Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse 2023 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-13

Altesaam 86 inskrywings is ontvang vir die vier boekpryse, wat ten doel het om erkenning te gee aan Afrikaanse skrywers en hulle aan te spoor om gehalteskryfwerk in hul moedertaal te lewer.

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars

Jannike Bergh, Anton Kannemeyer Kuns 2023-08-11

"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Kokkedoor: vuur en vlam – ’n onderhoud met Kobus Botha

Naomi Meyer, Kobus Botha kykNET Portaal 2023-08-10

"Die nie-lekker-nie was die medisinale koeksoda na party proesessies. En selfs as ons ’n professionele afstand probeer hou van die deelnemers, is daar hier en daar een wat jy weet jy gaan mis wanneer hulle huis toe gaan. Die keersy van hierdie proses is die plesier wat mens kry van die ekstase op die wenners se gesigte."

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met kunskurator Dineke van der Walt

Naomi Meyer, Dineke van der Walt Aardklop 2023-08-10

"Visuele kunste praat met kykers in ’n unieke, nieverbale taal. Die gesprekke, gedagtes, herinneringe en idees wat visuele kuns ontlok, strek dus oor kultuur- en taalgrense heen."

Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak

LitNet ATKV-Portaal 2023-08-08

RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.

Oppenheimer: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-08-08

"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."

Persverklaring: Fotografiekursus | Press release: Photography course

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2023-08-07

Taalmonument en Haarhoff bied gewilde werkswinkels vir beginners en bekwames. | Taalmonument and Haarhoff offer popular workshops for beginners and the experienced.

Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna

Maryke Roberts Menings 2023-08-03

"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."

Stemme in 2023 | Tien dialoë

LitNet Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-03

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

Die herdenking

Deon Opperman Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-03

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Deon Opperman se dialoog Die herdenking vertolk Armand Aucamp en Hannah Borthwick die rolle. Wessel Pretorius was in die regisseurstoel.

Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete

Naomi Meyer, Henry Cloete Musiek 2023-08-02

"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos

Naomi Meyer, Stef Bos Feeste 2023-08-01

"Ek sien daarna uit om met Frazer iets te sing en te skryf. Ek hou van hom en dink ook dat hy ’n brug kan bou na die noorde."

Die wenners van kaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad is ...

LitNet Musiek 2023-08-01

Die volgende persone ontvang elkeen twee staanplekkaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad ...

Barbie – ewe veel verheerliking, verwyt en vermaak

Réney Warrington Film 2023-08-01

"Barbie gun die pop die krediet wat sy toekom, maar spreek ook die skade aan wat sy verrig het. Gerwig vra ook hoe ons verder beweeg: Hoe lyk die nuwe vergestalting van die speelding? Wat word sy in 2023, of 2033, toegelaat?"

Persverklaring: Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique

LitNet Musiek 2023-07-31

Een musikale hoogtepunt wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof, is ’n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende (Vrydag 4 Augustus 19:00). Dié multi-bekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met Suid-Afrikaanse musieklegende Coenie de Villiers en twee soprane van Kaapstad Opera, Brittany Smith en Alida Scheepers

Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September

LitNet Feeste 2023-07-31

Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte progam van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.

Press release: Makhaola Ndebele’s One-Man Theatre Show Hits TheatreArts in Limited Season!

LitNet Lifestyle and entertainment 2023-07-31

Inspired by the South African experience of being born in exile and yearning for a place to call home, Cantos of a Life in Exile weaves together a tapestry of diverse theatre and performance styles.

Persverklaring: Kunstekaap Women’s Humanity Festival

LitNet Teater 2023-07-31

Die Artscape Women’s Humanity Festival is in werklikheid ’n fees vir almal. Met die styging in gender-gebaseerde geweld, moet alles in die stryd gewerp word om kulturele opvattings, onregverdige godsdienspraktyke, aanstootlike taalgebruik en gedrag te verander wat aanhou om vroue te ontmens en objektifiseer. Dus omarm die Fees die LGBTQ+-gemeenskap met ‘AbFab’ (Absolutely Fabulous)-stories wat byvoorbeeld gaan daaroor dat jy jouself as ’n mens aanvaar.

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2023-07-26

"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."

Die Barbie-fliek en agentskap: die pienk kalklig val op Ken

Naomi Meyer Film 2023-07-26

"Tussendeur, terwyl ek Ken se reis beskou, wonder ek: Wie mag uiteindelik vir wie uitdink? Wie kan dit regkry?"

Top