Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Hotel Artemis – a fresh breeze          

Réney Warrington Film 2018-08-02

"Let’s hope there is a sequel."

Verantwoordelike rolprentvervaardiging: ’n onderhoud

Dian Weys, Jaco Barnard-Naudé Onderhoude 2018-08-01

"Ek dink die verantwoordelikheid lê heel eerste by die filmmaker. Abbas Kiarostami het in sy toespraak getitel 'An unfinished cinema' by die Centenary of Cinema in Parys (in 1993) gesê dat die eerste 100 jaar van film aan die filmmakers behoort het, omdat hulle kon besluit hoe hulle iets wou uitbeeld en die medium so ontwikkel het, maar dat in die volgende 100 jaar, filmmakers die gehoor moet betrek."

Die hede van klassieke musiek: ’n onderhoud met Kristi Boonzaaier

Marli van Eeden, Kristi Boonzaaier Onderhoude 2018-08-01

"Klassieke musiek is ’n fantastiese medium van musiek wat ’n sterk impak op baie mense se lewens maak. As kunstenare is dit ons verantwoordelikheid om te verseker dat die musiek betekenisryk en relevant bly vir ons gehore." Op 4 Augustus gaan Kristi Boonzaaier se komposisie vir die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, naamlik Ode to Madiba, by die Winter Symphony Season 2018 Festival opgevoer word.

Persvrystelling: Gedigtefees in McGregor, 24 tot 26 Augustus 2018

LitNet Feeste 2018-07-30

"Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ’n keur van meer as 160 Suid-Afrikaanse digters."

Vrystaat Kunstefees: ’n kort oorsig

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-25

"Die Afrikaanse landskap is egter ongelukkig so verdeeld dat dit samewerking bemoeilik. Ek wil graag glo daar is meer mense wat wíl saamwerk om die taal te red en van hul eie agendas ontslae sal raak ten einde ’n taalharmonieuse omgewing te skep waarin verskeie mense kan leef. Benoude katte maak benoude spronge, maar nou is nie die tyd daarvoor nie. Dis tyd vir werk."

African Gothic: ’n teaterresensie

Dalene Vermeulen Feeste 2018-07-20

"African Gothic is die Engelse vertaling en verwerking van Reza de Wet se 1986-drama Diepe grond. Die Engelse titel van die produksie plaas die teks onmiddellik in die kader van die gotiek – die gehoor kan dus ’n riller met moord, doodslag, bloedskande en ander grilgebeure wat op Afrika-bodem afspeel, te wagte wees. In hierdie opsig stel African Gothic nie teleur nie."

Persvrystelling: Montagu Boekefees, 26 tot 29 Julie 2018

LitNet Feeste 2018-07-19

Montagu se Boekefees, geborg deur Wesgro, vind van 26 tot 29 Julie plaas. Enige boekliefhebber – of jy Engels of Afrikaans is – sal ’n skrywer of boek by die Montagu Boekefees vind wat jou boekhart warmer sal laat klop.

Aardklop 2018: Volledige program beskikbaar

LitNet Aardklop 2018-07-19

Aardklop 2018 se program is hierdie week bekendgestel. Die program is weereens sorgvuldig saamgestel en belowe opwindende verskeidenheid, waaronder 27 debuutwerke. 

Road Trip SA: ’n onderhoud oor ’n slimfoontoepassing vir elke reisiger

Naomi Meyer, Emile Coetzee Reis 2018-07-19

"Wie sou kon raai dat daar so baie Suid-Afrikaanse monumente, elkeen uniek, in ons land en in ons buurlande en selfs oorsee is?"

On Chesil Beach: ’n filmresensie

Suzette Myburgh Film 2018-07-18

"As daar een ding is wat hierdie fliek ’n mens kan leer, is dit dat die Seksuele Rewolusie op meer as een vlak vooruitgang gebring het!"

Ocean’s 8: a film review

Réney Warrington Lifestyle and entertainment 2018-07-18

"A great cast rarely guarantees a great film (and a lot has been made of this film’s cast). Yet, I was hopeful that the ginormous ensemble of highly talented women in Ocean’s 8 would prove to be a slick, exhilarating and entertaining combination. It was all in vain."

Vrystaat Kunstefees 2018: Afrikaans nie op kunstefeeste gered nie

Marnus Kok Menings 2018-07-16

"Is dit nie nou tyd om met die regering en universiteitsowerhede indringend te praat oor die toekoms van Afrikaanse onderwys nie? Dalk is daar reeds sulke gesprekke, maar word die stem van Jan Alleman, soos die skolier uit Waterkloof, Pretoria se Moot, Elsiesrivier, Kuruman of Bloemfontein, wat hoop om eendag in Afrikaans te studeer, gehoor?"

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Bestaansangs en vrees oor Afrikaans gaan ons nêrens bring nie. Ons moet fokus op die dele van die taal wat goed doen en wat kultuur en erfenis bevorder – soos letterkunde, teater, flieks, ens."

Vrystaat Kunstefees 2018: RAAK deur Kanya Viljoen, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Dit word ’n intieme ondersoek na die geweld van verwagting, nie net die verwagtinge wat ons vir onsself skep nie, maar wat die samelewing skep. Of dalk net die geweld van liefhê."

Vrystaat Kunstefees 2018: Rooilug deur Jefferson J Dirks-Korkee, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer, Jefferson J Dirks-Korkee Feeste 2018-07-13

"So ek probeer beklemtoon dat kinders reeds mense is en nie besig is om nog mense te word nie. In die stuk wat ek vertel, sien die kind die geweld in sy huis en ervaar ook self van daardie geweld."

Vrystaat Kunstefees 2018: Vrynge inspireer ontluikende kunste

Marli van Eeden, Michael Garbett Feeste 2018-07-13

"In die afwesigheid van doeltreffende afsetgebiede vir die kunste – veral in gemeenskappe wat migreer het tot meer geïsoleerde vorme van vermaak – het die feeste hulself geposisioneer as die vernaamste rolspelers vir die viering en voortsetting van Suid Afrikaanse kuns. Verder het die kunstefeeste ook ’n bepalende rol begin speel in die ontwikkeling van jong kunstenaars."

Inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag

Toyota Stellenbosch Woordfees Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-07-12

Skrywers kan nou inskryf vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel, wat by die 2019 Woordfees bekend gestel sal word. Du Toitskloof Wyne borg weer die prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2018 om 16:00.

Vrystaat Kunstefees 2018: Kawakawas, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer, Denver Breda Feeste 2018-07-12

"Die storie is belangrik omdat mense nie regtig daaroor wil praat nie. En hoe gaan ons die problem oplos as ons nie daaroor praat nie?"

Vrystaat Kunstefees 2018: GodgOdgoD – ’n teaterresensie

Mercy Kannemeyer Teater 2018-07-10

"Die produksie raak ’n ontmoetingsplek vir verskillende mense. Oud en jonk. Jy hoef nie van alles te hou nie. En jy hoef nie alles te verstaan nie. Nes die lewe. GodgOdgoD is vir seker ’n hoogtepunt op die Vrystaat Kunstefees se program."

Thys & Trix: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2018-07-10

"Thys & Trix kon baat by ’n hekwagter."

Top