. And I am a big fan of art books – so I am looking forward to The Wild Horses of Kaapsehoop by Linda Reinstorf; Philippa Hobbs's book on Peter Clarke, Listening to Distant Thunder; Ode Krige's book on the architect Carl Otto Hager; Ashwin Desai's book on Gandhi; Oros vir die siel by Susan Coetzer (what a title!); Vernon Head's masterpiece In search of the rarest bird in the World; Herman Lategan (don't miss this man!); internationally acclaimed artist Lien Botha. But you should know better than to ask me such a question, Naomi. I will just end up listing all 30 books! 🙂 Oh, I nearly forgot! My wife will speak for the first time. She is pioneering South Africa's first Museum of Optometry and Ophthalmolgy in Richmond. We will start by creating South Africa 's very first Spectacle Museum in partnership with Harrie Siertsema"s MAP Gallery. We urge all writers/artists/members of the public to donate spectacles to this groundbreaking project.
When is the festival taking place and is there any accommodation left?
Festival dates: 22–24 October.
There are a few rooms left. Readers can contact me on davidd@ukzn.ac.za.
All talks are free.
I can assure readers: you can't call yourself a booklover until you've visited Booktown Richmond and attended BookBedonnerd. There is nothing quite like it in all of South Africa!