US Woordfees 2019: Lydia Potgieter se keuse

  • 0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Lydia Potgieter se keuse van drie produksies:

TOUTJIES & FERREIRA

Komedie, dan drama

’n US Woordfees-produksie, ondersteun deur Aardklop met ontwikkeling ondersteun deur NATi

Skrywer: Saartjie Botha 
Regisseurs: Wolf Britz en Nicole Holm 
Stel- en beligtingsontwerp: Wolf Britz 
Musiek: Antoni Schonken 
Kostuums: Beaura Jacobs 
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp

Al ooit gewonder wat gebeur op die verhoog in die uur voor ’n vertoning by ’n kunstefees begin? Die antwoord is ongelóófik baie. Kom benut ’n seldsame kans om hierdie gekke, snaakse, spanningsvolle uur met akteurs en tegnici te beleef. Jy gaan lag en dan gaan jy minder lag in dié produksie wat as komedie wegspring en by knop in die keel eindig. As jou kinders emigreer is die vooruitsig van Skype op ’n Sondag met kleinkinders wat Engels praat, ’n skrale troos. Spesiaal vir diesulkes en ander wat sit met ’n gat in die hart; ook vir feesfoendies, en almal wat nog nooit agter die skerms in ’n teater was nie.

Geen o/14 (T)

Taal: Afrikaans

Frank Opperman, Joanie Combrink, Anthea Thompson, Esther von Waltsleben, Aphiwe Livi, Geon Nel, Wolf Britz, Malan Steyn, Melanie Scholtz, Antoinette Kellermann
 
R120 - R150 | R170 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 

SOEBATSFONTEIN

Drama
Skrywer: Annemarie van der Walt 
Regisseur, stel- en beligtingsontwerp: Philip Rademeyer 
Kostuums: Philip Rademeyer en Lize van Rooyen 
Verhoogbestuurder: Lize van Rooyen 
Vervaardiger: Giep van Zyl in opdrag van Innibos

Twee vriendinne deur dik en dun onderneem ’n lang reis op die land se agterpaaie. Ken hulle mekaar werklik so goed? Wat is daardie band wat vriendinne met mekaar smee wat alle aanslae kan oorleef? En hoe broos is die band? Wanneer die deurslot van ’n afgeremde hotelkamer op Soebatsfontein breek en die vriendinne binne vasgekeer word, kom alles wat vir jare ongesê gebly het na die oppervlak. En hul oë gaan oop.

Geen o/14 (T)

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Franci Swanepoel
 
R120 - R145 | R165 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

MY SEUNS

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Regisseur en skrywer: Christo Davids 
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen 
Musiek: Leslie Javan 
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer 
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.

Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.  

Geen o/14 (T)             

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Louw Venter, Edwin van der Walt, Sandi Schultz, Buhle Ngaba, Donovan Pietersen
 
R100 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top