Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Kom lees jou gedigte by Tuin van Digters in Wellington

LitNet Feeste 2023-09-11

Enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop kan dit Saterdag 16 September om 12:00 by die jaarlikse Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington kom voordra of voorlees.

Tuin van Digters 2023 se program

LitNet Feeste 2023-09-11

Laai die volledige program van die Tuin van Digters 2023 in PDF-formaat hier af.

Toyota US Woordfeesprogram 2023

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-11

Laai die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2023 in PDF-formaat hier af. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.

Toyota US Woordfees 2023: Stars – Iinkwenkwezi – Sterre-kinderteater, ’n onderhoud met Amelda Brand

Naomi Meyer, Amelda Brand Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-11

"Hoe meer ek oor die sterre in die suidelike halfrond gelees het, hoe sterker het die bewustheid geword dat dit deur die persepsies van die noordelike halfrond oorheers word. Ons wou dus juis speel met stories en mites uit die suidelike halfrond."

Same time, next year: 'n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2023-09-07

"Een ding op die ander bring ’n dieper dimensie na die aanvanklike onskuldige pret in ’n hotelkamer, en die besef dat hierdie twee mense mekaar eintlik innig liefhet en baie goed ken, bring ’n klankie van huweliksverraad teweeg."

Filmvertonings en sterre op die bloutapyt: ’n oorsig van die Silwerskermfees

Maryke Roberts Film 2023-09-07

"Die speelfilms het vanjaar uiteenlopende temas gehad. Daar is Old Righteous Blues, wat op Robertson verfilm is en die trauma van ’n verskeurde gemeenskap oor lojaliteit en die posisie van ’n trommemajoor uitbeeld. Dan ook die riller Blindelings, waar ’n blinde pianis tydens ’n angswekkende nag om haar lewe veg. Die trane het geloop van die lag in die verwerking van Rudie van Rensburg se Hans steek die Rubicon oor. Pierre van Pletzen het die rol van Hans vertolk en sy ouetehuisrevolusie was tegelyk skreeusnaaks en hartseer."

Uitnodiging: ’n Middag met Ingrid Jonker se gedigte

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-06

Jy word hartlik uitgenooi na ’n geleentheid om die 90ste herdenking van Ingrid Jonker se geboortejaar te vier.

Persverklaring: Agtste Teksmark inspireer en daag uit

LitNet KKNK 2023-09-06

Teksmark, wat sedert 2016 aangebied word, is nie ’n kompetisie nie, maar skep ’n platform vir opkomende en gevestigde skrywers om hul teks-idees voor verteenwoordigers uit die teaterbedryf, asook potensiële beleggers en die publiek te toets.

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft Drinks Festival!

LitNet Leefstyl 2023-09-06

LitNet en die Stellenbosch Craft Drinks Festival gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die fees by te woon.

Persverklaring: Francois van Coke & vriende 2023 in Kaapstad!

LitNet Leefstyl 2023-09-05

AMP Events en Francois van Coke bring die sterbelaaide Francois van Coke & Vriende 2023 na sy tuisdorp op 16 September by Grand Arena, GrandWest.

Persverklaring: WOMAD Kaapstad

LitNet Leefstyl 2023-09-05

Gratis konserte by die V&A Waterfront en die !Khwa ttu Heritage Day Festival vind in samewerking met WOMAD in Yzerfontein plaas.

Katvis deur Annelie Botes: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2023-09-05

Vanjaar op die Woordfeesprogram! "Lesers het oor die jare lojale volgelinge en herlesers van Botes se romans geword, want sy skroom nie om jou reg tussen die oë met die harde werklikheid te slaan nie."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Maja Meyer, Bibi Slippers Skole 2023-09-01

Bibi Slippers is by vanjaar se Woordfees! Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor Bibi se agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."

Butlers and bachelorettes at Toneelhuis in Cape Town: an interview with Justin Wilkinson

Naomi Meyer, Justin Wilkinson Lifestyle and entertainment 2023-09-01

"In South Africa, it’s inspiring to see young people, especially, taking a passionate interest in this industry. Whether one starts in school plays or reciting poems at an eisteddfod, the arts are alive with energy and possibility! And I guess that’s also why I love theatre myself! Anything can happen!"

Persverklaring: Bekende skrywer Jaco Jacobs se Charlie Prins beloof om te bekoor en te verras 

LitNet kykNET Portaal 2023-08-31

’n Storiefilm uit die pen van die gewilde en bekroonde jeugboekskrywer Jaco Jacobs maak op Saterdag 2 September 20:00 sy debuut op kykNET (DStv-kanaal 144) en beloof om oud en jonk bekoor.

Persverklaring: Donkies huppel oor Kaapstad se filharmoniese orkes by Robertson optree

LitNet Musiek 2023-08-31

Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ’n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15h00. Om dié dag nog dieper betekenis te gee, word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor aangebied.

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Seminare en essays 2023-08-31

Annemarié van Niekerk is by die Woordfees! "Naas die eerlikheid van die feitelike gedeeltes van die roman word ’n mens oorrompel deur die strukturele en stilistiese vernuf van die teks sowel as die oortuigende taalgebruik en beeldende vermoë van die skrywer."

An interview with the South African creators of a Star wars: Visions short film, Aau’s song

Réney Warrington, Nadia Darries, Daniel Clarke Interviews 2023-08-31

"The more fantasy, visual effects and large world set-ups in a story, the more it lends itself to animation. Animation makes anything possible."

Persverklaring: Sy hart met ’n wye boog terug na Suid-Afrika

LitNet Musiek 2023-08-30

Die Vlaminge se gunsteling-Suid-Afrikaner, Stefan Dixon, reik vir die eerste keer in tien jaar ’n nuwe Afrikaanse enkelsnit "Vanaand gaan ons terug" uit.

In foto's | Gala-aand by die kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts, Clifford Roberts TV 2023-08-29

Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ’n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. Blaai deur die foto’s!

Top