Die Gedigtefees in McGregor vier 10 jaar!
Vanjaar se tema is "Touching the Wild / Die Wildernis in"
Van 18 tot 20 November in McGregor

Caritas by Temenos, een van die pragtige lokale by vanjaar se Gedigtefees in McGregor (foto verskaf)
Die Gedigtefees in McGregor het oor die afgelope dekade gevestig geraak as een van die mees gewilde literêre feeste in Suid-Afrika. Die stigter van die fees, Billy Kennedy, sê: "Vanjaar kyk ons terug na die wonderlike reis sover. Tien jaar is vir ons ’n baie spesiale mylpaal om te vier! Ons is dankbaar dat so baie digters en woordliefhebbers ons visie oor die jare met uitbundige passie en vrygewigheid ondersteun het. Die fees word weer vanjaar by Temenos as anker vir die naweek se verrigtinge aangebied. Ek hoop dat wat ons hier geskep het, diegene wat die naweek saam met ons kom geniet sal inspireer om saam met ons op die voetpaadjies van die woordkuns te bly loop, sodat ons deur poësie ons rolle as bewaarders van die innerlike en uiterlike wildernis, heelhartig bly uitleef."
Vanjaar se fees bestaan uit 65 aanbiedinge, wat ’n ook paar oopmikrofoonsessies insluit vir die wat spontaan hul gedigte wil kom deel. Antjie Krog, Wendy Woodward, Ian McCallum, Harry Owen, Ilze Olckers, Jacques Coetzee, Kobus Moolman, Ilze Olckers, Archie Swanson, Stephen Symons, Lara Kirsten, Sue Woodward en Diana Ferrus (saam met Die Mengelmoes Digters), is deel van die lang lys indrukwekkende digters wat vanjaar op die program is. Daar is ook ’n spesiale voorlesing deur John Maytham van ’n geskrewe teks van Finuala Dowling, geïnspireer deur vanjaar se feestema.
Nuwe stemme soos Nondwe Mpuma, Lisa Julie en Jadrick Pedro verteenwoordig die groeiende skatkis van woordkuns- talent in ons land.
Gedigte in Afrikaans en Engels van die jaarlikse gewilde alternatiewe zine Ons Klyntji sal voorgelees word deur Sindiswe Busuku, Tom Dreyer, Churchil Naudé, Curtley Jones, asook twee van Ons Klyntji se redakteurs, Toast Coetzer en Alice Inggs.
Daar is ook elf boekbekendstellings wat oor die naweek gevier gaan word. Douglas Reid Skinner, Willem Fransman Jnr, Christine Coates en "The Phoebe Book of Poems for Children" saamgestel deur Patricia Schonstein is onder meer op die program vir nuwe bekendstellings. Die Poetry in McGregor 2021 Anthology word ook bekendgestel. Dit is een van die jaarlikse hoogtepunte op die feesprogram.
The Jeugprogram sal kuns, fotografie en gedigtewerkswinkels vir ongeveer 90 leerders bied ’n week voor die feesverrigtinge begin. Dit sluit graad 1–12 leerlinge van McGregor Fountain Waldorf Skool, McGregor Primer, en McGregor College in.
Die Gedigtefees in McGregor wil digters jonk en oud aanmoedig om te skryf en te bly skryf. Die jaarlikse Gedigteskryf-kompetisie is een van die opwindende elemente van die fees. Gedigte rondom vanjaar se feestema “Touching the Wild / Die Wildernis in" kan nou ingeskryf word. Gedigte kan in Engels en Afrikaans in Jeug en Volwasse katoegorieë. Gaan na www.poetryinmcgregor.co.za om die kompetisiereëls na te gaan.
Die Gedigtefees in McGregor wil graag die volgende borge vir hulle bydraes bedank: Clemengold Gin, Temenos Retreat, Langeberg Municipality, Graham Beck Enterprises, LW Hiemstra Trust, Wahnfried, uHlanga, Karavan Press, New Contrast, Dryad Press, Amazwi South African Museum of Literature, Stanzas Poetry Magazine, Creative Republic, Tanagra Wine & Guest Farm, La Galleria, Leila Witkin, Diddi Lippstreu, Jan Glazewski, en Vivian Claire.
Die volle program is op die webtuiste: https://poetryinmcgregor.co.za/
Bespreek kaartjies deur Quicket.
Vir akkommodasie Navrae kontak: info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954.
Instagram: @poetry_mcgregor
Facebook: https://www.facebook.com/McGregorPoetry

