Reis

Lees reisartikels en -verhale deur gesoute reisigers op ons reis-ruimte.
Read travel articles and fiction by seasoned travellers in our travel section.

Septentrion – die kind-danser

Will van der Walt Reis 2015-04-17 Die storie van Septentrion spook in die nou strate van Antibes, die kusdorp tussen Nice en Cannes. Antibes se ou-dorp self laat my dink aan ’n langbaard-grysaard wat na die soutgolwe van die see ruik, en dit was Ptolemeus, die Griekse geograaf, wat aan dié inboorlinge die naam mense van die see (Saleya) toegeken het. […]

Pelgrimstogte

Marlet Venter Reis 2015-04-16

 Daar in die soel herfsson stap ek op die oorblyfsels van ’n ou tuinpaadjie en besef dat die grys betongebou blykbaar opgerig is in die plek waar vroeër ’n herehuis gestaan het. Daar waar ’n tuin voorheen floreer het, leef nog net die reuse ou akkerbome; onaangeraak deur die historiese gebeure wat hulle omgewing so ingrypend verander het ...

Hiernamaals op toortapyt

Anél Olsson Reis 2015-04-15 Jy is op Sondag, 30 November 2014 oorlede.  Vandat ek ’n verstand het wou ek vir jou skryf. Oor jou skryf, Mamma. En ek’t nooit gedroom dit sal die eerste woorde wees nie.  Jy was op pad om by ons te kom woon in die Kaap. Al die planne wat ons gehad het. En toe […]

Jangseung – die kuns van die groteske

Will van der Walt Reis 2015-04-15 Dit was in 'n klein landelike dorpie oos van Andong in Suid-Korea waar die wêreld van groteske kuns vir my aansienlik verbreed het, my binnegedring en daar nes geskop het. Is dit nodig, na meer as ’n eeu se 'moderne' kuns om nog onsself te herinner dat kuns nie altyd mooi en strelend hoef te […]

Stasiesongs

Marlet Venter Reis 2015-04-15

“Ek staan op die perron ... heeltemal onseker van my status in hierdie wêreld, in hierdie stad, hierdie familie ...” Franz Kafka

Huweliksbootjie

Helené Bestbier Reis 2015-04-15

’n Janfrederik wekker die groep voor sonop. Tienuur vertrek nege roeibootjies. En sommer met die inroei-slag kry ek en Manlief nie ons roeie nie ...

Stap in die spoor van ’n leeu

Trienie Reis 2015-04-14 Ek onthou die reuk van olifantmis en geknakte riet, van sweetvel, sweethare maar bowenal die walms van Zero se neusflanke onder my trillende vingers. Die Jeep wat hoes en proes en dan diep vasval in die riviersand en dieselfde bosgeluide wat in Noag se tyd al gehoor is, wat my kop inbars.  En die lawaai […]

Bestemming: berusting

Gloudine Kellerman Reis 2015-04-14 “Gaan. Jy kan nie vir ewig bly vasklou aan iets wat nie meer bestaan nie.” Waar woorde, maar ongevoelig. Wil my beste vriendin na amper twee jaar steeds nie verstaan nie? “Jy is die een wat altyd sê dinge gebeur met ’n doel,” verdiep sy die pyn in my hart. “Gesê het,” help ek haar […]

My lewensreis begin op 1 April 1948 om 12 uur middag in Belfast, Suid Afrika

Ina Dreyer-Nel Reis 2015-04-14 En voordat julle dink dis ’n grap moet ek julle ernstig vermaan: dis geen grap nie! Van die reis vooraf weet ek niks. My ma het wel vertel dat ons op die 31ste Maart met my pa se Ford op die grondpad gejaag het (teen 30 myl per uur?) sodat ek tog net voor 12 […]

In transit

Stephan Jones Akademies en skole 2015-04-13

Hulle reisstorie het in Middelburg begin. Michael het sy welvarende besigheid verkoop, die trollie uit sy kop gebou, proviand gekoop en sy avontuur begin. Die detail was verstommend: hy het beplan om van Middelburg af tot in Durban en dan kuslangs tot in Kaapstad te loop, trollie, hond en al ...

 

Reistog na die wildevy

Ansie Nel Akademies en skole 2015-04-13 Ek verheug my aan die herfslug hoewel die bosveldson steeds bloedig steek in die middel van die dag. Ek begin my staptog met ‘n kinderlike opgewondenheid.         Ek was lanklaas by die krans; ek kan nie wag om te sien of die wildevy al begin verkleur het nie. Die kwêvoël skinder oor my teenwoordigheid in […]

’n Kruiwa is gemaak om te stoot

Lané Grobbelaar Akademies en skole 2015-04-13

Vasgepen aan jou lirieke wat ek heeltemal te laat gebore is om te ken. So luister ek na jou hart en vat die houe wat die lewe al na jou kant toe gegooi het saam met jou ...

Die soektog na stilte

Mariska Ford 2015-04-13 Dit was die aanhoudende hoofpyne, tamheid en vatbaarheid vir irritasie wat my laat wonder het of die konstante teenwoordigheid van geraasbesoedeling my nie dalk sieklik affekteer nie. My hele wese het gesmag na stilte. (Ek het myself gesien in 'n bladsy uit Koester jou baba; styf toegedraai met 'n sagte kombersie in 'n stil donker […]

Lesotho: Warm herinneringe aan ’n koue land

Amori Heydenrych 2015-04-13 Ek wag op die skreeu van die voertuig se remme of vir die gil van ʼn veewagter wat hier teen die berg af rol. Stilte ...

Niks is die eerste keer perfek nie

Annetjie van Wynegaard 2015-04-10 Uiteindelik kom ons by die einde van die pad en daar, sowaar, is ’n moerse stel trappe wat lei na wat in die donker net soos Nietzsche se afgrond lyk ...

Poorte van die hemel

Elize Perrin 2015-04-10 Vir die wat nie geweet het nie: die Hel en Poorte van die Hemel lê lepel in die Swartberg van die Wes-kaap. Laasgenoemde verwysend na Prins Albert. ’n Vriendin van ons, wie se kinders daar woon, besing so graag die dorpie se lof. Toe reken my man dit klink soos die poorte van die hemel […]

Vlugteling

Ilisna Nel 2015-04-10 Dis Maandag. Haar voete is swaar. Swaarder met elke trap boontoe. Dae, weke, maande en jare se klim, werk jouself boontoe. Hoe hoog is boontoe? Klik, klik, klik die sleutels op die sleutelbord. ’n Eentonige hamer wat die wete oor-en-oor op die kop kap. Die wete dat sy seker nooit bo sal kom nie. Haar […]

Van 5241 na 9904

Christien le Roux 2015-04-09 Die plek ruik nie eers werklik meer na kus nie, meer soos geskuurde vuilvoet. Almal is of blond, of hipsters of hulle lyk arm en te veel getan ...

Op soek na die Franse Nelle

Estelle Nagel 2015-04-09 Ons het lank saam in die stoepkamer gesit en na die kiekies gekyk. "Is Pa oukei?" het ek gepor. "Ja, wat," het hy gesê, "mens voel mos altyd beter in jou eie huis."

Op reis met vrye teuels

Leunis van Rooyen 2015-04-09 Ek gaan sit op die grond met ’n rots agter my in ’n nuttelose poging om my teen die wind te beskerm en is besig om my hande met my beker te verwarm toe ek dit vir die eerste keer in my lewe sien ...
Top