Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind
2022-06-13Mart word deur drie aktrises vertolk: Melissa Myburgh speel die jong Mart, Cintaine Schutte is Mart in 1992, en Susanne Beyers is Mart in die hede.
KKNK Dramaweb SA 2022-finaliste aangekondig!
2022-06-11Hierdie leerders se video-inskrywings is sorgvuldig uit honderde in dié gewilde aanlyn dramakompetisie gekies, en finaliste sal mekaar die verhoogstryd aansê in die nasionale finaal tydens ’n regstreekse uitsending op Saterdag 18 Junie 2022 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal en webwerf.
Van Der Aven se eerste Afrikaanse enkelsnit “Heimwee” op Mimi se verjaarsdag
2022-06-10"Heimwee" is die eerste enkelsnit van hierdie kort nuwe album. Roelof sê: "Ons weergawe van die liedjie word op Vrydag 10 Junie uitgereik. Ons het onlangs verneem dat Mimi Coertse op 12 Junie 90 Jaar oud word. Dis nogal amazing hoe hierdie dinge so uitwerk. Ons het groot respek vir haar en wat haar musiek vir die skatkis van Afrikaans beteken. Ons hoop sy het ’n wonderlike verjaardag!"
Happy birthday, Athol Fugard | Verjaardagwense aan Athol met sy 90ste
2022-06-09Elkarien Fourie het prominente rolspelers in die teater genader om verjaardagwense te stuur. Lees gelukwensinge deur John Kani, Breyten Breytenbach, Marius Weyers, Anna-Mart van der Merwe, David Kramer, Tshamano Sebe, Hermann Giliomee, Janet Suzman, Ben Kingsley, Sandra Prinsloo en Mannie Manin.
Athol Fugard is 90: A portrait of the artist as a man who jumped at opportunities
2022-06-09"The playwright sits on the stoep and watches the Cape robins and company flock into the back garden as objects around him in the cold dawn claim their shapes back from the night. The feathered visitors know when his wife has refilled the bird feeders, all cleverly designed to deny grey squirrels access. Having had their fill, the diners start the morning’s grooming and noisy chattering."
Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid
2022-06-07"In Tinus le Roux se boek het hulle nie net oorleef nie, maar opgestaan. Le Roux se boek opper opnuut daardie vraag oor die foto se waarheid. Deur gesofistikeerde, voortreflik nagevorste kleurtegnologie het Le Roux die ou letterlik en figuurlik verbleikte foto’s ’n polsslag gegee. In sekere opsigte is dit inderdaad nuwe foto’s, nuwe waarheid."
Hermanus FynArts-persverklaring: sewe feeskunstenaars vier tien jaar as huldeblyk aan Marilyn Martin
2022-06-07Marilyn Martin het oor die jare heen ’n sleutelrol in die Hermanus FynArts gespeel. Die tentoonstelling vier haar lewe en nalatenskap, sê die feesorganiseerders. Die fees vind vanaf 10 tot 19 Junie 2022 plaas.
Persverklaring: Frederik Rudolph van Dyk aan die woord by FilosofieKafee in Pretoria
2022-06-06Frederik Rudolph van Dyk is op Vrydag 10 Junie 2022 die gasspreker van FilosofieKafee in Pretoria. Die onderwerp op die tafel: "Die koplose ruiter van Skimmelperdpan: Is sintuiglikheid ’n wegholperd, en die ruiter red(d)eloos?"
Milk tart, murder and literary excellence at Schreiner Karoo Writers’ Festival
2022-06-03The Schreiner Karoo Writers’ Festival will be held in Cradock from 16 to 21 June 2022. Melt Myburgh spoke to organisers Lisa Antrobus-Ker and Melina Smit about the fun and food visitors can look forward to.
Kragkapingskos: Jafels
2022-06-02"Maar die lekkerste van die kragonderbrekings is dat dit genoeg verskoning is vir jafels maak. Met al die gepreek teen brood en al die ander sondige dinge is dit te lekker om te sê: 'Ja, maar Eskom ...' en met volle oorgawe jou tande in ’n lekker boepensjafel in te sink. Dink net aan al die lekker vulsels – jy kan tot ’n soet jafel met ’n melktertvulsel maak!"
