Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Huis+Hou+Ding-uitstalling: ’n onderhoud met Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen
2020-03-11In Huis+Hou+Ding kyk Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen na die moderne verbruikerskultuur wat ons beskouings binnesypel tot in ons privaatwonings, daar waar mense geneig is om die minste krities te wil wees.
Resensie: From Broadway to Bird Street
2020-03-11"Hierdie stuk was perfek vir enigeen wat teater geniet, en liefhebbers van musiekspele is in oormaat bederf."
"Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê"
2020-03-11Stephren Saayman is ’n jong opkomende akteur en teatermaker. Sy groot liefde lê by die skryf en maak van opregte en hartroerende teater. Twee van sy teaterproduksies, Dankie, maar nee dankie! en Ek Eva, is vanjaar by die KKNK, Suidoosterfees en Vrystaatkunstefees te sien.
Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid
2020-03-11"Indien jy ’n surplus dagga geoes het en ’n geldjie daaruit wil maak deur dit aan die bure te verkwansel, gaan jy in die moeilikheid kom."
Fotogalery: Kuns by die Toyota US Woordfees 2020
2020-03-11’n Groot verskeidenheid kunswerke word tydens die Toyota US Woordfees in die Stellenbosch Stadsaal uitgestal. Remona Voges het foto's geneem om kunsliefhebbers ’n voorsmakie te gee van wat daar by vanjaar se fees te sien is.
Valsrivier: Naomi Meyer se indrukke
2020-03-10"Jy mag dalk ’n kiem met jou saamdra, miskien met jou hande verder versprei net deur aan ’n oppervlak te raak. Soos ek ook gedagtes oor Valsrivier met my saamdra, die valshede en die besmettinge van daardie tyd ..."
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe twee
2020-03-10’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees die tweede uitgawe hier!
Fotogalery: Toyota US Woordfeesbundel-bekendstelling
2020-03-10Die Woordfeesbundel is op Vrydag 6 Maart bekendgestel. Remona Voges het foto's van dié geleentheid geneem.
Filmresensie: Military wives
2020-03-10"As jy ’n fliekganger is wie se voet onbewustelik op maat van die musiek saamtik in films soos Calendar girls en The full Monty, is hierdie film beslis vir jou."
Filmresensie: Little women
2020-03-10"Sy slaag uitstekend daarin om die sentrale problematiek van ’n vrou se lewe uit te beeld: enersyds die vryheid en selfvervulling wat ’n eie beroep en inkomste bied, en andersyds die vasgevangenheid van trou, huishouding en kinders."
Westworld: "New gods are coming, and they are very angry"
2020-03-10"Unless the season picks up speed and gains some clarity from episode five onwards, season three might be labelled as same old, same old, just in a new and sexy futuristic world."
Toyota US Woordfees 2020, Kamphoer: Naomi Meyer se indrukke
2020-03-10"Daar is net een vrou op die verhoog, maar sy’t die stamina van ’n leërskare."
Kortverhale met lang bene: Woordfeesbundel-gesprek by die Toyota US Woordfees 2020
2020-03-09Kyk op watter lang bene sekere van die kort stories in vorige jare se bundels deesdae rondstap. Lees ook wegneemwenke vir enigeen wat volgende jaar wil inskryf hier.
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe een
2020-03-09’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees dit hier!
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Valsrivier
2020-03-09"Hierdie produksie is, volgens hierdie kyker, ’n instant classic."
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Johnny Boskak voel ’n bietjie ...
2020-03-09"Hierdie is ’n moet-sien. Morris het nie verniet in 2019 die Kanna vir beste akteur gewen nie."
Toyota US Woordfees 2020: Eerste foto's
2020-03-09Die Toyota US Woordfees het op 6 Maart in Stellenbosch afgeskop. Liné Loff deel haar eerste paar foto's van die fees.
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Wat die water onthou / What the water remembers
2020-03-07"Odendaal en sy span kry dit reg om die oeroue wysheid, lewegewende krag en universele band tussen die mens en die natuur op ’n mooi en simplistiese manier te omtower ..."
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Die voordele van eierwit
2020-03-07"Retief Scholtz is ’n mens-mens. Dié verloopte boertjie, wat nou voltyds skryf, verstaan die human condition baie goed en met Die voordele van eierwit wys hy weer hoekom akteurs toustaan om in sy toneelstukke te speel."
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Kraai
2020-03-07"Kraai, geskryf deur Mike Bartlett en vertaal deur Wessel Pretorius, ondersoek presies hoe glibberig die glyskaal dan nou is. Dit vra ook daai ongemaklike vraag: Kan jy jou seksualiteit kies?"
