Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Gielie Hoffmann se keuse van drie produksies:
MI(SA)
Musiekteater
’n Ko-produksie tussen NATi, US Woordfees en Suidoosterfees
Skrywer: Antjie Krog (Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum)
Regisseur: Marthinus Basson
Dirigent en musikale regisseur: Pieter Bezuidenhout
Stelontwerp: Marthinus Basson & Michael Mitchell
Musiek: Misa Criolla gekomponeer deur Ariel Ramírez, Missa Luba gekomponeer deur Guido Haazen, Nuwe verbond gekomponeer deur Antoni Schonken
Choreografie: Sifiso Kweyama en Ina Wichterich
Kostuums: Michael Mitchell
Verhoogbestuurder: Danielle Louw
Projekbestuurder: Corneil Muller
Vervaardiger en beligtingsontwerp: Chris Pienaar
MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiek deur Antoni Schonken: Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum. Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep ’n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde. Krog noem dit ’n “wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer.” Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie – die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.
Geen o/13 (N)
Taal: Verskeie
Koop nou op Computicket hier
CHARL DU PLESSIS TRIO: SPEEL BEETHOVEN
Musiek: Ludwig van Beethoven verwerk deur Charl du Plessis
Die hoogaangeskrewe Charl du Plessis Trio is pas vereer met ’n tweede SAMA-toekenning as beste klassieke instrumentale opname-kunstenaars in Suid-Afrika. Die trio besoek weer eens die Woordfees, dié keer met hul jongste bydrae: Speel Beethoven. Hierdie nuweling-produksie is ’n samevatting van die bekendste Beethoven-melodieë in ’n nuwe swing-gewaad. Werke soos die Maanlig-sonate, die vyfde simfonie, Für Elise, die grootse Keiser-concerto en ander gunstelinge, word hier getransformeer in nuwe bewerkings in die unieke styl van die Trio. Speel Beethoven is ’n kombinasie van die verfynde vertolking van die Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, die ervare en elegante bas-spel van Werner Spies, en die kraakvars trommelings van Peter Auret. Die Charl du Plessis Trio het reeds sewe CD- en twee DVD-opnames bekend gestel, met hul gewilde Baroqueswing-reeks onder die Switserse Claves-etiket, en het ook optredes in Europa en China op hul kerfstok.
Koop nou op Computicket hier
SAMSON
Musiekteater
In samewerking met: Die Nasionale Lotery-kommissie, Grahamstadse Nasionale Kunstefees en die US Woordfees
Skrywer en regisseur: Brett Bailey
Musiek: Shane Cooper
Choreografie: Vincent Mantsoe
Beligtingsontwerp: Wolf Britz Stelontwerp: Brett Bailey en Tanya P. Johnson
Vervaardiger en produksiebestuur: Barbara Mathers en Third World Bunfight
Video-animasie: Kirsti Cummings
Hierdie dans-musiekteater is gegrond op Ou Testamentiese waardes van oorheersing, verraad en rebellie, maar dit speel af in die konteks van hedendaagse politieke ekstremisme, ongelykheid, ontheemding en geweld. Aan die woord is opera, kore, animasievideo’s en elektroniese musiek. Dis heerlik anargisties.
Geen o/16
Taal: Engels
Koop nou op Computicket hier