TV
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.
Persverklaring: Jy word genooi na die programbekendstelling | You are invited to the programme launch
2022-06-20Woon dit by op 21 Junie 2022 om 18:30 | Attend it on 21 June 2022 at 18:30
Intens, skokkend, bloederig, afgryslik en wáár: Leon van Nierop oor The staircase
2022-06-15"Natuurlik word die waarheid onbeskroomd uitgebeeld en word al die vreemde gebeure in terugflitse gedramatiseer en is daar pogings om dit te verklaar. Maar watter een is die waarheid?"
’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind
2022-06-13Mart word deur drie aktrises vertolk: Melissa Myburgh speel die jong Mart, Cintaine Schutte is Mart in 1992, en Susanne Beyers is Mart in die hede.
My jaar van Koreaanse TV, seumnida!
2022-05-19"Die ding wat my eerste gevang het, is ’n sekere onskuld en die anderste aanslag as die Amerikaanse patroon en selfs die Europese TV wat ons te siene kry. Die weerlose karakters, so anders as die tough guys & gals wat Amerikaanse flieks bevolk. Die talle transendentale oomblikke."
kykNET & kie se oorgeklankte Turkse telenovelas: ’n onderhoud met Waldimar Pelser
2022-05-18"Suksesvolle telenovelas spreek universele menslike temas soos verlies, romanse, familieverhoudings en ons plek in die samelewing en die wêreld op so ’n manier aan dat dit enersyds ontvlugting bied, ja, maar andersyds waarhede oor ons gedeelde menswees beskryf en selfs bevraagteken."
Dinge van ’n kind (kykNET-reeks) na aanleiding van ’n braaibroodjie
2022-05-06"Hier is baie om oor opgewonde te wees."
Press release: Intriguing new South African drama Desert Rose
2022-04-29The eight-part drama mixes black comedy, suspense, crime, romance, sexiness and music while focusing on the unlikely reconnecting of a father and his children.
Hannon: ’n onderhoud oor Glam Guru se nuwe seisoen op kykNET
2022-04-06"Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma's en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, 'n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met 'n hernude potensiaal – 'n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie."
Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil.
2022-04-04"En toe kom gooi Netflix ook ’n speek in die wiel met die uitsending van die komediereeks waarin Wolodimir Zelenski die rol van president van Oekraïne gespeel het. In die TV-reeks uitoorlê die president sy teenstanders en seëvier uiteindelik. Die goeie oorwin die bose. Maar wat sal die regte Zelenski se uiteindelike lot wees?"
Persverklaring: Suidoosterfees se sterre presteer by kykNET Fiëstas
2022-03-29Stephren Saayman, een van die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre, het pas ’n kykNET Fiësta ontvang as beste opkomende kunstenaar vir sy spel in die verhoogdrama Mannetjie. Die drama het verlede jaar by die fees gedebuteer.
Fiëstas-persverklaring: Die wenners en vereerdes
2022-03-282021 was steeds nie ’n feesjaar soos waaraan ons gewoond is nie, maar kreatiewe Suid-Afrikaners en feesmakers het nogtans nie teruggestaan nie. Dit is daarom besluit om wel vir ’n tiende keer Fiësta-toekennings uit te deel aan nie net uitblinkers in vier kategorieë nie, maar ook vier legendes en drie kunstenaars wat die afgelope tyd ’n duidelik merk in die kunste in Suid-Afrika gemaak het.
kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm Die beskermer ook diep persoonlike reis
2022-03-23"Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm."
Afrikaaps is vanjaar ’n sterk element by kykNET Silwerskermfees
2022-03-22Maryke Roberts skryf oor vanjaar se kykNET Silwerskermfees wat van Woensdag tot Saterdag by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou en ook aanlyn aangebied word. Verskeie kortfilms waarin die dialoog heeltemal of gedeeltelik in Afrikaaps is, speel hier: onder meer Aan/Af, Baber, Bergie, Net ons, My beskermer, Nagvoël en Verstikking.
kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?
2022-03-18"Een van die films wat vanjaar by die hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf vertoon gaan word, is Gaia, wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."
“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt
2022-03-03"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.
Persverklaring: kykNET hou unieke 10de Silwerskermfees in Maart 2022
2022-01-25Rolprentmakers, filmstudente, en fliekvlooie van oraloor moet beslis hul 2022-kalenders oophou vanaf 23 tot 26 Maart. Dís die nuwe datums vir kykNET se spesiale 10de Silwerskermfees wat dié keer ’n byderwetse, hibriede baadjie aantrek.
’n Onderhoud met Retief Scholtz, hoofskrywer van Suidooster op kykNET
2022-01-19"[E]k dink altyd aan ’n ma wat hoor haar kind huil, of twee verliefdes wat die eerste keer vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, of wat deur jou kop gaan wanneer jy jou vinger met ’n hamer raak slaan. Daai gevoelens is dieselfde vir ons almal, maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom nie. Dis waar ek my woorde gaan haal. As skrywer klim jy in jou karakter se hart – dis jou werk."
Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates
2022-01-12"Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program."
Press release: The Coolest OG's goes global with Showmax
2021-12-24Each episode introduces a new challenge for the contestants, ranging from gaming to songwriting, music video production, modelling, art, acting and more. With the help of their grandchildren and influencers, the seniors battle it out.
