View this post on Instagram Meeste van ons was al by 'n partytjie waar jy jouself per ongeluk in die geselskap van 'n paar fanatiese rugby-aanhangers bevind. Gewoonlik is hulle Bulls, drink hulle brannas en vind die gesprek langs 'n braaivleisvuur plaas. Een van die manne het 'n mondvol te sê oor die afrigting en taktiek, 'n ander het dit oor die keuse van spelers en nog een is bemoeid met die geskiedenis van die span. In die proses besef jy, sélf 'n Bulls-aanhanger, dat jou kennis van jou span maar skraps is en dat jy jouself nou aan die voete van ware grootsheid bevind. Dis dalk 'n oordrewe analogie, maar as jy by die musiekpraatjie, "The Boss word Sewentig" was (want jy is régtig 'n moerse groot fan), waar Danie Marais, Desmond Painter en Kerneels Breytenbach/Cornelis Bach (resurrected) hulle kennis oor Bruce Springsteen so heel nonchalant met die gehoor gedeel het, besef jy wat die woord "obsessief" nou eintlik beteken. Jy kon selfs die brandewyn ruik. (Maar dit was waarskynlik omdat Ingrid Howard van die Drostdy Teater vir almal van Valiant Swart se Potstill uitgedeel het...) Die drie manne ken van musiek, vernaam dié van Springsteen. Die gesprek het ook 'n eiesoortige soundtrack gehad. Andries Bezuidenhout, Basson Laubscher en die enigste roos tussen die dorings, Lise Swart, se "B-street Band" het oorspronklike weergawes van verskeie Springsteen-treffers en non-treffers gesing. Van dit só roerend, dié fan het glads 'n ou traantjie gepink. Indien jy karige kennis oor die ikoniese rock & roller/skrywer/digter gehad het, het jy beslis met splinternuwe insigte oor Springsteen by die praatjie uitgestap. As jy heimlik gehoop het op 'n kamee-verskyning deur Courteney Cox of ten minste 'n stywe jean pant met 'n Amerikaanse vlag wat iewers wapper, is jy bes moontlik vandag teleurgesteld. (Sorry, not sorry.) Maak egter nie saak van watter hoek jy dié heldeverering beskou nie, Bruce Springsteen is en bly The Boss. Met goeie rede. @woordfees #woordfees2019 @thedanielama @half_halfmens @andries_bezuidenhout @liseswartkat @bassonlaubscher @breytie A post shared by LitNet (@mylitnet) on Mar 6, 2019 at 10:17pm PST
Meeste van ons was al by 'n partytjie waar jy jouself per ongeluk in die geselskap van 'n paar fanatiese rugby-aanhangers bevind. Gewoonlik is hulle Bulls, drink hulle brannas en vind die gesprek langs 'n braaivleisvuur plaas. Een van die manne het 'n mondvol te sê oor die afrigting en taktiek, 'n ander het dit oor die keuse van spelers en nog een is bemoeid met die geskiedenis van die span. In die proses besef jy, sélf 'n Bulls-aanhanger, dat jou kennis van jou span maar skraps is en dat jy jouself nou aan die voete van ware grootsheid bevind. Dis dalk 'n oordrewe analogie, maar as jy by die musiekpraatjie, "The Boss word Sewentig" was (want jy is régtig 'n moerse groot fan), waar Danie Marais, Desmond Painter en Kerneels Breytenbach/Cornelis Bach (resurrected) hulle kennis oor Bruce Springsteen so heel nonchalant met die gehoor gedeel het, besef jy wat die woord "obsessief" nou eintlik beteken. Jy kon selfs die brandewyn ruik. (Maar dit was waarskynlik omdat Ingrid Howard van die Drostdy Teater vir almal van Valiant Swart se Potstill uitgedeel het...) Die drie manne ken van musiek, vernaam dié van Springsteen. Die gesprek het ook 'n eiesoortige soundtrack gehad. Andries Bezuidenhout, Basson Laubscher en die enigste roos tussen die dorings, Lise Swart, se "B-street Band" het oorspronklike weergawes van verskeie Springsteen-treffers en non-treffers gesing. Van dit só roerend, dié fan het glads 'n ou traantjie gepink. Indien jy karige kennis oor die ikoniese rock & roller/skrywer/digter gehad het, het jy beslis met splinternuwe insigte oor Springsteen by die praatjie uitgestap. As jy heimlik gehoop het op 'n kamee-verskyning deur Courteney Cox of ten minste 'n stywe jean pant met 'n Amerikaanse vlag wat iewers wapper, is jy bes moontlik vandag teleurgesteld. (Sorry, not sorry.) Maak egter nie saak van watter hoek jy dié heldeverering beskou nie, Bruce Springsteen is en bly The Boss. Met goeie rede. @woordfees #woordfees2019 @thedanielama @half_halfmens @andries_bezuidenhout @liseswartkat @bassonlaubscher @breytie
A post shared by LitNet (@mylitnet) on Mar 6, 2019 at 10:17pm PST
Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.
Reageer
Jou naam*
Jou e-posadres*
Save my name, email, and website in this browser for the next time I comment.
Stel my in kennis indien nuwe kommentaar bygevoeg word.