View this post on Instagram Samuel Beckett word alom beskou as die meester van die absurde en sy eenakter, "Endgame", illustreer die sentiment van die nutteloosheid van bestaan uitstekend. Tragedie en komedie smelt saam om die eentonige roetine van lewe, die sikliese kom en gaan, die begin en einde en wéér begin uit te lig. Sentraal (en obsessief reg in die middel) van die verhaal sit Hamm, meesterlik vertolk deur Andrew Buckland. Blind en ewig-sittend, bestuur hy als wat gebeur, sonder om werklike beheer oor enigiets te hê. Sy beenlose ouers, Nagg (Soli Philander) en Nell (Antoinette Kellerman), bly in twee staal asdromme en as hulle te veel praat, word hulle beveel om stil te bly. Clov, (die Klaas teenoor Hamm se Baas), word voortdurend van bakboord na stuurboord rondgejaag met nuttelose takies en hy dreig deurgans om vir Hamm te verlaat. Hamm, daarenteen, beveel ook die heeltyd vir Clov om hom uit te los, maar beide karakters weet dit kan nooit gebeur nie. Die gegewe en die lewe laat dit eenvoudig nie toe nie. Die magspel tussen die twee karakters hou hulle vasgebind aanmekaar, ewig-afhanklik en bang vir wat buite die hol mure van hulle bestaan op hulle mag wag. Rob van Vuuren (vir baie mense seker altyd sinoniem met die lawwe Corné, Twakkie se sidekick) se fisieke spel is uit 'n ander wêreld. Sylvaine Strike het haarself lankal onderskei as een van ons land se voorste regisseurs en hoe op aarde, wonder ek, kry Philander en Kellerman dit reg om hulle lywe so klein te maak vir so lank? "Endgame" is nie maklike of gemaklike teater nie. Dis woordryk, tematies sterk en vol simboliek. Jy gaan moontlik lank wonder oor presies wat jy gekyk het. @woordfees #endgame #woordfees2019 #beckett A post shared by LitNet (@mylitnet) on Mar 3, 2019 at 10:45pm PST
Samuel Beckett word alom beskou as die meester van die absurde en sy eenakter, "Endgame", illustreer die sentiment van die nutteloosheid van bestaan uitstekend. Tragedie en komedie smelt saam om die eentonige roetine van lewe, die sikliese kom en gaan, die begin en einde en wéér begin uit te lig. Sentraal (en obsessief reg in die middel) van die verhaal sit Hamm, meesterlik vertolk deur Andrew Buckland. Blind en ewig-sittend, bestuur hy als wat gebeur, sonder om werklike beheer oor enigiets te hê. Sy beenlose ouers, Nagg (Soli Philander) en Nell (Antoinette Kellerman), bly in twee staal asdromme en as hulle te veel praat, word hulle beveel om stil te bly. Clov, (die Klaas teenoor Hamm se Baas), word voortdurend van bakboord na stuurboord rondgejaag met nuttelose takies en hy dreig deurgans om vir Hamm te verlaat. Hamm, daarenteen, beveel ook die heeltyd vir Clov om hom uit te los, maar beide karakters weet dit kan nooit gebeur nie. Die gegewe en die lewe laat dit eenvoudig nie toe nie. Die magspel tussen die twee karakters hou hulle vasgebind aanmekaar, ewig-afhanklik en bang vir wat buite die hol mure van hulle bestaan op hulle mag wag. Rob van Vuuren (vir baie mense seker altyd sinoniem met die lawwe Corné, Twakkie se sidekick) se fisieke spel is uit 'n ander wêreld. Sylvaine Strike het haarself lankal onderskei as een van ons land se voorste regisseurs en hoe op aarde, wonder ek, kry Philander en Kellerman dit reg om hulle lywe so klein te maak vir so lank? "Endgame" is nie maklike of gemaklike teater nie. Dis woordryk, tematies sterk en vol simboliek. Jy gaan moontlik lank wonder oor presies wat jy gekyk het. @woordfees #endgame #woordfees2019 #beckett
A post shared by LitNet (@mylitnet) on Mar 3, 2019 at 10:45pm PST
Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.
Reageer
Jou naam*
Jou e-posadres*
Save my name, email, and website in this browser for the next time I comment.
Stel my in kennis indien nuwe kommentaar bygevoeg word.
Friend's Email Address
Your Name
Your Email Address
Comments
Send Email