Toyota US Woordfees 2022 Instagram-opmerkings: Tiek ons boksies in kinderboeke?

  • 0

Magdel Vorster, Joha van Dyk, Cliffordene Norton, Zelda Bezuidenhout en André Trantraal (Foto: Nadine Petrick)

’n Kontroversie wat nét nie wil gaan lê nie, is die gesprek rondom hedendaagse kinder- en jeugboeke wat kwansuis te véél issues onder die loep neem. Is die karakters te inklusief? Word skrywers deur hulle uitgewers aangespreek om sekere boksies te tick? Is Hennie van Coller reg as hy sê die gewone kind en funksionele gesin kry nie meer genoeg lugtyd nie?

Gerekende resensent Magdel Vorster tree in gesprek met ’n paar uitlopende skrywers wat nie skroom om wél moeilike onderwerpe, inklusiewe karakters en tematies uitdagende tekste die wêreld in te stuur nie. Joha van Dyk (Branderjaer en Vuurvreter), Zelda Bezuidenhout (oa Anderkant die blou, As mens geluk kon proe en Die 3 van ons), André Trantraal (Keegan en Samier-reeks) en Cliffordene Norton (oa Om jou te ken) is dit eens dat die karakters in hulle boeke absoluut verteenwoordigend is van die land waarin ons bly. In Trantraal se woorde: "Dis ridiculous om die samestelling van die land as 'boksies tick' af te maak. Die invloed van die gatekeepers is hier die belangriker issue om aan te spreek." Zelda Bezuidenhout voel weer die enigste plig van die skrywer is om nié vervelig te wees nie. En dan, natuurlik, oes jy uit jou omgewing. Dalk, volgens Norton, is die gesprek al te laat, maar die boeke, die storie en die leser bly immer die belangrikste.

* Daar is heel dag wonderlike boekgesprekke by Die Khaya en Die Boektent. Gaan maak ’n draai.

#ToyotaUSWoordfees2022 #WildvirWoordfees#LitNetInstaIndrukke #nadinedoenwoordfees @nakadien#woordfees @woordfees @johavdyk @zeldabezuidenhout@magdelvorster @cliffordene @andretrantraal

Klik hier vir nog inligting oor die geleentheid op die US Woordfees se webtuiste.

Lees ook:

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

Trompie ’n chauvinis?

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top