Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2018-09-11

"Afrikaanse, Afrika-, Nederlandse en Vlaamse kunstenaars het groot komponente van hul tale as ’n gemene faktor. Interpretasie en aanbieding is ’n gebied waarop ons baie by mekaar kan leer. Dit is nie lekker om in isolasie te kuns nie. Mens sou graag wou glo dat ’n mens uniek is, maar die realiteit is dat al ons idees en dinge wat ons bereik, geïnspireer is deur iemand of iets anders. Ons staan op berge van informasie en ons is ewige sponse."

Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar

Maryke Roberts Resensies 2018-09-10

"Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons."

Klassieke musiek seëvier tydens finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto

LitNet ATKV-Portaal 2018-09-10

ATKV-Muziq ('n nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie) en -Muziqanto ('n klassiekemusieksangkompetisie) se finale is hierdie jaar saam gehou.

Skryfkompetisie: Tyd

LitNet Skryfkompetisies 2018-09-06

Skryf ’n gedig met tyd as tema en kom in aanmerking vir een van drie kontantpryse ter waarde van R500 elk. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Hope rising from the ashes of despair: Mogadishu Book Fair

Ahmed Ismail Yusuf Books and writers 2018-09-06

 "I saw hope rising from the ashes of despair. As I stood at the podium to talk about my book, The lion’s binding oath and other stories, I saw a sea of young faces – young men and women in their late teens and early to mid-twenties – staring at me attentively, taking it all in."

Die derde Kunste Onbeperk Teksmark: ’n oorsig

Mercy Kannemeyer Teater 2018-09-06

"Die derde Kunste Onbeperk Teksmark het op die derde en vierde September in die Baxter-teater in Kaapstad plaasgevind. Vyftien skrywers se tekste is voorgelê en die projek bied geleentheid vir skrywers, regisseurs en akteurs om saam te werk."

Persverklaring: Kunste Onbeperk se Teksmark uitgebrei om meer Engels en Xhosa in te sluit

LitNet Teater 2018-09-05

Met ’n bykomende borgskap van R200 000 word Kunste Onbeperk se Teksmark vir 2019 uitgebrei om benewens Afrikaans en Engels ook Xhosa-tekste in te sluit.

Festival voor het Afrikaans 2018: programma

LitNet Feeste 2018-08-31

Tijdens het Festival voor het Afrikaans, 22–23 september 2018, staat de kunst en cultuur in de Afrikaanse taal centraal.

Kanarie ’n uitdagende grensverskuiwing: ’n filmresensie

Jan-Jan Joubert Film 2018-08-31

"Ons leef in ’n tyd waar baie verskillend-definieerbare kwesbare minderhede in ons land beleef dat hardvogtiges met die mag van die meerderheid nie hul verhale wil hoor, sien of verstaan nie. Kanarie vertel so ’n verhaal. Rolprentgewys is dit van puik standaard."

kykNET Silwerskermfees 2018: Hoogtepunte en indrukke

Mercy Kannemeyer Film 2018-08-31

"Kykers het baie om na uit te sien. Die kykNET Silwerskermfees bied geleentheid vir fliekmakers om te waag en hulself uit te daag, en sodoende bied dit ook aan gehore die geleentheid om te leer en hulle in plaaslike talent te verlekker."

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: volledige program

LitNet Feeste 2018-08-30

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, die breinkind van en georganiseer deur Darryl David, word van 22 tot 24 September in Cradock en Somerset-Oos aangebied. Vanjaar sal 'n gratis slypskool vir ontwikkelende skrywers by die soirée aangebied word en dit begin reeds met openingslesings deur Etienne van Heerden op 20 September.

André Schwartz oor die tweede kanse in die lewe

Yolanda du Toit, André Schwartz Musiek 2018-08-29

"Ek sing, want dis vir my lekker en dít is hoekom ek aanhou en hoekom daar altyd ’n nuwe liedjie is. Soms in ’n konsert is daar ’n oomblik of ’n noot in ’n lied waar ek totaal onwrikbaar voel en niks anders kan daarmee vergelyk word nie."

Shakespeare in love by die Fugard-teater: ’n teaterresensie

Emma Kotze Teater 2018-08-29

"Dit roep die wêreld waarin Shakespeare geleef en geskryf het te voorskyn en neem die kyker op reis saam met dié jong skrywer wat, soos menige ander skrywer, sy stem en voete in Londen probeer vind."

kykNET Silwerskermfees 2018: 20 kortfilms in kompetisie

Suzette Myburgh Film 2018-08-29

"Maar hoewel die sentrale tema dieselfde is, word die films op uiteenlopende wyse aangepak, wat sorg vir ’n wye verskeidenheid – ’n besliste pluspunt van vanjaar se aanbod."

Film review: Crazy rich Asians – probably good

Réney Warrington Film 2018-08-28

"Of course, it is an important film, because, as was the case with Wonder Woman and Black Panther, this film represents a section of society, (crazy rich) Asians, on screen in a blockbuster format."

kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig

LitNet Film 2018-08-27

"Die wenners van die agste kykNET Silwerskermfees is tydens ’n toekenningsgeleentheid in Kampsbaai aangewys. Die fees poog om elke jaar gevestigde rolspelers en jong opkomende filmmakers byeen te bring en ’n geleentheid te skep waar kennis gedeel en nuwe geleenthede geskep kan word."

’n Fliekpleb se eendagervaring by die 2018 kykNET Silwerskermfees

Giselle Botha Film 2018-08-27

"Diegene wat sê dat die Suid-Afrikaanse en veral die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf net ’n druppel in die emmer van die wêreldwye vermaaklikheidsbedryf is, is net suur. Die ywer, liefde, sorg, deursettingsvermoë, waagmoed en skeppendheid waarmee gehalteprodukte met ’n klein begroting gemaak word, is nie iets wat as niks afgemaak kan word nie."

Persvrystelling: Gatskop-temalied vir Annie Klopper se debuutroman

LitNet Boeke en skrywers 2018-08-24

"Hoe dikwels het ’n roman sy eie temalied, en word ’n karakter uit ’n boek in die lewe geroep deur sy eie liedjie vry te stel?"

kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

Réney Warrington Film 2018-08-23

"Vir diegene wat die fees bywoon: berei julle voor vir besonderse films wat omtrent elke genre dek."

kykNET-Rapport Boekpryse 2018: Kortlyste vir resensiepryse bekend

LitNet Resensies 2018-08-23

"Die kortlyste is pas bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan die room van Afrikaanse resensies wat in 2017 verskyn het." Hier is die finaliste.

Top