Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Kanarie binnekort by plaaslike rolprentteaters: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout
2018-10-18"Ek dink mense is dikwels onder die indruk dat ’n 'ernstige' rol meer uitdagend is as ’n rol in ’n komediereeks byvoorbeeld. Of dit nou drama of komedie is, jy moet ’n karakter op ’n geloofwaardige manier aan ’n gehoor oordra, en dit is altyd ’n uitdaging."
Persvrystelling: Spelkampioene maak gereed vir die eindronde van die nasionale Sanlam WOW Spelfees
2018-10-15"Meer as 300 leerders van 129 skole dwarsoor Suid-Afrika het gekwalifiseer vir die eindronde van die Sanlam WOW Spelfees 2018, wat op 20 Oktober by die Universiteit Stellenbosch plaasvind."
Uitnodiging: Gratis koor- en orkeskonsert op 21 Oktober in Somerset-Wes
2018-10-11"Werke soos 'Let the river run', 'The prayer', 'Time to say goodbye', werke uit The prince of Egypt, asook klassieke werke van Faure, Dvorak en Jenkins, maak deel uit van die konsertprogram. Alle donasies wat ingesamel word, gaan vir die verdere bevordering van klassieke musiek in die Helderberg-area en Helderberg NG Kerk se musiekbedeining."
The curious incident of the dog in the night-time: ’n unieke kyk vanuit ’n unieke brein
2018-10-11"Die toneelstuk is nie ’n studie van ’n sindroom nie; dit gaan regtig oor ’n jong seun se ondersoek. Aanvanklik oor wie die hond met ’n tuinvurk doodgesteek het – en later oor leuens en selfontdekking en uiteindelik die kortstondige hoop vir die toekoms en versoening."
The curious incident of the dog in the night-time: ’n teaterresensie
2018-10-11"Die veelbekroonde toneelstuk is ’n verwerking van ’n trefferroman. Daarom is daar heelwat uitdagings om dit teatermatig te maak."
Aardklop 2018: Swerfgoed, onbesonge kultusteater
2018-10-11"Swerfgoed verdien die applous wat dit nooit gekry het nie. En tog kry ’n mens die idee dat dit die betrokkenes min skeel. Soos dit ware kultusteater betaam."
PEN Afrikaans by die Tuin van Digters
2018-10-11"ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig."
Aardklop 2018 – ’n oorsig
2018-10-09"Is teater, en daarmee saam die kunstefeeste in Suid-Afrika, ’n spieëlbeeld van dít wat in ons samelewing aangaan? Is die kwessies wat nuwe dramas aanspreek, dit wat ons dink, oor bekommerd is, oor praat? Ons diepste versugtinge? Indien wel, dan is daar, te oordeel aan die toneelstukke wat vanjaar by Aardklop op die planke was, twee dinge wat voorop in ons gedagtes is ..."
Jacques Brel: 5e Gents Colloquium over het Afrikaans
2018-10-09"In Vlaanderen pakken de grote schouwburgen nu uit met een grote muzikale hommage aan Jacques Brel, die op 9 oktober 1978, juist 40 jaar geleden, in Frankrijk overleed. Ook in Zuid-Afrika spreekt de zanger, componist en tekstschrijver nog altijd tot de verbeelding."
Persvrystelling: Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018
2018-10-08Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal bekroon te word. Hier is die wenners!
Aardklop-toekennings 2018: Wenners bekendgemaak
2018-10-05"Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!"
Aardklop-toekennings 2018: genomineerdes bekendgemaak
2018-10-05“Die kreatiwiteit en gehalte van die werk by vanjaar se fees het ons genoop om ekstra toekennings te gee.” Hier is die genomineerdes!
Aardklop 2018: Olu Oguibe deel van visuelekunsprogram
2018-10-05"Konseptuele kunstenaar Olu Oguibe se blombedding van 23 meter met 4 000 lewende pienk en wit petunias herdenk elke jaar van Nokuphila Kumalo se kortstondige lewe, en roer ook die kwessie van geslagsverwante geweld aan."
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (4/4)
2018-10-04Vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée, wat onlangs in Cradock en Somerset-Oos aangebied is, het ’n Kelderkelkie vir die organiseerders en besoekende skrywers in die kelder van die Victoria Manor Hotel aangebied. Foto’s is deur Izak de Vries, Johan Kotzé en Etienne van Heerden verskaf.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (3/4)
2018-10-04Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée is pas verby, en lesings en voordragte is onder meer in die Victoria Manor Hotel op Cradock en by Buffelshoek Dirosie Lodge buite Cradock aangebied. Foto’s is bygedra deur Johan Kotzé, Amy Coetzer, Izak de Vries, Etienne van Heerden en Menán van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (2/4)
2018-10-04Tydens die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n veldskool vir ontwikkelende skrywers in die Victoria Manor Hotel op Cradock aangebied. Veldsoiréegangers het ook vanjaar ’n middag in Somerset-Oos deurgebring, in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting. Foto’s is verskaf deur Amy Coetzer, Johan Kotzé, Izak de Vries en Etienne van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (1/4)
2018-10-04Tydens die onlangse Etienne van Heerden Veldsoirée, deur Darryl David georganiseer, het soiréegangers die Cradock Vier-gedenktuin by Cradock, die Olive Schreiner-graf op Buffelshoek in die distrik, en die Walter Battiss-museum in Somerset-Oos besoek. Dit was die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, en Izak de Vries, Amy Coetzer, Johan Kotzé en Etienne van Heerden het foto’s geneem.
’n Onderhoud met Eloïse Cupido
2018-10-04"Dink Vetkoekpaleis, Ontbytsake en Proesstraat. Eloïse Cupido is ’n veelsydige kunstenaar wat enigiets kan doen waarop sy haar toespits; van stemkunstenaar tot toneelspel en meer onlangs ook sangeres. Alles wat dié Overbergse nooi haar hand aan waag, is gelaai met energie en deursettingsvermoë."
Persvrystelling: Leierboere besin by Aardklop oor grondhervorming
2018-10-03"Kabous Meiring lei vanaand, 3 Oktober, ’n gesprek oor plattelandse herlewing. Ivor Price se paneelgesprek Donderdagaand gaan oor die plase van die toekoms, en Vrydagaand oor die rol van landbou-organisasies ná die 2019-verkiesing."
Festival voor het Afrikaans 2018: Fonteine in die Dorsland en meertaligheid
2018-10-03"Die saal waar die gesprek plaasgevind het, was stampvol. Mense het van heinde en verre gekom om die Afrikaanse fees by te woon en die gesprek oor Afrikaans in Suid-Afrika was vir die Nederlanders baie belangrik. Hoewel die tyd beperk was, het die gesprek ontwikkel in ’n debat met die gehoor wat vir ure kon voortduur."
