Debuutvertoning van My broer, Gertjie: Die verhaal van Gert Vlok Nel
deur Niel van Deventer | 13 Oktober by US Woordfees 2023
Elias Nel leef ’n eenvoudige lewe in Beaufort-Wes, Suid-Afrika, waar hy ’n woonstel met sy suster en sy broer Gert deel. Sy vernaamste belangstellings is flieks en tennis. Die Kaap is ver en Europa is nog ’n wentelbaan. Of so was dit nog altyd. In April 2023 neem Gert vir Elias saam wanneer hy vir 10 vertonings na Nederland vertrek. Dit is Elias se eerste keer op ’n vliegtuig en in die buiteland. Gert geniet amper superster-status in Nederland sedert ’n 2006 Walter Stokman-dokumentêr oor Beaufort-Wes met van sy musiek en gedigte daar uitgesaai is en ná 17 jaar is sy vertonings regoor die land nog uitverkoop voor hy opdaag. Dit is in skrille kontras met die klein kultusaanhang wat hy in Suid-Afrika geniet. My broer, Gertjie is die verhaal van Gert Vlok Nel soos gesien deur die oë van sy broer en grootste ondersteuner, Elias.
Programinligting
Vrydag, 13 Oktober | 18:00
Neelsie Cinema
R60 | R70 by die deur