Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Bernadino Heights wen Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees

LitNet Teater 2023-08-29

Bernadino Heights Hoërskool van Scottsdene se Brandmerk is as beste produksie aangewys. Brandmerk, deur die dramaturg Stephren Saayman, het ook die prys vir die beste dramateks ontvang. Die stuk handel oor ’n seun wat ná ’n dramatiese insident ’n fobie vir roomys opdoen.

Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners

LitNet TV 2023-08-28

Dié gala-aand het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. 

Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2023-08-28

"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."

Persverklaring: Twintig skrywers se tekste by agtste Teksmark te sien

LitNet KKNK 2023-08-26

Twintig skrywers het vanjaar die geleentheid om hul teks-idees tydens die agtste Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad aan voornemende beleggers voor te lê.

Persverklaring: Drie van die bestes | Momentum Beleggings Aardklop 2023

LitNet Aardklop 2023-08-26

Drie van die bestes: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-25

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Linda Roothman Resensies 2023-08-24

Eben Venter is by die Woordfees! "Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."

kykNET Silwerskermfees 2023: ’n onderhoud oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Naomi Meyer, Annie Klopper kykNET Portaal 2023-08-24

"Destyds toe ek die idee vir die storie gekry het – en dis nou al ’n paar jaar gelede – het ek dit voor my geestesoog as ’n fliek gesien afspeel. Maar in daardie stadium het ek nog geen benul van draaiboekskryf gehad nie en besluit toe om dit as roman te skryf, want dit was eenvoudig makliker."

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke

Naomi Meyer, Izak de Vries, Albert de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-08-24

"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."

Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend

LitNet NeerlandiNet 2023-08-23

Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag

Persverklaring: Program van die twaalfde Tuin van Digters op 15 en 16 September 2023 in Wellington

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-19

Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die Tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!), vind op Vrydag 15 en Saterdag 16 September 2023 vir die 12de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.

Persverklaring: Laaste week om programvoorstelle vir KKNK 2024 in te dien

LitNet KKNK 2023-08-18

Kunstenaars en kreatiewe skeppers en denkers het nog een week om  programvoorstelle vir die 28ste KKNK in te dien. Slegs aanlyn voorstelle wat teen die sluitingsdatum van Vrydag 25 Augustus ingedien is, word oorweeg.

Momentum Beleggings Aardklop 2023: Silwerdoekdisse – an interview with Nathan Robinson

Naomi Meyer, Nathan Robinson Aardklop 2023-08-17

"[W]hen it comes to foodie movies, I have a few favourites. Julie and Julia is one of them; Julia Child is someone who played an important role in culinary history, and Meryl Streep portrays her character, so you know it’s phenomenal."

Die EasyEquities-skrywersfees by Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Elmari Rautenbach

Naomi Meyer, Elmari Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-08-17

"’n Mens kom altyd agter wanneer lesers oor ’n boek begin gons. Jy sien die boek of skrywer al hoe meer gereeld en skielik oral." Die EasyEquities-skrywersfeesprogram is nou volledig bygewerk. Klik op die skakel onderaan die onderhoud om die korrekte boekeprogram af te laai sodat daar nie verwarring tydens die feestyd ontstaan nie.

Persverklaring: Spesiale fokus op die landbou by die Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-08-17

Almal wat belangstel in Suid-Afrika se toekoms, en veral in die toekoms van ons landbougemeenskappe, moet solank hul kaartjies bespreek vir twee belangrike gesprekke op Saterdag 23 September by Buffelshoek, ’n plaas net buite Cradock.

Press release: Special focus on agriculture at the Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-08-17

Anyone who is interested in South Africa’s future, especially of our agricultural communities, should book their tickets for two important talks on Saturday, 23 September at Buffelshoek, a farm just outside Cradock.

Persverklaring: Boekherstel en -bindery | Press release: Book repair and binding

LitNet Leefstyl 2023-08-16

Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery. | Book a date for Taalmonument’s advanced book repair and binding course.

Marmite-koek vir die onthou

Karen Hart Kos en wyn 2023-08-16

"Die tafels het gekreun onder al die borde eetgoed wat Prince Albert se dorpstannies aangedra het. Maar al wat ek onthou, is die koddige klein broodvierkantjies, botter en Marmite in die middel, alkant aan die buitekant gesmeer met ’n botter-Marmite-mengsel en in fyn biltong gerol."

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: aankondiging | announcement

LitNet Slypskole 2023-08-16

LitNet is bly om die deelnemers en mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool aan te kondig. | LitNet is pleased to announce participants and mentors to the LitNet | STAND theatre review workshop.

The Beauty Queen of Leenane: Vir twee uur is ook jy vasgevang in Ierland

Maryke Roberts Teater 2023-08-15

"Die klipmure laat voel jou onmiddellik soos ’n besoeker in ’n klein Ierse kliphuisie en met die openingstoneel waar water teen die mure afkartel en patroontjies maak, sak die mistroostigheid en koue amper oor alles neer."

Top