Reis
Lees reisartikels en -verhale deur gesoute reisigers op ons reis-ruimte.
Read travel articles and fiction by seasoned travellers in our travel section.
Te voet deur die tydlose Middeleeue
2015-04-08 Dit was eers tydens die tweede of derde keer wat ek dié roete stap, dat ek die ooreenkoms tussen my lesings en dié werklike pelgrimstog herken ...Poolse kuiertjie
2015-04-08 Om te gaan kyk hoe lyk 'n plek waar meer as 'n miljoen mense hulle lewens verloor het op die mees onmenslike wyse is seker nie jou standaard familie-uitstappie nie ...Ouma kan nou maar die geskirte Ingelse vergewe
2015-04-08 You take the high road and I'll take the low road and I'll be in Scotland afore ye ...Om terug te gaan
2015-04-08 Soos die eerste keer moet die hortjies van die kamervenster van die regop, smal hotelletjie digby die Blou Moskee toegetrek wees maar die ruite wyd oop sodat die straatklanke deur die smal skrewe kan sypel ...Die note wat my huis toe bring
2015-04-08 Dan is daar natuurlik die stapelvoedsel: alles van Anton Goosen, die aardse, bobaas storieverteller David Kramer, al die alternatiewes soos Kerkorrel, Kombuis ...Jo'burg se lughawe
2015-04-07 Sofia van Pletzen trek die tas van die bagasieband in die lughawe af. Die tas pas byna nie deur die skandeermasjien nie en die sekuriteitswag wat na die inhoud staar op die skerm lig sy wenkbroue. Hy laat haar begaan. Eindelik druk sy deur die swaar deure in die aankomssaal in.Sy sien die toeroperateurs en […]Hy wil Japan toe gaan
2015-04-07 Ek en Sean sit nou die dag en tee drink toe hy skielik vra of ek iewers heen wil gaan, hy voel rusteloos. Ek sê toe ja, ons kan iets doen, waarheen wil hy gaan? Dalk die Johannesburgse dieretuin? Japan, antwoord hy my. Hy wil Japan toe gaan. Ek het altyd gedink die weggaan was […]101 Nagte
2015-04-07 Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]Namibië-flitse
2015-04-07 Ek ry Namibië in met sonopkoms, die dassies het saam met my die eerste geel sonstrale gevoel. Die pad was net baie reguit en ver voor my uit. Vreemde kliprantjies, koppies, wintergeel grasse, geharde groen doringbome, kamakazi-voëltjies op die pad. Die tannie op Grunau maak vir ons twee koppies koffie, Ricoffy in polistireen en ek […]Voetpad na die uitspansel
2015-04-07 Ons is op die sewende dag van die voetslaanroete deur Namibië se Naukluftpark. Dis ’n plek van ruwe skoonheid—’n rots-enklave van die Namib woestyn. Danksy die kranse, klowe en rivierlope wat soms in die somer water het, bied die Naukluft skuiling aan ’n groter verskeidenheid plante, diere en voëls as wat ’n mens in dié […]Die geheime staproete
2015-04-07 ’n Nuwe staproete aan die voet van die Drakensberg bied onverskrokke stappers ’n skouspelagtige alternatief tot die alreeds bekende Magoebaskloof-staproete. Hierdie woudgebied langs die R71, skaars 18 kilometer buite Tzaneen is ’n ongerepte stukkie wolkberg met diep skeure, ruwe berge en puik swempoele. Na 25 jaar keer die Van den Bergh-familie terug na eerste wortels […]Huweliksherdenkingsnaweek
2015-04-07 Louis en Charl ry Vrydagnamiddag Velddrif toe om hout te laai. Mynhardt, 'n vriend, het alles gereël. Ek, Suzanne en Elizabeth vertrek Saterdagoggend. Die kinders bly tydelik in vriende se huis. Ons kry die manne in Velddrif en vandaar na Paternoster. Die hout bly in Mynhardt se bewaring tot Sondag. Dis die kinders se vyfde […]Die lang pad na Walvisbaai
2015-04-06 Hoe nader ek aan die see kom, hoe meer bokspring jong stofstormpies oor die pad, en die landskap verander weer na sandduine, wat amper wit teen die horison afsteek ...Jammer, Sjeherazade
2015-04-02"Met die retoerreis moes ek weer 'n volle dag in Doha wag - maar hierdie keer het ek volstrek geweier om die lughawegebou te verlaat. "