Melankolie en geluk hand aan hand met Brel en Piaf: Brel/Piaf – a revue of their songs
2022-06-02"Toe die staande ovasie effe bedaar, is dit André wat laat hoor: 'Theatre is alive and well."
Persverklaring: Gewilde Wie hyg so? in Junie terug op Staatsteaterverhoog
2022-06-02Wat gebeur as ’n skugter jeugdiaken ’n treffer-hygroman by ’n vervelige kerkraadsvergadering begin skryf? Die gewilde komedie, Wie hyg so?, is van 8 tot 26 Junie 2022 terug op die Staatsteaterverhoog met Steffie le Roux, Natania van Heerden, Hanli Rolfes, Zelda Roelofs, Gerben Kamper en Ruan Wessels in die rolverdeling.
Persverklaring: Teksmark wag vir jóú verhoogteks
2022-05-31Teksidees word in alle genres oorweeg, maar komedie, satiriese tekste en tekste gemik op kinders en jong volwassenes word veral aangemoedig. Só ook word voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale oorweeg en veeltalige produksies word aangemoedig.
Indemnity: ’n filmresensie
2022-05-25"Taute het in die onmoontlike geslaag: om ’n onverwagse rowwe-diamant-kwaliteit aan plaaslike aksie te gee. .... Hier is ’n visueel-geletterde regisseur wat ritme, ruimte, voorkoms, spanning en impak verstaan."
Persverklaring: Nuweling-dramaturge kan nou aansoek doen vir NATi Jong Sterre-projek
2022-05-20Opkomende dramaturge wat graag hulle werk op ’n professionele verhoog wil sien, kan nou aansoek doen vir deelname aan die Jong Sterre-mentorskapprogram. Dié projek word deur die Suidoosterfees, NATi, die Jakes Gerwel Stigting, Kunstekaap en Kunste Onbeperk aangebied, en onderskraag belowende skrywers deur hul verhoogtekste te ontwikkel, af te rond en by die Suidoosterfees op te voer.
My jaar van Koreaanse TV, seumnida!
2022-05-19"Die ding wat my eerste gevang het, is ’n sekere onskuld en die anderste aanslag as die Amerikaanse patroon en selfs die Europese TV wat ons te siene kry. Die weerlose karakters, so anders as die tough guys & gals wat Amerikaanse flieks bevolk. Die talle transendentale oomblikke."
kykNET & kie se oorgeklankte Turkse telenovelas: ’n onderhoud met Waldimar Pelser
2022-05-18"Suksesvolle telenovelas spreek universele menslike temas soos verlies, romanse, familieverhoudings en ons plek in die samelewing en die wêreld op so ’n manier aan dat dit enersyds ontvlugting bied, ja, maar andersyds waarhede oor ons gedeelde menswees beskryf en selfs bevraagteken."
Press release: Official launch of The Pam Golding Theatre at The Baxter
2022-05-17On Wednesday, 11 May 2022, the official launch of The Pam Golding Theatre at The Baxter saw the main theatre named after Pam Golding Properties’ late founder and life president, Pam Golding, as part of the company’s five-year sponsorship of Cape Town’s iconic and much-loved theatre.
Persverklaring: Inskrywings nou oop vir Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees
2022-05-10Hoërskole wat wil deelneem aan Artscape en die Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees, moet teen 20 Mei 2022 aansoek doen. Lees hier waarheen aansoeke gestuur moet word, en wat alles ingesluit moet wees.
Suidoosterfees 2022: ’n oorsig
2022-05-10"Sommige mense ry van die platteland in vir ’n enkele uur se boekbespreking; ander taxi vir een dansvertoning; ander is gepêrel en gehaarsproei vir ’n vyfdagfees waar almal tuishoort, maar belangriker nog, tuis vóél."
